Menu terloops
In Wat om te kyk [10 Jul 2023]

TV-hoogtepunte dié week: ‘Lucky Hank’, ‘The Good Doctor’ en meer


Wat om te kyk: ’n Nuwe reeks met die fantastiese Bob Odenkirk, ‘Lucky Hank’; tienerdrama in die tweede seisoen van ‘The Summer I Turned Pretty’; nog noodgevalle in die sesde seisoen van ‘The Good Doctor’ tel onder ons top-keuses om hierdie week op TV en aanlyn te kyk.

TV-hoogtepunte dié week: ‘Lucky Hank’, ‘The Good Doctor’ en meer

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 10-16 Julie 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Lucky Hank S1

Vanaf Woensdag, 14 Julie 2023, om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up beskikbaar.

Die reeks is goud – eintlik mos vanselfsprekend synde die briljante Bob Odenkirk betrokke is. Odenkirk, bekend vir sy rol as Saul Goodman in beide Breaking Bad en dié se spin-off, Better Call Saul, vertolk hier die titelrol. As Prof. William Henry “Hank” Devereaux, Jr. (ja, ’n mondvol…) speel Odenkirk die hoof van die Engelse department by die (geweldige) onderbefondse Railton College in Pennsylvania. As ons vir Hank ontmoet is hy midde ’n midlife crisis wat dreig om sy lewe totaal en al te ontspoor. Terselfdertyd begin sy vrou, Lily (Mireille Enos), die adjunkhoof van ’n plaaslike hoërskool, haar lewenskeuses bevraagteken. 

Die reeks, ’n swart humor komedie-drama, is gegrond op Richard Russo se  1997-roman, Straight Man, met Hank wat as verteller die storie lei. Russo het al vertel dat die inspirasie vir Straight Man van sy eie ervarings van klasgee by kolleges. 

Die reeks het ’n punt van 93% op Rotten Tomatoes met Salon wat skryf: “Ja, Lucky Hank is suiwer Odenkirk, wat op sy beste is as hy gemiddelde ouens speel wat voel asof hulle van alle kante aangeval en tot hul uiterstes gedruk word.”

The Good Doctor S6

Vanaf Maandag, 10 Julie 2023, om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up beskikbaar. 

As jy van mediese dramas hou, is The Good Doctor ’n nommerpas toevoeging tot jou kyklys (nog voorstelle hier). Dit tiek al die boksies: hoë risiko mediese gevalle; noodgevalle wat mediese speurwerk verg; ongewone simptome en siektes; persoonlike dramas onder die dokters en verpleegters; romanse; verlowings; en, in die sesde seisoen, ’n troue vir die hoofkarakter, dr. Shaun Murphy. 

Murphy, wat deur die akteur Freddie Highmore vertolk word, is ’n jong dokter met outisme wat aanvanklik gesukkel het om sy kollegas van sy buitengewone gawes te oortuig. Oor die loop van die eerste vyf seisoene het Murphy as dokter en as mens geblom. Soveel so dat hy en Lea (Paige Spara) verloof geraak het.

Met die aanvang van die sesde seisoen is Murphy en Lea se vreugde op hul troudag van korte duur. Die feesvieringe op die hospitaal se dak word kortgeknip as ’n twee van hul vriende en kollegas by die hospitaal aangeval word en ’n gyselaarsdrama ontstaan. 

Die reeks is reeds vir ’n sewende seisoen hernu. Ook onder die rolverdeling tel Richard Schiff, Christina Chang, en Noah Galvin. Die akteur Daniel Dae Kim, veral bekend vir sy rolle in Hawaii Five-0 en Lost, en wat in die tweede seisoen die rol van dr. Jackson Han vertolk het, is een van The Good Doctor se  uitvoerende vervaardigers. Kim was inderwaarheid aanvanklik die grootste dryfkrag agter die reeks se ontstaan. The Good Doctor is immers gegrond op die gelyknamige Koreaanse reeks waarvoor Kim in 2015 die produksieregte gekoop het. Die reeks is hierwaarts en derwaarts vir ontwikkeling gestuur, met die loodsepisode wat uiteindelik in 2017 uitgesaai is.

The Summer I Turned Pretty S2

Vanaf Vrydag, 14 Julie 2023, op Prime Video.

Oraait, dié reeks is effe cringe. MAAR (en dis ’n belangrike maar…) cringe is soms wat jy nodig het op jou kyklys. Veral as jy net iets breinloos wil kyk wat jou dalk-dalk selfs ’n traan of twee sal laat stort. The Summer I Turned Pretty is daai tipe reeks wat ditself ongelooflik ernstig opneem – dít is tog ’n tienerdrama en is dit maar nie wat tieners doen nie? Die reeks raak ook belangrike en diep temas aan en daar sal noodwendig jonger kykers wees wat hierby kan aanklank vind. Dalk help dit hulle om nie so alleen te voel nie; of dalk por dit hulle aan om met ’n eerlike en oop gemoed die lewe aan te pak. So smart-agtig as wat dié storielyn is, is daar dus wel positiewe te vinde. 

In die tweede seisoen, voel Belly (Lola Tung) vasgekeer tussen Conrad (Christopher Briney) en Jeremiah (Gavin Casalegno), wat albei om haar hart meeding. Dít terwyl hul ma, Susannah (Rachel Blanchard), ’n harde stryd teen kanker veg. Somer by die vakansiehuis in Cousins Beach voel dus amper wildvreemd en glad nie soos die vorige somers waarna sy so uitgesien het nie. Maar as ’n onverwagte besoeker die toekoms van die vakansiehuis – Susannah se gunsteling-plek op aarde – bedreig, maak Belly werk daarvan om al die vriende saam te trek om ’n oplossing te vind. Sy sal egter ook eens en vir altyd moet besluit by watter broer haar hart lê…

The Afterparty S2

Vanaf Woensdag, 12 Julie 2023, op Apple TV+.

In The Afterparty, geskep deur die Oscar-wenners Chris Miller en Phil Lord, verken elke episode van die reeks ’n ander karakter se weergawe van een noodlottige aand, en word dan ook vanuit hul perspektief vertel.

Terwyl die eerste seisoen om ’n moord by ’n hoërskoolreünie gedraai het, speel die noodlot in die tweede seisoen by ’n troue af wat in chaos gedompel word as die bruidegom vermoor word. Natuurlik is al die gaste verdagtes. 

Detective Danner (Tiffany Haddish) keer terug om Aniq (Sam Richardson) en Zoë (Zoe Chao) te help om dié whodunnit op te los. Familielede, verliefdes en sakevennote word ondervra, met elke verdagte se weergawe van die naweek se gebeure wat met ’n spesifieke visuele styl vertel word. 

Brian Tallerico van The Playlist meen “The Afterparty is steeds een van die snaakste programme op TV” terwyl Beth Webb van Empire Magazine skryf: “Dit is ’n boeiende, dikwels sjarmante en ontsettende snaakse raaiselreeks wat steeds sy plek in die versadigde wêreld van whodunnits volstaan.”

Foundation S2

Vanaf Vrydag, 14 Julie 2023, op Apple TV+.

Foundation is ’n wetenskapfiksiereeks en losweg gegrond op die bekroonde romans deur Isaac Asimov. Die reeks vertel die storie van The Foundation, ’n groep bannelinge wat ontdek dat dat hulle die sogenaamde Galaktiese Ryk eers tot ’n val sal moet bring voordat hulle dit – en daarmee saam die mensdom en beskawing – kan red. 

Die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu. Onder die rolverdeling tel Lee Pace (The Hobbit-trilogie) en Jared Harris (Mad Men, Chernobyl).

Nog hoogtepunte op TV hierdie week: 

Vanaf 10 Julie 2023:

  • StoryBots: Answer Time: S2, Netflix
  • Somebody Somewhere S2, Showmax
  • The Academy of Magic, Showmax
  • Dankie Lottoland S7, Showmax 
  • Family Camp, Showmax
  • Fiesta S24, Showmax 
  • Hearts Beat Loud, Showmax
  • November Criminals, Showmax
  • Fall, Showmax

Vanaf 11 Julie 2023:

  • Nineteen to Twenty, Netflix

Vanaf 12 Julie 2023:

  • Quarterback, Netflix
  • Sugar Rush: The Baking Point, Netflix 
  • Mr. Car and the Knights Templar, Netflix

Vanaf 13 Julie 2023:

  • Diamond in the Rough, Showmax 
  • Laeveld Bewoners, Showmax 
  • Mulan Princess Warrior (aka Kung Fu Mulan), Showmax
  • The Swearing Jar, Showmax
  • Survival of the Thickest, Netflix.
  • Burn the House Down, Netflix 
  • Devil’s Advocate, Netflix 
  • Sonic Prime: S2, Netflix 

Vanaf 14 Julie 2023:

  • The Equalizer S3, Showmax
  • Too Hot to Handle: S5, Netflix 
  • Five Star Chef, Netflix 
  • The Beauty Queen of Jerusalem: S2, Netflix 
  • Bird Box Barcelona, Netflix
  • Love Tactics 2, Netflix 

Vanaf 15 Julie 2023:

  • Ek soek my pa, Moja Love (DStv-kanaal 157 om 21:00)
  • Country Queen, Netflix

Vanaf 16 Julie 2023:

  • Lyle, Lyle Crocodile, Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies