Menu terloops

Somebody Somewhere S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Jul 2023]


In ‘Somebody Somewhere’ vind Sam haar redding in sang as sy sukkel om haar suster se dood te verwerk en haar plekkie in die son te vind.

Kyk nou

Somebody Somewhere S1-2
Kyk lokprent

Die komediant en sangeres Bridget Everett (Unbelievable, Inside Amy Schumer) se spel as Sam in die eerste seisoen van Somebody Somewhere het só beïndruk dat sy onder meer vir ’n Independent Spirit-toekenning benoem is. The Wrap skryf: “Bridget Everett is ’n krag – en ’n stem – om mee rekening te hou.” 

Terwyl die eerste seisoen gesien het hoe Sam worstel met die verlies van haar suster – terwyl sy midde ’n midlife crisis of note verkeer het – het sy ook ’n klein gemeenskap van haar eie geskep met die terugkeer na haar tuisdorp. Sam het haar redding in sang en in hierdie groepie buitestaanders – wat soos sy nie in die “tradisionele” rolle in die samelewing inpas nie – gevind. In die tweede seisoen, het Sam en Joel (Jeff Hiller) saam ingetrek. Sam hou ook vol om haar (sang)stem te probeer vind. 

Die reeks, wat Everett saam met die bekende storieskeppers, die Duplass-broers, vervaardig, is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Albei seisoene van die komedie-drama het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. 

Somebody Somewhere se tweede seisoen is deur Rolling Stone bestempel as “TV se soetste stukkie lewe”. The Daily Beast meen dit loop oor van “vertolkings wat jou hart sal breek én dit weer sal genees”. 


Stroom die tweede seisoen vanaf 10 Julie 2023 op Showmax. Die eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies