Menu terloops

Somebody Somewhere S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Jul 2023]


In ‘Somebody Somewhere’ vind Sam haar redding in sang as sy sukkel om haar suster se dood te verwerk en haar plekkie in die son te vind.

Kyk nou

Somebody Somewhere S1-2
Kyk lokprent

Die komediant en sangeres Bridget Everett (Unbelievable, Inside Amy Schumer) se spel as Sam in die eerste seisoen van Somebody Somewhere het só beïndruk dat sy onder meer vir ’n Independent Spirit-toekenning benoem is. The Wrap skryf: “Bridget Everett is ’n krag – en ’n stem – om mee rekening te hou.” 

Terwyl die eerste seisoen gesien het hoe Sam worstel met die verlies van haar suster – terwyl sy midde ’n midlife crisis of note verkeer het – het sy ook ’n klein gemeenskap van haar eie geskep met die terugkeer na haar tuisdorp. Sam het haar redding in sang en in hierdie groepie buitestaanders – wat soos sy nie in die “tradisionele” rolle in die samelewing inpas nie – gevind. In die tweede seisoen, het Sam en Joel (Jeff Hiller) saam ingetrek. Sam hou ook vol om haar (sang)stem te probeer vind. 

Die reeks, wat Everett saam met die bekende storieskeppers, die Duplass-broers, vervaardig, is reeds vir ’n derde seisoen hernu. 

Albei seisoene van die komedie-drama het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. 

Somebody Somewhere se tweede seisoen is deur Rolling Stone bestempel as “TV se soetste stukkie lewe”. The Daily Beast meen dit loop oor van “vertolkings wat jou hart sal breek én dit weer sal genees”. 


Stroom die tweede seisoen vanaf 10 Julie 2023 op Showmax. Die eerste seisoen is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies