Menu terloops

The Equalizer S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 16 Aug 2022]


Die nuwe seisoen van ‘The Equalizer’ is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk nou

The Equalizer S1-2
Kyk lokprent

Albei seisoene van The Equalizer, met die Oscar-benoemde Queen Latifah in die hoofrol, is nou op Showmax beskikbaar om te stroom. Boonop is dié gewilde spioen-rillerreeks reeds vir ’n derde én vierde seisoen hernu.

Die reeks is gegrond op die gelyknamige 2014-rolprent met Denzel Washington in die hoofrol. Dit is ook ’n semi-herverwerking van die oorspronklike TV-reeks wat in die 1980s vir vier seisoene uitgesaai is.

Die storie volg Robyn McCall (Latifah), ’n eks-spioen en enkelma, soos sy mense help wat geen ander heenkome het nie. 

Die rolverdeling sluit onder andere ook die toneelspelers Lorraine Toussaint (Orange is the New Black) en Adam Goldberg (Saving Private Ryan, A Beautiful Mind) in.

The Guardian beskryf The Equalizer as “trooskyk in moeilike tye” terwyl The AV Club Latifah vir haar spel loof.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies