Menu terloops

The Good Doctor S1-6

Op DStv [Gepubliseer op 10 Jul 2023]


‘The Good Doctor’ is in 2017 geskep en het sedertdien ’n groot aanhang opgebou – soveel so dat dit met Shonda Rhimes se ‘Grey’s Anatomy’ om kykers meeding. Die sesde seisoen is nou op DStv.

Kyk nou

The Good Doctor S1-6
Kyk lokprent

As jy van mediese dramas hou, is The Good Doctor ’n nommerpas toevoeging tot jou kyklys (nog voorstelle hier). Dit tiek al die boksies: hoë risiko mediese gevalle; noodgevalle wat mediese speurwerk verg; ongewone simptome en siektes; persoonlike dramas onder die dokters en verpleegters; romanse; verlowings; en, in die sesde seisoen, ’n troue vir die hoofkarakter, dr. Shaun Murphy. 

Murphy, wat deur die akteur Freddie Highmore vertolk word, is ’n jong dokter met outisme wat aanvanklik gesukkel het om sy kollegas van sy buitengewone gawes te oortuig. Oor die loop van die eerste vyf seisoene het Murphy as dokter en as mens geblom. Soveel so dat hy en Lea (Paige Spara) verloof geraak het.

Met die aanvang van die sesde seisoen is Murphy en Lea se vreugde op hul troudag van korte duur. Die feesvieringe op die hospitaal se dak word kortgeknip as ’n twee van hul vriende en kollegas by die hospitaal aangeval word en ’n gyselaarsdrama ontstaan. 

Die Amerikaanse reeks, wat gegrond is op ’n gelyknamige Koreaanse storie, is reeds vir ’n sewende seisoen hernu. Ook onder die rolverdeling tel Richard Schiff, Christina Chang, en Noah Galvin. 


Vanaf Maandag, 10 Julie 2023, om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up beskikbaar. Binge ook die eerste vier seisoene van die reeks op Netflix.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies