Menu terloops

The Good Doctor S1-6

Op DStv [Gepubliseer op 10 Jul 2023]


‘The Good Doctor’ is in 2017 geskep en het sedertdien ’n groot aanhang opgebou – soveel so dat dit met Shonda Rhimes se ‘Grey’s Anatomy’ om kykers meeding. Die sesde seisoen is nou op DStv.

Kyk nou

The Good Doctor S1-6
Kyk lokprent

As jy van mediese dramas hou, is The Good Doctor ’n nommerpas toevoeging tot jou kyklys (nog voorstelle hier). Dit tiek al die boksies: hoë risiko mediese gevalle; noodgevalle wat mediese speurwerk verg; ongewone simptome en siektes; persoonlike dramas onder die dokters en verpleegters; romanse; verlowings; en, in die sesde seisoen, ’n troue vir die hoofkarakter, dr. Shaun Murphy. 

Murphy, wat deur die akteur Freddie Highmore vertolk word, is ’n jong dokter met outisme wat aanvanklik gesukkel het om sy kollegas van sy buitengewone gawes te oortuig. Oor die loop van die eerste vyf seisoene het Murphy as dokter en as mens geblom. Soveel so dat hy en Lea (Paige Spara) verloof geraak het.

Met die aanvang van die sesde seisoen is Murphy en Lea se vreugde op hul troudag van korte duur. Die feesvieringe op die hospitaal se dak word kortgeknip as ’n twee van hul vriende en kollegas by die hospitaal aangeval word en ’n gyselaarsdrama ontstaan. 

Die Amerikaanse reeks, wat gegrond is op ’n gelyknamige Koreaanse storie, is reeds vir ’n sewende seisoen hernu. Ook onder die rolverdeling tel Richard Schiff, Christina Chang, en Noah Galvin. 


Vanaf Maandag, 10 Julie 2023, om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up beskikbaar. Binge ook die eerste vier seisoene van die reeks op Netflix.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies