Menu terloops
In Recaps & Resensies [16 Aug 2022]

‘This Is Going To Hurt’ – die geloofwaardige mediese dramareeks wat ons nodig het


‘This is Going to Hurt’ is by tye soos ’n emmer koue water oor jou kop – tog, so hard en grusaam as wat dit kan wees, is dit ook eerlik, rou, en (genadiglik) snaaks.

Deur Watkykjy

Kyk nou

‘This Is Going To Hurt’ – die geloofwaardige mediese dramareeks wat ons nodig het

In Amerika het die genre van die mediese drama sy ontstaan in die 1950s met die aanvang van City Hospital gehad. Dié reeks se kortstondige bestaan van 1951 tot 1953 is gevolg deur ’n handvol titels wat stapelvoedsel tydens spitstydkyk geword het. Maar Mzansi het eers in 1976 begin TV uitsaai ná aggresiewe politieke teenstand (kyk gerus Oppi Kassie). M*A*S*H was dus die eerste mediese drama waarmee Suid-Afrikaners sou kennis maak. Dié alombekende reeks sou dan ook die trend van mediese dramas met makabere humor vestig. Reekse soos St. Elsewhere, Doogie Howser, M.D., House M.D, Grey’s Anatomy, Scrubs, Code Black en Chicago Med bou tot vandag toe nog op hierdie wenresep voort.      

Tog voel van dié reekse se formules al flouer soos die jare aangaan… Veral as die voortbestaan van die reeks afgedwonge begin voel (kriek-kriek Grey’s…).

So wat dan van ’n mediese reeks met ’n bietjie meer geloofwaardigheid? Ietsie nader aan die werklikheid? Enter: This is Going to Hurt.

Die bekroonde akteur Ben Whishaw (wat onder andere die rol van Q in die laaste drie Bondflieks speel en ook die stem van Paddington is) vertolk die rol van ’n regte-lewe-dokter, Adam Kay in This is Going To Hurt. Die reeks is gegrond op Kay se gelyknamige topverkoper-memoir wat uit sy dagboekinskrywings saamgestel is en vertel oor die nimmereindige dae, slapelose nagte en verlore naweke in die geharwar van sy werk as ’n ginekoloog. 

Kontrasterende realiteite

Kay glo dat die enigste eerlike manier om die lewe in ’n hospitaal uit te beeld deur die komedie-drama genre is. Dis immers ál die groot mediese dramas se wenresep. Volgens hom sou ’n sitkom nooit regtig die dringendheid en werklikheid van ’n tragedie kan aanspreek nie. Enersyds sou jy nie van ’n drama verwag om al die vreemde en lagwekkende voorvalle wat dokters op ’n daaglikse basis moet hanteer, oortuigend te kan weergee nie. Die beste van beide wêrelde verleen dus tot balans:

“You can have a hilarious moment in an antenatal clinic that you know you’ll be recounting in pubs for years, and two minutes later you’re telling a patient that you can’t find their baby’s heartbeat. It’s a job of contrasts and constant gear-shifts.”

Dis juis hierdie kontrasterende realiteite wat Kay uitgebeeld het. Hy het ook selfs die dagboeke vir die draaiboek aangepas en dien ook as vervaardiger. Volgens hom is sy dagboeke juis gepubliseer omdat hy wou hê dat mense ’n beter begrip moet hê vir die ware aard van ’n dokter se werk. Die tipe goed wat die man op straat nie noodwendig van bewus is nie. Soos die konstante teenwoordigheid van (verskeie) liggaamlike vloeistowwe (eeew!). En die uitdagings om vriendskappe en verhoudings te onderhou en te koester as jy jouself sielsdood werk teen net onder 100 ure per week. As jy dit dalkies oorweeg om medies te gaan swot, sal hierdie reeks soos ’n emmer koue water oor die kop wees… Tog sou die eerlike aard daarvan ook as aansporing kan dien. 

Wrede waarheid

This is Going To Hurt is glad nie soos die ander mediese dramas wat op ’n rits vervaardig word nie. Daar is niks glansryk aan die reeks nie. Net soos daar in die regte lewe ook nie dikwels iets glansryk aan ’n dokter se werk agter die skerms is nie.

Die reeks is wreed, dit is walglik, dit is hard, dis grusaam. Dit draai meer oor die werk – oor dokter-wees – as enigiets anders, maar dit is genadiglik ook snaaks.

Met mediese dramas word daar dikwels baie fokus geplaas op die karakters wat toevallig in ’n hospitaal werk en drama vir hulself en die mense rondom hulle skep. In die regte lewe huil dokters en verpleegsters stilletjies in kleedkamers en besemkaste en niemand praat daaroor nie. Hierdie reeks plaas ’n kollig op die feilbaarhied van die mens. Dokters kan ook siek word en dokters se koppe kan net soos ons s’n, ook soms uithaak. Die beroep kan net so ondankaar wees as wat dit bevredigend en stimulered is en dit is juis hier waarin die geloofwaardigheid van This is Going To Hurt lê. 

Die akteurs het basiese mediese opleiding van regte professionele mediese personeel ontvang, terwyl regte hospitaalwerkers ook as ekstras gespeel het. Aan die mediese kant van dinge was daar nie shortcuts nie. Die akteurs het werklik geleer hoe om byvoorbeeld ’n keisersnee te doen en hoe om met daardie vreesaanjaende tange te werk. 

Jou voorsrkif: neem een episode saans saam met etes, vir sewe dae lank. Dit is beskikbaar op Showmax en kos minder as twee pakkies anti-inflammatoriese pille.

Kyk ook hierdie mediese drama’s op Showmax:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies