Menu terloops

This Is Going to Hurt

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Aug 2022]


‘This Is Going to Hurt’ is gegrond op die gelyknamige memoir deur Adam Kay. Kyk dit op Showmax.

Kyk nou

This Is Going to Hurt
Kyk lokprent

Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir en is nou op Showmax beskikbaar. Die reeks volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. 

Daar’s dae waar slaap ’n mite is en pasiënte onverwags sterf. Ander dae knak persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan. 

Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word. 

Die hoofrol word deur Ben Whishaw vertolk. Whishaw is bekend vir sy rolle in Fargo, en as Q in die James Bond-flieks Spectre en No Time to Die.

Dit klink ernstig – en dit is – maar verweef met ’n eiesoortige en egte humor wat jou intrek. Laughter is the best medicine, laat This is Going to Hurt blyk.

Die reeks het ’n punt van 93% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies