Menu terloops

This Is Going to Hurt

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Aug 2022]


‘This Is Going to Hurt’ is gegrond op die gelyknamige memoir deur Adam Kay. Kyk dit op Showmax.

Kyk nou

This Is Going to Hurt
Kyk lokprent

Die Britse komedie-drama, This Is Going to Hurt, is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir en is nou op Showmax beskikbaar. Die reeks volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. 

Daar’s dae waar slaap ’n mite is en pasiënte onverwags sterf. Ander dae knak persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan. 

Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word. 

Die hoofrol word deur Ben Whishaw vertolk. Whishaw is bekend vir sy rolle in Fargo, en as Q in die James Bond-flieks Spectre en No Time to Die.

Dit klink ernstig – en dit is – maar verweef met ’n eiesoortige en egte humor wat jou intrek. Laughter is the best medicine, laat This is Going to Hurt blyk.

Die reeks het ’n punt van 93% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies