Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Mar 2022]

Wat om te kyk op DStv in Maart 2022


Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die tweede seisoen van die verontrustende Afrikaanse misdaadreeks ‘Projek Dina’, die dramareeks, ‘Pivoting’, en die komedie-drama, ‘This is Going to Hurt’.

Wat om te kyk op DStv in Maart 2022

In die eerste seisoen van die misdaadreeks Projek Dina, is drie speurders met die hand vir ’n nuwe taakmag gekies om sake oor vermiste mense op te los. Die taakmag se naam is ’n verwysing na die Bybel-verhaal van die eerste vrou wat ontvoer is, ene Dinah. 

Die reeks het ware gebeure as deel van sy fondasie – die skepper Roberta Durrant se dogters is jare gelede amper ontvoer. Dis ’n senutergende drama,  dik met emosie en trauma. En vir só ’n versadigde verhaal is die regte spelers van ingrypende belang. In Tim Theron se kapt. Deon Visagie, Chumani Pan se sers. Luxolo Dladla en Chanelle de Jager as Adjudant-Offisier Oosthuizen, het die vervaardigers ’n nommerpas rolverdeling. Kay Smith se karakter, die hacker Charlie Botha, sluit haar in dié seisoen ook as ’n permanente lid van die span aan. 

Die eerste seisoen het oorhoofs om Ronel se soektog na haar tweelingsuster, Dina, gedraai en in die laaste episode het kykers gesien hoe sy net-net vir Dina mis toe sy en die span in Mosambiek opdaag. 

Die tweede seisoen hervat twee jaar later en Ronel het steeds nie ophou soek nie. Haar gesin dink wel sy het uiteindelik die trauma van Dina se ontvoering verwerk. 

Toe nie. 

As sy genader word om weer met ’n vermiste persone-saak te help vat haar beheptheid om haar suster te vind weer voluit vlam.

Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 1 Maart op kykNET (DStv-kanaal 144) om 20:00 en DStv Online. 

Elvis B(l)ou S1

Dié realiteitsreeks draai om ’n massiewe bouprojek wat die sanger Elvis Blue en sy vrou, Chireze, met groot opwinding aanpak.

Die paartjie het ’n bus gekoop en die plan is om dit heeltemal te omskep – met ’n verhoog op die dak en alles. Jy kan jou mos maar net indink dat dit nie jou gewone opknappingsproses gaan wees nie…Daar is uitdagings galore wat die twee in VIA se Elvis B(l)ou moet baasraak.

Weeklikse episodes vanaf Maandag, 21 Maart op VIA (DStv-kanaal 147) om 18:30 en DStv Online.

Pivoting S1

Ná die skielike dood van hul vriendin, besluit drie middeljarige vriende, Amy, Jodie en Sarah, dat die lewe te kort is om nie voluit hul passies na te jaag nie.

In kort, hulle moet pivot en opnuut koers kies. Dit draai op heelwat impulsiewe besluite uit. Sarah, ’n chirurg, besluit byvoorbeeld om dié beroep te laat vaar om ’n kassier by ’n kruidenierswinkel te wees.

Dis juis dít – die verwelkoming van verandering en onsekerheid ná soveel jare in hul gemaksones – wat hul band hegter maak.

Dis ’n kyk-met-’n-glas-wyn-reeks met Ginnifer Goodwin, Maggie Q, en Eliza Coupe in die hoofrolle.

Dié komedie het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. 

Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 11 Maart op M-Net (DStv-kanaal 101) om 19:00 en DStv Online.

FBI: International S1

Ja-nee. Die oomblik wat ’n procedural die kleinste bietjie sukses behaal, begin vervaardigers met planne vir spin-offs.

CSI, asook die vele NCIS-reekse, is sekerlik van die bekendste franchises op TV. CSI het hoekal ook ’n nuwe spin-off wat vandeesmaand op DStv begin, CSI: Vegas.

FBI, uit die trefseker-stal van Dick Wolf, is ook besig om uit te brei.

FBI: International is die tweede FBI-spin-off, met FBI: Most Wanted wat reeds in 2020 sy debuut gemaak het.

Die resep is onfeilbaar: Good guys vs bad guys. Daar is altyd iets vreeslik groot op die spel, hetsy lewens, geld, of ’n bom wat iewers tik-tik-tik…Met FBI: International is die verskil dat al dié aksie oor internasionale grense heen geskied met die hoofkantoor in Budapest.

Weeklikse episodes vanaf Dinsdag, 29 Maart op M-Net (DStv-kanaal 101) om 20:30 en DStv Online.

This is Going to Hurt S1

Dié Britse komedie-drama is gegrond op Adam Kay se gelyknamige memoir. Dit volg sy werk as ’n dokter in ’n hospitaal se (chaotiese) verloskunde- en ginekologie-afdeling. 

Dit is wel ’n fiktiewe vertelling, so sommige van die uitbeeldings van sy alledaagse ervarings moet liefs met ’n knippie sout geneem word. 

Daar’s dae waar slaap ’n mite is, pasiënte onverwags sterf, en persoonlike verhoudings en familiebande onder die druk van sy dokters-bestaan knak. 

Dit klink ernstig – en dit is – maar verweef met ’n eiesoortige en egte humor wat jou intrek. Laughter is the best medicine, laat This is Going to Hurt blyk.

Die reeks het ’n punt van 93% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Weeklikse episodes vanaf Donderdag, 17 Maart op M-Net (DStv-kanaal 101) om 22:30 en DStv Online.

Nog hoogtepunte op DStv:

Let wel: datums, tye en vertonings kan verander. Hierdie skedule is slegs vir SA DStv-intekenare. Vir die volledige skedule en besonderhede oor reekstye en die betrokke kanale, kliek hier.

1 Maart 2022

  • Projek Dina S2
  • FBI: Most Wanted S3
  • Fighting for Lincoln: The Wide Awakes
  • The Real Housewives of Salt Lake S2 
  • Britain’s Most Expensive Houses S1

2 Maart 2022

  • It’s Always Sunny in Philadelphia S15
  • Blowing Up History S5
  • Elephants Changing Lives
  • Law & Order: SVU S23
  • Great British Gardens: Season by Season S2

3 Maart 2022

  • Daniel Tosh: Happy Thoughts
  • Coroner S4
  • Ekhaya S2
  • Ifalami S2

5 Maart 2022

  • Riverdale S6
  • Coastal Fishing With Robson Green S1
  • Come Away
  • Equal Standard
  • Upgrade
  • The Killer Meteors

6 Maart 2022

  • Fast & Furious 9: The Fast Saga
  • AmaBishop S2

7 Maart 2022

  • American Horror Story S10
  • World’s Most Evil Killers S6
  • Celebrity Game Night S3 
  • Meet the Mackies
  • Jersey Shore Family Vacation S5
  • Love & Hip Hop Atlanta S9
  • American Pie Presents: Band Camp Comedy After Dark
  • Room to Improve S12

8 Maart 2022

  • Curb Your Enthusiasm S11
  • The Story of German Beer
  • The Gardener S19

9 Maart 2022

  • Lake Magic
  • Family of Fiance S4
  • American Pie Presents: Beta House Comedy After Dark
  • David & Annie: After the 90 Days
  • Loren & Alexei: After the 90 Days
  • Hoarders: Buried Alive in My Bedroom S1-2

10 Maart 2022

  • Flipping Showdown
  • Calls From The Inside

11 Maart 2022

  • Pivoting S1
  • American Pie Presents: Girls’ Rules Comedy After Dark
  • These Woods Are Haunted S3

12 Maart 2022

  • Extinct
  • The Little Things
  • The Connors S4
  • Everyday Wow!
  • To Kill With Intrigue
  • Turquoise Fever S1

13 Maart 2022

  • The Hitman’s Wife’s Bodyguard (ook op Showmax vanaf 14 Maart)
  • Celebrate With Chef Nti!
  • Clash of the Cover Bands
  • Siza Mina S1

14 Maart 2022

  • All American S4
  • Love & Hip Hop Secrets

15 Maart 2022

  • Return of the Trade Wars
  • Houses With History
  • Colossal Machines S1
  • George Clarke’s Old House, New Home S6

16 Maart 2022

  • Scottish Islands with Ben Fogle S1
  • Snowfall S5
  • The Real Housewives of Miami 

17 Maart 2022

  • Heels S1
  • This Is Going To Hurt S1
  • Inside the Factory S6
  • Outback Opal Hunters S5
  • Catch A Smuggler S4

18 Maart 2022

  • The Neighborhood S4 
  • Bob Hearts Abishola S3 
  • Married to Real Estate
  • Murder Under the Friday Night Lights
  • The Dinosaur Hunters

19 Maart 2022

  • A Cinderella Story: Starstruck
  • Dutch
  • Guessable S2
  • Game of Death II
  • Lovey Dovey S1 (aangebied deur Somizi)
  • Besigheid Wat Saak Maak S7
  • No Excuses, Pay Papgeld S6

20 Maart 2022

  • Recipes for Love and Murder
  • Boss Level
  • Kristen Schaal: Live at the Fillmore

21 Maart 2022

  • Killer Cases S2
  • Undercover Me
  • Elvis B(l)ou S1
  • Escape to the Country S25

22 Maart 2022

  • Surgeons: At the Edge of Life
  • Addicted to Marriage

23 Maart 2022

  • Show Trail S1
  • Clean-Up Crew
  • Homegrown Tastes South Africa S1 with Lorna Maseko

24 Maart 2022

  • CSI: Vegas S1

25 Maart 2022

  • A Million Little Things S4
  • The Lakes With Simon Reeve
  • Tough Love with Hilary Farr
  • Dr K’s Exotic Animal ER S6

26 Maart 2022

  • American Idol S20
  • Rock Dog 2: Rock Around the Park
  • The Boy Behind the Door
  • Young Sheldon S5
  • The Murder of Marianne Vaatstra
  • Restaurant: Impossible S18

27 Maart 2022

  • Attenborough’s Wonder of Song
  • Let Them All Talk (ook op Showmax vanaf 28 Maart)

28 Maart 2022

  • Oscars 2022
  • Live from E! The 2022 Oscars
  • Red Carpet Rundown: Oscars 2022
  • Grow, Cook, Eat S1

29 Maart 2022

  • FBI: International S1
  • Salvage Hunters: Classic Cars S6
  • The Real Housewives of Orange County S16
  • The Good Karma Hospital S4

30 Maart 2022

  • Glorious Grasslands
  • Killer Britain with Dermot Murgaghan
  • Raid the Fridge

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies