Menu terloops
In Sepies [7 Mei 2023]

Sepievoorskou: Onverwagse kuiers bring nuwe perspektief in ‘Diepe Waters’


Ons het die inside scoop oor hierdie week se lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) sepie-storielyne. Waarna kan jy hierdie week (8 tot 12 Mei 2023) op ‘Diepe Waters’ uitsien?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

Sepievoorskou: Onverwagse kuiers bring nuwe perspektief in ‘Diepe Waters’
Kyk lokprent

Het Gys (Justin Strydom) in die water geval of het iemand hom ingestoot? Dit is die million dollar vraag en hierdie week word meer as een kritieke leidraad in Diepe Waters weggegee. Die enigste probleem waarmee kykers dalk mag sukkel, is die feit dat álmal rondom Gys skuldig lyk. Nes ek dink ek het die raaisel opgelos, is daar nog ’n kinkel in die storie.

Dit is als ’n deurmekaar gemors en net een persoon kan vir ons die waarheid gee, maar gaan daardie persoon Gys wees? Of gaan Gys nes AB (Cedwyn Joel) in Suidooster net nooit weer uit die hospitaalbed opstaan nie?

’n Meer komplekse familie en gemeenskap het ek nog nooit op TV gesien nie. Dié lot laat At Koster (Hans Strydom) en sy binnekring op Binnelanders soos engele lyk. Geen wonder Pam (Tracey Lee Oliver) voel sy moet met een oog wakker slaap nie! Volgens haar weet jy mos nooit wie in die middel van die nag jou kamer gaan besoek nie. En dié keer praat sy (verbasend) nie van ’n romantiese besoek nie… Pam is weer op haar stukke dié week, terwyl nog geheime wat moontlik erge gevolge kan hê op die lappe kom. Of dalk sit ek die pot nou heeltemal mis en word dié onthullings as ’n bedekte seën gesien. 

Almal het geheime en almal maak foute. Maar wie se foute is hierdie week onskuldig en wie se foute sal gevaarlike gevolge hê? In my beste Gossip Girl-stem voel dit asof ek op hierdie stadium moet sê: ‘That’s one secret I’ll never tell‘.

In hierdie show is dit moeilik om die goeie ouens en die skurke van mekaar te skei juis omdat ons almal feilbaar in ons menswees is. Almal het geheime en almal maak foute. Maar wie se foute is hierdie week onskuldig en wie se foute sal gevaarlike gevolge hê? In my beste Gossip Girl-stem voel dit asof ek op hierdie stadium moet sê: “That’s one secret I’ll never tell”. Maar gelukkig hoef julle nie lank te wag vir die antwoorde nie.

As kykers gedink het dat Sanet se eiergeveg verlede week vernederend was, moet hulle dié week inskakel. Nog ’n karakter slaan hul naam met ’n plank in die naam van liefde. Dit is nogal cringe om te kyk, maar ai, die liefde laat ’n mens darem snaakse dinge doen.

So gepraat van liefde… Iemand op die produksie-span moet sekerlik ’n Disney-liefhebber wees. Ek het sommer onmiddellik geweet watter Disney-prinses se feëverhaal as inspirasie vir die grootste skok van die week gebruik is. Dié toneel is ’n bietjie belaglik, maar ek is nie kwaad nie, want ek kon my lag nie hou nie. Die ironie van daardie oomblik is skerp en ek is mal daaroor.  Dit herinner jou dat selfs die sterkste mense ook kwesbaar is.

As dit voel asof jy nie meer antwoorde of moves op die skaakbord oor het nie, is ’n nuwe perspektief dalk al wat jy nodig het. ’n Onverwagse besoek bring hierdie week broodnodige perspektief. 

Dit voel asof elke toneel en storielyn in Diepe Waters ’n bom is wat wag om te ontplof. Tog sê iets vir my dat daar nog baie geraamtes in die kas is…


Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies