Menu terloops
In Lysie-lysie [28 Apr 2023]

Huwelik nommer 6: ’n Gelukkige einde vir ‘Binnelanders’ se At?


Gaan At en Laetitia werklik hul gelukkige einde kry? Ons kyk terug na At Koster se vorige – mislukte – huwelike.

Kyk nou Binnelanders

Huwelik nommer 6: ’n Gelukkige einde vir ‘Binnelanders’ se At?

Binnelanders se At Koster en Laetitia Snyman (óftewel Gretha Havenga) het vandeesweek die knoop deurgehaak. Dis At se sesde keer voor die kansel en ons kan maar net hoop dat dinge die keer uitwerk, want sover was sy liefdespad met ewe veel soene as smart gesaai.

Onthou jy al At se bruide?

Lees ook ons oorsig van al die mislukte verhoudings in Binneland-kliniek hier.

1

Bruid #1

At (vertolk deur Hans Strydom) se eerste vrou was Soekie Kellerman (Antoinette Kellermann). Hy het met haar getrou toe hy nog ’n student was. Sy is ook At se seun, Conrad Bester (Hykie Berg), se ma. Soekie se suster, Bets, het onlangs haar verskyning gemaak om aanspraak op At se boedel te maak (dis nou toe hy almal met sy faux afsterwe geflous het…) Bets het haarself as Soekie voorgedoen en beweer sy en At was binne gemeenskap van goedere getroud en dus geregtig op die helfte van sy rykdom. Die regte Soekie is inderwaarheid in ’n skuba-ongeluk oorlede, en Bets is uiteindelik uitgevang. 

2

Bruid #2

At se tweede vrou was Theresa Rossouw – ook etlike jare gelede. Sy het aan kanker gesterf. At is nooit werklik van Soekie geskei nie, maar hy kon dit nie vir Theresa sê nie. Hy het steeds met haar getrou, omdat sy baie familiegeld gehad het en hy het Binneland-kliniek begin met die geld wat hy van Theresa geërf het.

3

Bruid #3

Derde aan die beurt was die prokureur Ingrid Jordaan (Michelle Botes) in 2009. Sy het van At geskei nadat sy nie meer met sy agterbakshede kon uithou nie.  

At Koster en Ingrid Binnelanders
At en Ingrid. Foto: Verskaf
4

Bruid #4

At se vierde huwelik was met met Jana du Preez (Brümilda van Rensburg) in 2016. Die twee se paaie het geskei nadat Jana besef het At se hart klop steeds tjoklits vir een van sy vorige meisies… Ivanka (Leandie du Randt).

Binnelanders At Koster
Jana, At en Ivanka. Foto: Verskaf
5

Bruid #5

Volgende was Annelize Roux (Cindy Swanepoel) in 2019 nadat sy vir At afgepers het om met haar te trou. 

Binnelanders At Koster
At en Annelize. Foto: Verskaf
6

Bruid #6 

Hopelik is Laetitia dié een en is dit nie nodig vir At om ’n sewende bruid te vind nie… Sy en At het ’n lang geskiedenis – en nie altyd ’n mooi een nie. At het byvoorbeeld ’n rol gespeel in die gebeure wat daartoe gelei het dat dié mediese navorser destyds van die mediese rol geskrap is en agter tralies beland het. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies