Menu terloops
In Lysie-lysie [18 Feb 2022]

Die liefde oorwin (beslis nie…) alles by Binneland-kliniek


Ai, hoekom kan ons gunsteling-karakters in ‘Binnelanders’ net nie hul gelukkige, romantiese eindes kry nie? Ons kyk na al die verhoudings wat gesneuwel het…en dié wat net-net, midde affairs en baba-dramas, uithou.

Kyk nou

Die liefde oorwin (beslis nie…) alles by Binneland-kliniek
1

Kitte en Toeks Muller

Kitte en Toeks (wat die eienaar van die koffiewinkel was, lank voor dit Tonik geword het) se huwelik was ’n kortstondige affair. Kitte is dood, en Toeks is later vort na Amerika. 

2

Rian Malherbe en Stefanie Louw

Rian se huwelik met Stefanie het verbrokkel toe dit baie duidelik geword het dat sy nie regtig so lief was vir Rian nie, en sy hom by die randjie van die dood laat staan het. (Onthou nog die toneel waar hy in die hospitaalbed lê die noodknoppie wil druk? En sy dit net so buite sy bereik geskuif het?)

3

Rian Malherbe en Pippa Venter 

Rian en Pippa was smoorverlief en vir ’n geruime tyd Pretoria se golden couple. En toe, op ’n dag, kom Pippa agter dat haar man nie is wie hy voorgee nie. Dit was immers moeilik om die tekens te mis nadat hy sy eie dood gefake het… Sy het nie eers kans gekry om hom te vertel dat sy swanger is nie… Lank ná Dian se geboorte het Rian weer sy verskyning gemaak. Teen daardie tyd was Pippa reeds getroud met Kaptein Liebenberg – en dolgelukkig in Australië. 

4

Tertius Jonker en Daleen Oosthuizen

Die paartjie het ’n interessante huwelik gehad. Hulle was dolgelukkig getroud nadat Tertius gemaak het asof hy die pa van Daleen se ongebore kind (in daardie stadium) was. Kleine Nina is eintlik ’n Kostertjie – die produk van ’n one night stand tussen Daleen en Malan Koster. Maar ná ’n rukkie kon Tertius nie meer sy gevoelens vir Daleen wegsteek nie. Kort voor Nina se geboorte is hulle toe in die hospitaal getroud. Toe tref die noodlot hulle: Tertius gaan werk op ’n skip, wat dan deur terroriste oorval word. Met Tertius wat glo dood is, moes Daleen aangaan met haar lewe. Daar vind sy toe wraggies liefde met Tertius se boesemvriend, Quinton Meyer. Maar voordat daar enigiets tussen haar en Quinton kon gebeur, ontdek hulle ’n springlewendige Tertius wat in die Kongo deur die terroriste as gevangene aangehou word. Die storie het soort van ’n gelukkige einde gehad met ’n swierige vintage-tema troue. Dis nou totdat Daleen haar kop verloor het, en sy en Tertius uiteindelik uitmekaar is.

5

Quinton Meyer en René Spies

Gepraat van Quinton… Hy is verloof aan René Spies nadat hulle amper die verre Ooste ingeduiwel het op soek na avontuur. 

6

Okkie en Ilse Ferreira

Okkie Ferreira het nooit gedink hy sou weer liefde vind na die dood van sy geliefde Gertjie nie, maar toe trek hy Pretoria toe, agter sy dogter Naomi aan. En nou ja… Die oud-pastoriemoeder het Okkie se voete onder hom uitgeslaan. Hulle is nou besig om in die Vrystaat af te tree nadat Okkie in ’n hengse ongeluk betrokke was.

7

Boeta en Renate Ferreira

Boeta Ferreira en sy vrou, Renate, het al baie naby aan skei gestaan, maar deesdae is hulle baie gelukkig in Texas, waar Boeta as ’n plaasbestuurder werk en Renate maar te gretig is om so nou en dan Suid-Afrika toe te vlieg om hul dogter, Trudie, se lewe te kom uitsorteer…of om haar kop behoorlik te kom was. 

8

Franz Basson en Bea…en later Elana Bester

Ilse se dogter, Bea, het van haar tronkvoël-man Jan Gericke geskei, en liefde gevind in die arms van Binneland-kliniek se eie verstrooide professor, Franz Basson. So ’n paar jaar terug het Franz die geleentheid van ’n leeftyd gekry om in Kanada te werk en sy navorsing voort te sit, en so het hulle Suid-Afrika vir groener weivelde gegroet. Maar dit blyk dat Bea toe nog groener weivelde in Kanada gesien het, want Franz was twee jaar terug in Pretoria…op sy eie! Hy het ook onmiddellik ’n shine gevat aan die slim en sprankelende – en baie ambisieuse – Elana Bester. Maar Elana was toe reeds in ’n verhouding met Steve. Toe Franz haar vra om saam met hom na Kanada terug te keer, het sy vir Steve gekies. 

9

Elana Bester en Steve Abrahams

Elana en Steve se storie sou so ’n mooi einde gehad het, as dit nie was vir ’n fratsongeluk en sepsis nie. Elana het Steve hierdie jaar gevra om te trou, en dit nogal nie te lank nadat haar oorlede suster se kinders, Ruan en Vicky, by haar en Steve kom bly het nie. Met Elana se afsterwe het Steve wel deurgedruk met die aannemingsproses.

10
At Koster is 'n besige man in die slaapkamer...baie besig. Foto: Verskaf
At Koster is ’n besige man in die slaapkamer…baie besig. Foto: Verskaf

At Koster en Soekie/Marinda/Ingrid/Sonja/Ivanka/Jana…

At Koster is ’n man wat nie maklik op hom laat wag wanneer die skoner geslag in die omtrek is nie. Sy eerste vrou, Soekie Kellerman, is in ’n brand oorlede (en toe nie eintlik nie…) Sy tweede vrou, en Malan se ma, aan kanker oorlede is. 

At het ook ’n verhouding gehad met sy sekretaresse, Marinda, die ma van sy oorlede dogter, Roelien van Deventer. 

At was ook voorheen getroud met Stefanie se ma, Ingrid Jordaan. Dit het ook in die hek geduik toe Ingrid nie kon vrede maak met die feit dat haar man makliker in die skaduwees beweeg as in die lig nie. 

At was ook verloof aan Sonja Mostert, maar daardie verhouding het ook nie ’n kat se kans gestaan nie. 

At was ook al deurmekaar met Ivanka Gouws, ’n lewenslustige meisie wat by verre sy junior was. Daardie verhouding is beëindig toe At uiteindelik besluit het dat Ivanka nie vir die res van haar jong lewe saam met hom moet deurbring nie…

Ingrid het verlede jaar ook uiteindelik aan At beken dat hy die pa van haar seun, Ethan, is. At probeer nou om ’n band tussen hom en sy jongste seun te bewerkstellig. Hy hoop ook dat hy en Ingrid se paaie weer met mekaar sal kruis in die romantic sense of the word

En dan die belangrikste At Koster-love affair: hy het ook met Jana du Preez getrou. Maar as gevolg van ’n sameloop van omstandighede, en ’n bietjie van ’n hernude emosionele verhouding met Ivanka Gouws, het Jana ’n senu-ineenstorting gehad. En At is later van haar geskei terwyl sy nog in ’n oorsese inrigting aangesterk het…

11

Delia Richter en Malan Koster

Delia Richter en Malan Koster was vir ’n kortstondige periode getroud. Hierdie is die een skoondogter wat At net mooi nooit sou aanvaar nie; daarvoor was daar al hopeloos te veel bad blood tussen hulle. Delia en Malan is uiteindelik geskei nadat At baie seker gemaak het om ’n wig diep tussen die twee te dryf.

12

Naomi en Louis Koster

Naomi en Louis Koster is op 13 Desember 2019 getroud, en hulle is al deur baie storms. Maar hul grootste toets het pas begin as Louis uitvind sy gevriesde spermselle is per abuis vir Delia se IVF-behandeling gebruik. Hulle gaan beide hare op hul tande moet hê om hierdie wipwarit van drama en intrige te oorleef. Is hierdie huwelik, wat deur swaarkry en seer gefolter en gebou is, eintlik een van daardie magiese huwelike waarvoor ’n mens net kan hoop en bid?  

13

Steve Abrahams en Bronwyn/Annelize

Steve Abrahams het sy vrou, Bronwyn, keer op keer verneuk – en sy het hom elke keer vergewe. Onlangs het ons uitgevind dat hy selfs toe hy ’n spreekkamer in Southern Hope gehad het, met een van die narkotiseurs (Xander Stassen) se verloofde geslaap het. Steve het ook al ’n verhouding met Annelize gehad… Hy is op die ou einde van die dag van Bronwyn geskei. Hulle het ’n dogter saam, Lexi. Nie te lank terug nie het ons gesien dat Steve sy eksvrou sal ondersteun. In Januarie 2022, she returns the favour as dit nie te waffers in Steve se lewe gaan nie… 

14
Cindy Swanepoel vertolk die rol van Annelize Roux in Binnelanders.
Cindy Swanepoel vertolk die rol van Annelize Roux in Binnelanders. Foto: Verskaf

Annelize Roux en Eben/Steve/Conrad/Tertius/At/Uys/Rian/Stefan/Xander

Annelize Roux het ook vir ’n lang tyd rondgeval. In haar jong dae was sy getroud met Eben Nel. Sy het al verhoudings gehad met Steve Abrahams, Conrad Bester en Tertius Jonker, en vir Tertius soos ’n warm patat gelos toe sy die geleentheid gekry – en gegryp het – om met At Koster te trou. Hul huwelik was meer op papier as enigiets anders, en toe hulle aan die begin van die jaar geskei is, was dit ’n bitter pil vir Annelize om te sluk, juis omdat sy geweet het dat At eintlik saam met Ingrid Jordaan wou wees. Om stoom af te blaas het sy met ’n musikant ’n aaklige date gehad (sy het bietjie te veel gedrink die aand) net om aan die begin van die jaar uit te vind dat die mannetjie nooit ’n musikant was nie. Dit was Uys Wagener, wat nou ’n locum by die kliniek is. En toe het sy ’n amperse verhouding met Rian Malherbe gehad, ’n paar blits-afsprake deurgewerk met Stefan de Vries en Xander Stassen, voordat sy uiteindelik weer haar hart se pad gevind het en nou terug is in die arms van Tertius Jonker. Kom ons hoop hierdie is die liefde van haar lewe! Rian Malherbe is nou weer terug. Dit mag dalk dinge net kompliseer om nou weer nou saam met die man te werk.

15

Hugo en Julia Vos

Die gelukkigste paartjie in Binnelanders – minstens vir nou! – is sekerlik Hugo en Julia Vos. Ons het Hugo ’n jaar of wat na sy egskeiding van Julia, ’n fisioterapeut, ontmoet. Julia is toe met Naas Wessels getroud. Daardie huwelik het nie lank geduur nie, al het sy ’n seuntjie saam met Naas, Sammy. Kort na haar egskeiding van Naas is Julia met borskanker gediagnoseer, en Hugo is die een wat haar ondersteun het. Soveel so dat hulle hul verlede kon uitsorteer, die dood van hul seuntjie Marco kon verwerk, en weer liefde bymekaar kon vind. Hulle is in Desember 2020 getroud, en gaan van krag tot krag, gelukkiger as ooit. 

16

Danny Jantjies en Chanel Samuels

Danny Jantjes en Chanel Samuels is die aan-en-af paartjie by Binneland-kliniek. Danny is die paramedikus wat net nie kan wegbly van dié sexy verpleegster nie. Hulle het verlede jaar meer as een krisis ervaar. Kort nadat Chanel ’n skynswangerskap gehad het, en Danny ook haar streng pa oorgewen het, het hulle uitgemaak. Hulle het mekaar weer gevind, maar na ’n rits voorvalle waar Chanel se lewe in gevaar verkeer het (sy is onder meer deur ’n reeksmoordenaar ontvoer, en is as ’n pion gebruik deur die sluwe en manipulerende madame van die onderwêreld, Nadine), het Danny besluit dit is beter om Chanel se hart te breek om haar veilig te hou. Hy het onlangs vir haar vertel dat daar geen hoop is om hul verhouding te hervat nie, aangesien hy saam met speurder Jenna Daniels, die polisievrou saam met wie hy gewerk het om Nadine se ondergang te bewerkstellig, geslaap het… Wat totaal en al nie die waarheid is nie. Gaan dié tweetjies ooit lank genoeg van mekaar kan wegbly? Of is hierdie ’n patroon wat vir nog ’n rukkie gaan herhaal tot hul harte uiteindelik besluit wat gaan vir wat? 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies