Menu terloops
In Lysie-lysie [13 Mar 2023]

‘Diepe Waters’ se Zelda & Meghan: 5 leidrade wat jy dalk misgekyk het


Zelda en Meghan konkel toe nog die hele tyd saam om Gys tot ’n val te bring in die kykNET-sepie ‘Diepe Waters’. Hier is vyf leidrade wat net die beste sepie-speurders op die spoor van dié twee se onderduimsheid kon plaas.

Kyk nou

‘Diepe Waters’ se Zelda & Meghan: 5 leidrade wat jy dalk misgekyk het
Kyk lokprent

Daar is sedert dag een van Diepe Waters ’n paar tergende vrae wat kykers laat kopkrap. Wat is, byvoorbeeld, Zelda (Sandi Schultz) se agenda met Gys (Justin Strydom)? Is die pragtige, jonge Meghan (Lea Vivier) werklik lief vir (veel ouer) Gys? En wat het Gys destyds gedoen toe Anja swanger was?

Kykers weet nou uiteindelik dat Meghan en Zelda nog die heeltyd partners in crime is. Dié  twee werk al ’n geruime tyd saam om Gys se beeld van binne te skend – ’n properse inside job. Met die terugkyk voel dié openbaring amper té obvious, en ja, die skrywers het ’n paar krummels hier en daar laat val. Net die beste sepie-speurders sou egter dié spoor kon volg, so hier is vyf leidrade wat jy dalk gemis het.

1

Zelda kuier by Meghan ná haar ongeluk

In episode 17, het Zelda onverwags by die Swarts-huis opgedaag om te kom kyk of Meghan ná haar ongeluk okei is. Sy het ook vir Meghan ’n geskenkpakkie gebring, maar Meghan moes saamspeel indien iemand hulle kon hoor of sien. En net daar loop Gys in en is briesend toe hy vir Zelda sien!

Zelda gebruik toe dié geleentheid om vir hom voor Meghan ’n tafel by haar fondsinsameling aan te bied. Gys het teen dié tyd geweet hy is in die moeilikheid met geld, maar hy is ’n trotse man en gaan verseker nie voor Meghan, en nog minder Zelda, ingee nie. Hy het die aanbod aanvaar en reeds daar het die moeilikheid met sy geldsake begin.

Diepe Waters Zelda Sandi Schultz
Sandi Schultz as Zelda in Diepe Waters. Foto: Skermgreep
2

Meghan bring vir Zelda ’n bos blomme ná haar ineenstorting by die Swarts-huis

In episode 30, stort Zelda by Gys se huis voor Jacques ineen. Zelda wou dít ’n geheim hou, maar haar ineenstorting het die rondte gedoen en by Meghan uitgekom. Meghan besluit toe om vir Zelda ’n bos blomme na haar salon te neem. Dié tweetjies het toe ’n lang gesprek voor Pam oor motors gehad – eintlik maar net code vir hul plannetjies!

3

Meghan stuur vir Zelda ’n stemnota

In episode 49, probeer Meghan vir Bybie oorreed om nie vir Gys te help met sy plan om by Braam befondsing vir sy nuwe projek te kry nie. Bybie verstaan glad nie hoekom Meghan nie wil hê sy moet haar man help nie. Direk ná Meghan en Bybie se gesprek stuur Meghan ’n stemnota vir iemand. En wie is daai iemand? Dit was natuurlik vir Zelda om haar te laat weet dat Bybie nou hul plan ’n bietjie omvergegooi het.

4

Gys en Zelda is in kompetisie by die fondsinsameling

In episode 76, het Meghan ’n fondsinsameling vir die swemklub by Die Swart Marlyne gehou. Zelda was die gelukkige wenner van ’n loslooitjie-trekking, maar sy kondig toe voor almal aan sy wil graag haar prys opgee en ’n weddenskap daarop sit. Sy sit net daar vir Gys op die spot en hy stem in. Zelda begin die weddenskap met R5000 en vra voor almal of Gys die prys gaan opstoot. Meghan probeer hom aanraai om dit nie te doen nie en sy het geweet hy gaan die teenoorgestelde doen en die prys opstoot. Zelda en Gys is toe omtrent besig om onder mekaar se vel in te klim, maar eindelik wen Zelda die weddenskap en Gys is verneder. Aan die einde van dié toneel kyk Zelda regs en glimlag. En na wie kyk sy? Meghan natuurlik. En dié lyk heel ingenome!

Lea Vivier Diepe Waters Meghan
Lea Vivier as Meghan in Diepe Waters. Foto: Skermgreep
5

Zelda en Meghan gaan oor hul plan en vier hul vordering

In episode 90, kon kykers vir die eerste keer sien wat Zelda en Meghan van die begin af beplan. Meghan het destyds vir Zelda laat weet sy het ’n man met die naam Gys Swarts ontmoet. Net daar het Zelda met haar skelm plannetjies begin en Meghan het saamgespeel.


Kyk Diepe Waters om 18:30 elke Maandag tot Donderdag op kykNET, DStv-kanaal 144 of DStv Online. Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar en het Engelse onderskrifte

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies