Menu terloops
In Wat om te kyk [6 Apr 2022]

Kyk nou: Lokprent wys Kupido se pyl vlieg herwaarts en derwaarts in ‘Troukoors S2’


‘Troukoors’ se tweede seisoen is op pad – en Kupido was beslis nie ledig nie!

Kyk solank S1 van Troukoors

Kyk nou: Lokprent wys Kupido se pyl vlieg herwaarts en derwaarts in ‘Troukoors S2’
Kyk lokprent

’n Lokprent vir die tweede seisoen van die Showmax-romkom Troukoors is pas vrygestel in afwagting van die nuwe seisoen se première op 5 Mei. Al 14 episodes sal dan beskikbaar wees. 

Troukoors is deur die kreatiewe duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films geskep, met Nina Swart as regisseur. Onder Louis en Albert se gewildste reekse tel Die Boekklub en Fynskrif.

Die eerste seisoen van die reeks is in Desember 2021 vrygestel. Dis net ’n kortkop agter Sex in Afrikaans en Devilsdorp wat eerste-dag-kyksyfers vir ’n Afrikaanse titel op Showmax betref. 

Troukoors draai om drie beste vriendinne se liefdes-malemeule: Jessica (Ilse-Lee van Niekerk), ’n trouebeplanner, haar suster Luca (Blyde Smit), ’n sagteware-ontwikkelaar, en Abi (Bianca Flanders), ’n professionele bakker. 

Ná afloop van die eerste seisoen probeer Luca haar langafstandverhouding met Stefan (Evan Hengst) aan die gang hou, terwyl Jessica en lipafleklekker-sjef, Liam (Christiaan Schoombie) steeds soos duifies koer. Abi is, glo dit of nie, op ’n seks-vas. 

Troukoors S2 op Showmax
Blyde Smit as Luca, Bianca Flanders as Abi, en Ilse-Lee van Niekerk as Jessica in Troukoors. Foto: Showmax

Versoeking wag…

In die lokprent ontmoet ons ’n videospeletjie-ontwerper (David Viviers, Tali’s Baby Diary) wat saam met Luca werk om Stefan se boek in ’n speletjie te omskep, terwyl ’n Wiskunde-tutor (Silwerskermfees-wenner, Marlo Minnaar) Abi se oog vang… Edwin van der Walt se karakter speel ook hierdie seisoen ’n groter rol in Jessica se lewe.   

Daar is natuurlik ook troues om te beplan. Onder dié is Abi se pa, Karel (Kevin Smith) en Nathan (Melt Sieberhagen) se feesvieringe. Maar daar is nog ’n (geheime) knoop wat deurgehak gaan word… Wie is die gelukkige paartjie?

Louis vertel oor die reeks se ontstaan: “Ons het besluit om ’n ligte en prettige reeks te skep wat oor hedendaagse romanse gaan. Maar Troukoors het tot soveel méér as dit gegroei. Dit het ook ’n viering van vriendskap en gekose families geword. Ons almal kort meer as een mens om ons harte vol te maak. Ons het elkeen ons eie klein gemeenskap nodig om die persoon te word wat ons bedoel is om te wees.”

Binge die tweede seisoen vanaf Donderdag, 5 Mei op Showmax. Intussen kan jy solank met seisoen een opvang.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies