Menu terloops

Devilsdorp

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Okt 2021]


Devilsdorp is Showmax se eerste oorspronklike ware misdaaddrama.

Kyk nou

Devilsdorp
Kyk lokprent

Devilsdorp, Showmax se eerste oorspronklike ware misdaaddrama, is ’n angswekkende blik op die invloed – en gevaar – van charismatiese leiers.

Dit speel tussen 2008 en 2019 in Krugersdorp af en draai om ’n kultusleier, Cecilia Steyn, wat as ’n meester-manipuleerder haar volgelinge oortuig het om namens haar 11 mense te vermoor. Christenskap en satanisme word teen mekaar afgespeel, en ons ontmoet die familielede wat ná hul geliefdes se moorde deur Steyn se kultusgroep, Electus per Deus (Uitverkies deur God), sukkel tot verhaal te kom.

Jana Marx, ’n Netwerk24-joernalis en die skrywer van The Krugersdorp Cult Killings: Inside Cecilia Steyn’s Reign of Terror, dien as die reeks se verteller.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies