Menu terloops

Devilsdorp

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Okt 2021]


Devilsdorp is Showmax se eerste oorspronklike ware misdaaddrama.

Kyk nou

Devilsdorp
Kyk lokprent

Devilsdorp, Showmax se eerste oorspronklike ware misdaaddrama, is ’n angswekkende blik op die invloed – en gevaar – van charismatiese leiers.

Dit speel tussen 2008 en 2019 in Krugersdorp af en draai om ’n kultusleier, Cecilia Steyn, wat as ’n meester-manipuleerder haar volgelinge oortuig het om namens haar 11 mense te vermoor. Christenskap en satanisme word teen mekaar afgespeel, en ons ontmoet die familielede wat ná hul geliefdes se moorde deur Steyn se kultusgroep, Electus per Deus (Uitverkies deur God), sukkel tot verhaal te kom.

Jana Marx, ’n Netwerk24-joernalis en die skrywer van The Krugersdorp Cult Killings: Inside Cecilia Steyn’s Reign of Terror, dien as die reeks se verteller.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies