Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Sep 2021]

Slot S1


‘n Briljante psigiater ontwikkel ’n dwelm wat pasiënte se onderbewussyn kan binnedring in die rillerreeks van kykNET.

Kyk nou

Slot S1
Kyk lokprent

Silwerskerm-wenner Rolanda Marais (Trackers, Poppie Nongena) vertolk die hoofrol in die rillerreeks, Slot, as ’n briljante, gesiene psigiater wat ’n dwelm ontwikkel om pasiënte se onderbewussyn binne te dring. Die doel? Om sodoende “toegang” tot hul onderliggende trauma te kry en genesing te vind. Die dwelm is egter onwettig en wend sy haar tot geheime wegbreek-terapiesessies om dit toe te dien. Sy kon egter nie voorspel hoe ’n vier dae lange wegbreek haar lewe, asook die lewens van haar drie pasiënte, onherroeplik sou verander nie.

“Slot is ‘n opwindende riller,” sê SAFTA-bekroonde regisseur Jozua Malherbe (Griekwastad). “Die reeks van vyf episodes maak uiteindelik ’n vollengte film van 125 minute uit – elke episode maak deel uit van ‘n groter verhaal – ’n legkaart wat kykers uiteindelik bymekaar kan pas.”

Die rolverdeling sluit in Brendon Daniels (Showmax Original-reeks Skemerdans), Albert Pretorius (Die Seemeeu) en Trudy van Rooy (Die Byl).

Kyk die reeks op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies