Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Sep 2021]

Slot S1


‘n Briljante psigiater ontwikkel ’n dwelm wat pasiënte se onderbewussyn kan binnedring in die rillerreeks van kykNET.

Kyk nou

Slot S1
Kyk lokprent

Silwerskerm-wenner Rolanda Marais (Trackers, Poppie Nongena) vertolk die hoofrol in die rillerreeks, Slot, as ’n briljante, gesiene psigiater wat ’n dwelm ontwikkel om pasiënte se onderbewussyn binne te dring. Die doel? Om sodoende “toegang” tot hul onderliggende trauma te kry en genesing te vind. Die dwelm is egter onwettig en wend sy haar tot geheime wegbreek-terapiesessies om dit toe te dien. Sy kon egter nie voorspel hoe ’n vier dae lange wegbreek haar lewe, asook die lewens van haar drie pasiënte, onherroeplik sou verander nie.

“Slot is ‘n opwindende riller,” sê SAFTA-bekroonde regisseur Jozua Malherbe (Griekwastad). “Die reeks van vyf episodes maak uiteindelik ’n vollengte film van 125 minute uit – elke episode maak deel uit van ‘n groter verhaal – ’n legkaart wat kykers uiteindelik bymekaar kan pas.”

Die rolverdeling sluit in Brendon Daniels (Showmax Original-reeks Skemerdans), Albert Pretorius (Die Seemeeu) en Trudy van Rooy (Die Byl).

Kyk die reeks op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies