Menu terloops
In Lysie-lysie [11 Mei 2023]

Wie’s wie in ‘Dinge van ʼn kind’ op Showmax


Die opwindende TV-verwerking van Marita van der Vyver se roman ‘Dinge van ʼn kind’ stroom nou op Showmax. Hiér vertel ons jou meer oor die verhaal se karakters en die akteurs wat dié rolle vertolk.

Deur Riëtte van der Wat
Wie’s wie in ‘Dinge van ʼn kind’ op Showmax
Kyk lokprent

Die opwindende TV-verwerking van Marita van der Vyver se roman Dinge van ʼn kind is nou op Showmax beskikbaar en hoewel die reeks getrou bly aan die bronmateriaal, gee nuut-verbeelde storielyne hedendaagse diepte aan ʼn verhaal wat na byna 30 jaar steeds relevant is.

Die regisseurs van die reeks is Quentin Krog, Zandré Coetzer en Tinarie van Wyk-Loots. Elanie Rupping en Henriëtta Gryffenberg was vir die draaiboek verantwoordelik.

Riëtte van der Wat het onderhoude met van die hoofspelers van die rolverdeling gedoen en ons het als in dié artikel saamgetrek.

1

Melissa Myburgh as Mart as tienermeisie in die 70s

Melissa Myburgh oor hoofrol: ‘Die boek was my bybel’

Dinge van 'n kind Melissa Myburgh
2

Cintaine Schutte as Mart in haar vroeë dertigs

Cintaine Schutte oor haar lang pad met Mart

Cintaine Schutte
3
4
5
6

Kim Syster as Janine

‘Nuwe’ hoofstuk is integrale deel van TV-verwerking, sê aktrise Kim Syster

Kim Syster

Die res van die rolverdeling sluit in:

  • Augusta Zietsman
  • Jana Kruger
  • André Weideman
  • Andahr Cotton
  • Wilhelm van der Walt
  • Méla Swanepoel
  • Wesley Smit
  • Ben Albertyn
  • Deànré Reiners
  • André Roothman
  • Zenobia Kloppers
  • Quanita Adams
  • Stian Bam
  • Amalia Uys
  • Lizz Meiring
  • Martelize Kolver
  • Sandra Vaughn

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies