Menu terloops
In Lysie-lysie [10 Mei 2024]

5 vrae aan ‘Diepe Waters’ se nuwe ‘mevrou dominee’, Roeline Daneel


Daar’s ’n nuwe predikantsvrou wat op Sanet se senuwees kom werk in ‘Diepe Waters’ – Roeline Daneel vertolk dié ‘mevrou dominee’, Ria, met ywer. Sy vertel meer.

5 vrae aan ‘Diepe Waters’ se nuwe ‘mevrou dominee’, Roeline Daneel

Roeline Daneel, bekend vir haar rolle in FraksieBinnelanders en Fynskrif en die wenner van die beste aktrise in ’n kortfilm vir As by verlede jaar se Silwerskermfees, maak ’n draai in Diepe Waters waarin sy die rol van die preutse predikantsvrou Ria speel.

Gemeentes se dalende getalle is ’n kwessie waarmee verskeie kerke sit, en dís dan nou ook hoekom Sanet (Nadia Valvekens) en haar predikant-verloofde Ben (Eric Bouwer) se gemeente, Boskruin, met dié van ’n buurgemeente, Môreson, moet saamsmelt. Sanet, wat baie gretig is om die rol van “mevrou dominee” vol te staan, besef egter gou dat Môreson se predikantsvrou nie sommer haar rol gaan opgee nie.

1

Roeline, vertel ons meer van jou karakter.

“Ria se man, Izak, gespeel deur Francois Coetzee, is die predikant by Môreson. Ria en Sanet se paaie kruis wanneer hulle beide moet veg vir die voortbestaan van hul onderskeie gemeentes en die loopbane van die mans in hulle lewens.

“Ria kom as redelik hardvogtig en koud voor, maar agter die skanse skuil ’n vrou en ma wat lief is vir haar naastes en ’n paar geheime van haar eie het.”

Roeline Daneel, Diepe Waters
Roeline Daneel as Ria en Francois Coetzee as Izak, die nuwe predikantspaar in Diepe Waters. Foto: Verskaf
2

Wat het jy die meeste daarvan geniet om “mevrou dominee” te speel?

“Ek is mal oor die rol! Ek het my doodgelag vir die oorlog tussen Ria en Sanet en die vieslike goed wat hulle mekaar toesnou terwyl hulle met teekoppies in die hand sit.

“Alles omtrent Ria is effens in die oortreffende trap. So, ek kon my teateragtergrond lekker gebuik om haar in te kleur.”

3

Jy en Nadia het al in ’n radiodrama teenoor mekaar gespeel. Is hierdie jul eerste keer saam voor die kameras?

“Dis die eerste keer wat ek en Nadia op ’n TV-stel ontmoet, ja. Dit was so ’n voorreg om teenoor so ’n professionele aktrise te speel. Sy het hárd gewerk in die tyd wat ek daar was en het nooit ’n haar of ’n woord uit plek gehad nie. Mens kan sien sy is TV-fiks! Ons het tussen tonele ook vreeslik lekker gelag en gesels.”

Alles omtrent Ria is effens in die oortreffende trap.

Roeline Daneel
4

Pak jy ’n rol anders aan as dit ’n dramareeks, fliek, sepie of telenovela is?

“Nie regtig nie. Mens berei so deeglik moontlik voor, probeer die karakter so goed moontlik verstaan, en aan die einde hoop jy dit kom oor. Daar is natuurlik stilistiese verskille tussen die verskeie genres, maar die kern bly dieselfde.”

5

Wat is jou planne vir die res van die jaar?

“Ek vind nog my voete ná die geboorte van my tweede kind, Jan, einde verlede jaar. [Roeline en haar man, Werner Lotz, is ook ouers van die vierjarige Alexa.] Ek het al ’n paar klein TV- en filmrolle gehad en werk tans aan ’n radiodrama.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies