Menu terloops
In Sepies [27 Apr 2024]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Mei 2024


Annetjie kom in die moeilikheid, emosies loop hoog tussen Tertius, Tracy en Conrad, en ’n aanval in Mimi’s ontsenu almal – dít en nog meer is waarna ‘Binnelanders’-kykers in Mei kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Mei 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Woensdag, 1 Mei

Jonas dink sy plan is besig om te werk, Nicolette vries tydens ’n operasie, en Tertius is bereid om enigiets te doen om Tracy te help. Annetjie se voorlegging is ’n sukses, maar iemand het reeds die “ander” weergawe gesien.

Donderdag, 2 Mei

Rian ontdek ’n leidraad wat hulle moontlik na Jonas kan lei, Steve weet nie of hy vir Nicolette kan vertrou as Vicky in die ongevalle-eenheid beland nie, en Annetjie se drome begin realiseer.

Vrydag, 3 Mei

Steve weet nie wat om oor Vicky se situasie te doen nie, Tertius vrees die ergste vir Tracy, en Annetjie laai nog ’n storie op haar nuwe blog.  

Maandag, 6 Mei

Iemand daag in ’n kritieke toestand by Binneland op, en Steve voel hy het te veel druk op Nicolette geplaas. Liefde én vennote se gewildheid begin groei.   

Dinsdag, 7 Mei

Tracy en Leah word uiteindelik herenig. Nicolette onderskep iets baie waardevol by iemand uit haar verlede. Anje Staal se verhale bereik groot hoogtes. 

Woensdag, 8 Mei

Bonnie vang Annetjie uit, en Annetjie smeek haar om haar identiteit ’n geheim te hou. Febé is bekommerd oor wat sy gesien het, maar Nicolette verduidelik wat sy gevat het. 

Donderdag, 9 Mei

Conrad is ontevrede met Tracy se besluit en probeer om haar daarvan te laat afsien. Vicky wil die verlore goedere se eienaars opspoor; en Annetjie vind haar inspirasie by At.

Binnelanders, sepiegids, kyknet
Gaan Annetjie se skryfdroom tot haar ondergang lei? Foto: Skermgreep

Vrydag, 10 Mei

Tertius is emosioneel en verward oor Tracy se besluit. Annetjie se jongste storie op haar L&V-blog kan dalk tot haar ondergang ly. Andrew word ontslaan, maar daar is ’n kinkel in die kabel.    

Maandag, 13 Mei               

Andrew bieg oor ’n tweede diamant. Annetjie word oor die kole gehaal, en Tracy nooi Tertius vir ’n kuier. 

Dinsdag, 14 Mei

Bonnie moedig Annetjie aan om steeds haar skryfdroom na te volg. Karen ontdek iets wanneer sy en Vicky dink hulle het die bril se eienaar opgespoor. Tertius neem namens Tracy ’n besluit.       

Woensdag, 15 Mei

Tertius het genoeg gehad, en Liam is ontsteld omdat ’n projek te lank vat. Karen toets die diamant om te sien of dit eg is.  

Donderdag, 16 Mei

Chris soek vir Karen, en Vicky steel die brilkassie terug. Leah raak al sieker en moet opgeneem word. Tracy is in ’n toestand en Tertius sien hoe Conrad haar troos. 

Vrydag, 17 Mei

Liam se passie dryf hom tot aksie. Vicky se goeie dade neem ’n nuwe wending, en Steve vertrou nie die vrede nie. Leah se siekte bring Tracy en Conrad nader aanmekaar. 

Maandag, 20 Mei

Karen is desperaat om van die diamant ontslae te raak; Liam beraam planne om sy projek vinniger op die been te bring; en Conrad probeer Tracy om verskoning vra.

Dinsdag, 21 Mei

Tracy is in tweestryd oor Conrad en Tertius. Iemand word in Mimi’s aangeval, en Steve, Nicolette en Andrew kom tot die redding.     

Woensdag, 22 Mei

Nicolette word gedwing om haar vrese te oorwin, Liam neem ’n besluit wat almal verras. Conrad deel ontstellende nuus met Tertius. 

Donderdag, 23 Mei

Nicolette pleit vir haar loopbaan, Louis gee Naomi slapelose nagte, en Tracy trek sak en pak by iemand in.

Vrydag, 24 Mei  

Naomi wil graag vir Brenda sien. Tracy se vriende kom kuier, en Nicolette bieg teenoor Ciska. 

Maandag, 27 Mei

Louis vermoed Brenda is terug by Mimi’s om haar kind te help, Tracy se eerste dag by Tonik, weg van Leah, is moeilik. Nicolette kry ’n skriftelike waarskuwing vir onprofessionele optrede.

Dinsdag, 28 Mei

Tertius sien op na ’n gholfdag, en Brenda neem Sam vir ’n konsultasie by Steve; en Louis ontdek Naomi se geheim.

Woensdag, 29 Mei

Ciska let vreemde gedrag by Brenda op, en Louis is oorgehaal om ’n oplossing vir sy penarie te vind. Tracy probeer Conrad oorreed dat sy aanbeweeg het met haar lewe. 

Donderdag, 30 Mei

Louis sukkel om sy probleem op te los, Nicolette probeer Brenda oorreed dat klein Sam mediese hulp nodig het, en Conrad besluit om die regte ding te doen.

Vrydag, 31 Mei

Conrad plaas dinge in perspektief vir Tracy, maar dan sê Uys iets wat haar laat twyfel. Naomi besef kantoorwerk is nie vir haar nie, en Karen gaan oorboord. 


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van die reeks is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies