Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Okt 2024]

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024


Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Stroom 'Wyfie' aanlyn

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Wyfie oor ʼn groep universiteitsvriendinne, speel af by die Pantera-koshuis van die denkbeeldige Eike-universiteit.

Die tweede aflewering van Wyfie word tans op Showmax vrygestel. Daar is elke Dinsdag twee nuwe episodes beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié universiteitsdrama kan verwag.

Dinsdag, 1 Oktober 

Reëls moet gebreek word 

Amanda bedien vir Maggie ’n drankie en besef sy is die perfekte pasmaat vir Shay. Delmari en Kyla gaan proe wyn, maar dinge loop skeef.

Wie gee om oor omgee 

Shay besef dat daar ’n versteekte rede is agter Amanda se skielike begeerte om hul vriendskap te beklemtoon.

Dinsdag, 8 Oktober 

Twee

Maggie en Shay nooi hul naaste vriende om hul eerste ete as ’n paartjie te vier. Met groot persoonlikhede en geheime wat na die oppervlak borrel, sal die aand ’n sukses wees?

Wyfie S2
Shay (Beáta Bena Green) en Maggie (Cintaine Schutte) vier hul eerste ete as ’n paartjie. Foto: Verskaf

Dag in die lewe van 

Maggie word per ongeluk in Die Grot wakker en kry ’n kykie in die lewe van ’n student wanneer sy saam met Amanda dagdronk raak.

Dinsdag, 15 Oktober 

Alexa, Grow the #%$@ uo

Om met ‘n ouer vrou uit te gaan terwyl jy nog ’n student is, het baie voordele. Shay begin wonder of studentelewe nog vir haar is. 

Nothing breaks like a heart 

Die spanning loop hoog wanneer Kyla met Delmari opbreek, en Delmari haar met selfdood dreig.

Dinsdag, 22 Oktober 

Bus is vol 

Mia eindig alleen op in ’n bus vol studente wat op pad is na Intervarsity. Gelukkig hou Simeon haar geselskap en André raak verlief op die Otters se koshuisdogter.

Domestic as fu*k

Jocelyn en Delmari neem wraak op Kyla. Amanda raak ’n derde wiel in Simeon en Mia se weddenskap. Shay besef Maggie vorm haar onbewustelik in die perfekte huisvrou. 

Dinsdag, 29 Oktober 

Keuses

Kyla kom voor een van die grootse keuses van haar lewe te staan. Amanda bespreek Simeon met Daniel en Shay sukkel om te aanvaar dat Maggie haar as ’n gelyke sien.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies