Menu terloops
In Wat om te kyk [15 Jan 2024]

Wat om te kyk dié week: Byl en Reyka terug op bose se spoor


Wat om te kyk: Moordenaarjagters is weer terug op hul pos in die plaaslike reekse ‘Die Byl’ en ‘Reyka’; en die stinkrykes van ‘The Gilded Age’ keer terug vir ’n tweede seisoen. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Wat om te kyk dié week: Byl en Reyka terug op bose se spoor

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 15 tot 21 Januarie 2024. 

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Die Byl S5

Vanaf Dinsdag, 16 Januarie 2024, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar.

Ons gunsteling-speurder is terug op sy pos in die vyfde seisoen van Die Byl. Waldemar Schultz hou vol met sy geïnspireerde vertolking van Piet van der Bijl, wat steeds genadeloos jag maak op die land se boosaardigste reeksmoordenaars.

Byl se spanmaats en steunpilare – Juan (Marvin-Lee Beukes), Nicki (Milan Murray) en Lena (Lika Berning) – is steeds aan sy sy, maar daar is ook nuwe sleutelkarakters wat tot die storie toetree. Die sluipskutter Jo Verwey (Amalia Uys) konsulteer nou as wapendeskundige, terwyl kapt. William Miller (Tyrone Keogh) die span se nuwe profiler is. Dr. Anton Fourie (Marcel van Heerden) is die nuwe patoloog wat by die span aansluit.

Weeklikse episodes op Maandae om 20:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101).

Soos Glamour se resensie dit stel: “The Gilded Age is soos Downton Abbey – net beter.”

Die eerste seisoen se vertelling begin in 1882 as ’n jong Marian Brook (Louisa Jacobson) ná die dood van haar pa van die plattelandse Pennsylvania na Manhattan verhuis. Sy trek in by haar tantes Agnes van Rhijn (Christine Baranski van The Good Fight) en Ada Brook (Cynthia Nixon van Sex and the City). Jip, dis ’n powerhouse rolverdeling!

Maar dan raak Marian per ongeluk gewikkel in ’n sosiale oorlog tussen haar tantes en hul nuwe, baie ryk bure, ’n meedoënlose spoorwegmagnaat George Russell (Morgan Spector, Homeland) en sy ambisieuse vrou, Bertha (Carrie Coon van Fargo).

Die reeks se tweede seisoen het ’n punt van 93% op Rotten Tomatoes en word wyd beskou as een van 2023 se beste TV-reekse met veral Nixon en Baranski wat met uithalerspel die kyker betower. Daarmee saam is die skryfwerk heerlik melodramaties, met die skepper Julian Fellowes (ook die man agter Downton Abbey) wat ’n spesiale tipe grandeur in elke episode vestig.

Lees ook André-Pierre du Plessis se resensie van die eerste seisoen.

Reyka S2 

Weeklikse episodes op Donderdae om 20:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101).

In die tweede seisoen van die plaaslike misdaaddrama is die briljante profiler Reyka Gama (Kim Engelbrecht) op die spoor van ’n moordenaar wat paartjies by ’n uitkykpunt langs die kus teiken. Intussen spook haar verlede steeds by haar. Angus Speelman (Iain Glen, Game of Thrones), die Skotse boer wat haar as jong kind ontvoer het, is nou in ’n instelling vir seksoortreders. Reyka sukkel egter steeds om tot verhaal te kom en haar trauma te verwerk. 

LOL: Last One Laughing Ireland S1

Vanaf 19 Januarie 2024 beskikbaar op Prime Video. 

As jy ’n aanhanger van The Graham Norton Show is, sal jy dié een ook geniet, danksy aanbieder Graham Norton se heerlike en lawwe humorsin. In dié reeks, kom tien van Ierland se bekendste komediante byeen om mekaar te laat lag. Die kinkel? Almal probeer om hul lag solank as moontlik te hou, want die een wat laaste begin lag, wen geld vir liefdadigheid. 

Klink makliker gesê as gedaan: hoe lank kan jy immers uithou as iemand jou begin kielie?

Reeds beskikbaar om te stroom:

Role Play, Prime Video
Good Grief, Netflix
Time S2, weeklikse episodes op Vrydae om 21:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101).
Call me Cat S3, weeklikse episodes op Vrydae om 18:30 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101).
Criminal Record, Apple TV
James May: Our Man in India S3, Prime Video
Foe, Prime Video
Fool Me Once,  Netflix
You Are What You Eat: A Twin Experiment, Netflix
Bitconned, Netflix
The Brothers Sun
, Netflix
Society of the Snow, Netflix
Gyeongseong Creature Part 2, Netflix
The Trust: A Game of Greed, Netflix
Break Point: S2, Netflix
Boy Swallows Universe
, Netflix
Champion, Netflix
Sonic Prime Chapter 3, Netflix
Love is Blind: Sweden
, Netflix
Lift, Netflix

Ook nuut vanaf vandeesweek:

Vanaf 15 Januarie 2024:

maboroshi, Netflix

Vanaf 17 Januarie 2024:

End of the Line, Netflix

Vanaf 18 Januarie 2024:

Rachid Badouri: Les fleurs du tapis, Netflix

Vanaf 19 Januarie 2024:

Hazbin Hotel S1, Prime Video
Love on the Spectrum U.S. S2
, Netflix
Soon Comes Night,  Netflix
Sixty Minutes, Netflix
Mi soledad tiene alas, Netflix

Vanaf 20 Januarie 2024:

Captivating the King, Netflix

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies