Menu terloops
In Onderhoude [10 Aug 2022]

Tiaan Slabbert ná ‘Spoorloos’-rol: Nou mik ek nét hoog


Tiaan Slabbert vertolk die rol van Phillip Naudé in die kykNET-dramareeks ‘Spoorloos: Die eiland’.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kyk nou

Tiaan Slabbert ná ‘Spoorloos’-rol: Nou mik ek nét hoog
Kyk lokprent

Die akteur Tiaan Slabbert se eerste liefde is die verhoog en hy is al met ’n Naledi-toekenning vir sy spel in Porselein vereer. Deesdae is hy ook ’n bekende gesig op die skerm en was al te sien in die kykNET-sepie Getroud met Rugby, die dramareeks KnapseKêrels en storiefilms soos KanselOngepoets (op Showmax beskikbaar) en Boetie ontmoet ’n alien.

Hy vertolk tans die rol van Phillip Naudé in die kykNET-dramareeks Spoorloos: Die eiland. Phillip is Stefan (Bobby Van Jaarsveld) se beste vriend en ná Stefan se lewe in chaos gedompel word, is Phillip sy steunpilaar en een van die min mense wat nog in sy onskuld glo.

Vriendskap is ’n baie belangrike tema hierdie seisoen. Jou karakter Phillip en Stefan is beste vriende, maar sover weet ons nog nie of Phillip teen, of saam met, Stefan gaan werk nie. Beskryf Phillip as ’n vriend en Tiaan as ’n vriend?

Phillip is regtig ’n goeie vriend. Hy en Stefan kom al lank saam, maar soos in die regte lewe is dit die mense wat jy die beste ken, wat jou die seerste maak. Phillip lewe in Stefan se skaduwee en voel hy word nie raakgesien nie. Dit is waar ek en hy verskil. Ek en my vriende kom ook al lank saam, maar ons elkeen skyn op ons eie manier. Niemand lewe in iemand anders se skaduwee nie. Ek is baie spontaan en kan soms ’n hippie wees, terwyl Phillip glad nie avontuurlustig is nie. Phillip is wit en swart. Waar ons wel baie dieselfde is, is as dit by druk kom. Ons cope nie maklik onder druk nie en raak vinnig angstig.

Jy het baie skermtyd met Bobby. Hoe het julle so vinnig ’n oortuigende vriendskapband gebou of het julle mekaar vooraf geken?

Ons het mekaar op stel ontmoet, maar hy is regtig ’n people’s person en ons het onmiddellik gekliek. Dit is altyd uitdagend om in ’n kort tyd ’n goeie band tussen karakters te bou, maar dit is baie belangrik en dra by tot die egtheid van ’n karakter en hoe geloofwaardig die tonele vir kykers gaan wees. Ons het baie met mekaar gesels en baie vrae gevra. Ons albei woon baie kunstefeeste by en dit is nog iets waaroor ons ge-bond het. Hy het kom aanklop vir raad (oor toneelspeel) en ek kon toe tips deel oor dinge wat ek al oor die jare geleer het. Ons het mekaar gemaklik laat voel en dit het bygedra tot die band wat kykers tussen dié twee sien. Teen die einde was ons regte koffie-en-kunste-buddies.

Soos met vorige seisoene is die rolverdeling sterk. Hoe het jy gereageer toe jy uitvind wie saam met jou gaan werk?

My eerste reaksie was, “WOW! What a cast!” Ek speel nou met die groot name. Maar ek was seker die meeste geïntimideerd deur Ilse Klink en Brendon Daniels. Eintlik almal, maar ek is regtig ’n groot fan van Ilse en Brendon, omdat hulle ook ’n teateragtergrond het. Dit was die grootste eer om voor hulle te staan, dit het gevoel asof my hele lyf bewe en ek suikerwater nodig het. Hulle het ook die teaterpad gestap, maar is ongelooflike akteurs op die skerm. As hulle dít kan regkry, kan ek ook. Teater voel soos huis, maar TV is my droom. In my huis sal ek bly, maar my droom sal ek droom en hulle laat my voel asof the best of both worlds moontlik is.

Wat het jou van die regisseurs, Christo Davids en Francois Coetzee, se werkstyl verbaas?

Die omvang waarmee ons kon speel! Baie regisseurs en skrywers laat jou nie toe om goed te verander nie, maar hulle het ons toegelaat om die karakter ons eie te maak. As ek gevoel het ’n ander woord sou meer gemaklik en outentiek by Phillip pas, het hulle dit verander. Hulle het regtig na ons met respek geluister. Dit laat jou as akteur meer gemaklik voel en gee jou ook meer selfvertroue. Al is dit net een of twee woorde wat jy verander, speel jy daardie karakter meer natuurlik en probeer jy nie nét woorde onthou nie.

Jy het onlangs 30 geword en besit ook nou jou eie opvoedkundige kinderteatermaatskappy, What Walrus?, wat teater produksies by skole aanbied. Wat is die grootste les wat jou 20’s vir jou geleer het?

Ek sal altyd jonk en vol energie bly, maar ek voel 30 is wanneer jy jou grootmensskoene aantrek en jou eie werk begin skep. Dit is wat ek met What Walrus? gedoen het. Dit laat my toe om my passie uit te leef en teater met ander te deel, maar dit is ook ’n maandelikse inkomste. Ek het altyd vir myself gesê aim low and avoid disappointment. Ek het regtig gesukkel met oudisies, ek het altyd te oud gelyk vir die jongmens-rolle, maar nou het dit verander. Dit is hoekom ek so bly was vir die rol in Spoorloos want ek en Phillip het so maklik gepas, al het ek oorspronklik vir Stefan en Lukas oudisies gedoen. Ek wou altyd myself teen teleurstelling beskerm, maar nou het ek baie meer selfvertroue en mik ek net hoog. Ek glo you can never be overdressed or overeducated.

Hoekom moet mense Spoorloos: Die eiland kyk?

As Spoorloos 1, 2, en 3 (nou op Showmax) jou gevang het, is dit rede genoeg, want 4 sal jy ook wil kyk. Dit is soos ’n lucky packet: jy weet nie wat jy gaan kry nie, maar jy raak opgewonde. Spoorloos laat kykers voel asof hulle self die regisseurs en skrywers word, want soos die storie uitspeel, raai hulle al self hoe dinge gaan eindig. Dit is net lekker!

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies