Menu terloops

Getroud met Rugby: Die Sepie S1-6

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 28 Sep 2021]


Getroud met Rugby gaan oor veel meer as 80 minute se lynstane en losgemale op die veld. Kyk al ses seisoene nou op Showmax.

Kyk nou

Getroud met Rugby: Die Sepie S1-6
Kyk lokprent

Getroud met Rugby gaan oor veel meer as 80 minute se lynstane en losgemale op die veld.

Getroud met Rugby is soos Binnelanders deur ’n paar gedaantewisselings. Dit was aanvanklik ’n dramareeks wat deur Deon Opperman en Hanli Rolfes vervaardig is. Die eerste episode is op 7 April 2009 uitgesaai. Ná vyf seisoene is die reeks, wat draai om die hardnekkige Stryders-rugbyspan, in ’n sepie omskep. 

Oor die afgelope 14 jaar het akteurs soos Werner Coetser, Christel van den Bergh, Altus Theart en Ilse-Lee van Niekerk in die sepie verskyn. Hul en ander se karakters, sowel as boeiende storielyne, het kykers op ’n mallemeule van emosies geneem. Allerlei intriges, skandale, huwelike, seksuele verhoudings, rugbypolitiek en verraad het van die veld af ontvou.

Die fiktiewe plaaslike kroeg, Potties, het ook ’n gewilde venue geword vir Afrikaanse musikante en optredes in die sepie.

Die sepie het in 2020 ’n SAFTA-toekenning vir beste draaiboek ingepalm. 

Maar, ná 14 jaar kom dié gewilde sepie in September 2022 tot ’n einde. Die verfilming van die laaste seisoen sal in Julie 2022 begin. Die laaste episode word op 30 September 2022 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Vir nou is dit nog beskikbaar om te kyk op DStv, DStv Online en Showmax. Die oorspronklike dramareeks se 63 episodes is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies