Menu terloops

Getroud met Rugby: Die Sepie S1-6

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 28 Sep 2021]


Getroud met Rugby gaan oor veel meer as 80 minute se lynstane en losgemale op die veld. Kyk al ses seisoene nou op Showmax.

Kyk nou

Getroud met Rugby: Die Sepie S1-6
Kyk lokprent

Getroud met Rugby gaan oor veel meer as 80 minute se lynstane en losgemale op die veld.

Getroud met Rugby is soos Binnelanders deur ’n paar gedaantewisselings. Dit was aanvanklik ’n dramareeks wat deur Deon Opperman en Hanli Rolfes vervaardig is. Die eerste episode is op 7 April 2009 uitgesaai. Ná vyf seisoene is die reeks, wat draai om die hardnekkige Stryders-rugbyspan, in ’n sepie omskep. 

Oor die afgelope 14 jaar het akteurs soos Werner Coetser, Christel van den Bergh, Altus Theart en Ilse-Lee van Niekerk in die sepie verskyn. Hul en ander se karakters, sowel as boeiende storielyne, het kykers op ’n mallemeule van emosies geneem. Allerlei intriges, skandale, huwelike, seksuele verhoudings, rugbypolitiek en verraad het van die veld af ontvou.

Die fiktiewe plaaslike kroeg, Potties, het ook ’n gewilde venue geword vir Afrikaanse musikante en optredes in die sepie.

Die sepie het in 2020 ’n SAFTA-toekenning vir beste draaiboek ingepalm. 

Maar, ná 14 jaar kom dié gewilde sepie in September 2022 tot ’n einde. Die verfilming van die laaste seisoen sal in Julie 2022 begin. Die laaste episode word op 30 September 2022 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Vir nou is dit nog beskikbaar om te kyk op DStv, DStv Online en Showmax. Die oorspronklike dramareeks se 63 episodes is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies