Menu terloops
In Features [18 Feb 2022]

‘Getroud met Rugby’ hang sepie-stewels op


Ná 14 jaar kom die gewilde kykNET-sepie, ‘Getroud met Rugby’, in September 2022 tot ’n einde.

Kyk nou

‘Getroud met Rugby’ hang sepie-stewels op
Kyk lokprent

Die gewone modus operandi vir die bekendmaking van dié soort nuus is ook hiér gevolg: ’n Vae verduideliking in ’n persverklaring oor hoe kykNET ná “deeglike oorweging en deeglike navorsing” besluit het om Getroud met Rugby te beëindig.  

Die huidige produksiekontrak is met ses maande – 55 episodes – verleng. Dit is glo om vir die Getroud met Rugby-span tyd te gee om nuwe professionele geleenthede te ondersoek en só ’n toekoms sonder die fiktiewe Stryders-rugbyspan te beplan. 

Dié gewilde sepie was aanvanklik ’n dramareeks wat deur Deon Opperman en Hanli Rolfes vervaardig is. Die eerste episode is op 7 April 2009 uitgesaai. Ná vyf seisoene is die reeks, wat draai om die hardnekkige Stryders-rugbyspan, in ’n sepie omskep. 

Oor die afgelope 14 jaar het akteurs soos Werner Coetser, Christel van den Bergh, Altus Theart en Ilse-Lee van Niekerk in die sepie verskyn. Hul en ander se karakters, sowel as boeiende storielyne, het kykers op ’n mallemeule van emosies geneem.

Die fiktiewe plaaslike kroeg, Potties, het ook ’n gewilde venue geword vir Afrikaanse musikante en optredes in die sepie.

 “Dit is met ‘n swaar hart dat ons en ons kykers die hardnekkige Stryders in September 2022 vaarwel toeroep. ’n Dinamiese televisielandskap noodsaak skeduleveranderings, maar hierdie veranderinge bring ook nuwe geleenthede en nuwe stories,” sê Waldimar Pelser, direkteur van kykNET-kanale, in die persverklaring.

“kykNET bedank Deon Opperman, Overberg Produksies en elke akteur en lid van die produksiespan wat bygedra het tot die merkwaardige sukses van hierdie werklik oorspronklike Suid-Afrikaanse reeks,” . 

Getroud Met Rugby was die afgelope 14 jaar ’n enorme deel van my lewe as skrywer en vervaardiger, aanvanklik met die vyf Getroud Met Rugby-dramareekse en daarna met die sepie. Ek is baie dankbaar teenoor kykNET wat alles moontlik gemaak het,” sê Opperman.

Die verfilming van die laaste seisoen sal in Julie 2022 begin. Die laaste episode word op 30 September 2022 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.

Kyk Getroud met Rugby op DStv en DStv aanlyn. Episodes is ook op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies