Menu terloops
In Redakteurskeuse [1 Des 2023]

Redakteurskeuse: Van ‘Trompoppie’ tot Trevor Noah – local is ’n lekker TV-vaaib


Wat om te kyk hierdie maand: Van Trevor Noah se manewales op die verhoog in ‘Where Was I’ en Showmax se nuwe senutergende Afrikaanse rillerreeks ‘Trompoppie’, tot ‘Spoegwolf’, ’n dokkie oor een van Afrikaans se suksesvolste rockgroepe, en een van die jaar se beste este plaaslike reekse, ‘Shaka Ilembe’ wat uiteindelik ook op Showmax beskikbaar is – hier is my redakteurskeuse (met ’n lekker local vaaib) vir Desember.

Deur Rozanne Els
Redakteurskeuse: Van ‘Trompoppie’ tot Trevor Noah – local is ’n lekker TV-vaaib

Wat om te kyk vandeesmaand – hier is my redakteurskeuse vir Desember 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Trompoppie S1

Weeklikse episodes elke Donderdag vanaf 7 Desember 2023 op Showmax. 

Dié rillerreeks is ’n senutergende toevoeging tot Showmax se Afrikaanse biblioteek – een wat by die dag groter word. Trompoppie spog met ’n rolverdeling van plaaslike sterre soos die veterane Marion Holm, Albert Maritz en Frank Opperman, sowel as ’n jonger garde wat uitblinkers soos Melissa Myburgh, Celeste Loots, Jane de Wet en Spinners se Cantona James insluit. 

Die storie, met regie deur Die Windpomp en Stiekyt se Etienne Fourie, hou daarvan om jou met ’n slap riem te vang. Nes jy dink jy weet wat gaan vir wat, is daar nog ’n stok in die wiel (óftewel nog ’n bloederige spoor…) 

Melissa Myburgh is bykans in elke toneel – en met goeie rede. As Luna, ’n talentvolle gimnas ’n beurs toegeken word aan ’n gesogte privaatskool wat sy andersins nooit sou kon bekostig nie, is haar karakter die spil waarom die res van die shenanigans dan draai. 

Met haar aankoms by Deacon College word sy onmiddellik in die genadelose wêreld van die skool se elite groep trompoppies opgeslurp soos hulle vir hul grootste kompetisie oefen. Maar nadat ’n ontgroeningstradisie lelik skeefloop, en die een trompoppie ná die ander sterf, wys dié weelderige gemeenskap se oënskynlike perfekte fasade skielik krake… Reusagtige krake wat totale verwoesting voorspel.

Spoegwolf

Redakteurskeuse, Spoegwolf-dokkie

Sondag, 9 Desember, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit sal ook op DStv Stream beskikbaar wees. 

Op hoërskool het vier jong mans saam begin musiek maak – die broers Danie en Moskou du Toit, Chris von Wielligh en Albert van der Merwe. Elf jaar later is Spoegwolf – eers bekend as Ysterkoei – een van Suid-Afrika, en Afrikaans, se suksesvolste musiekgroepe wat skares van reg oor die wêreld lok. 

Dié dokumentêr werp lig op wie dié vier rockers is en hoe hulle ’n plek vir hulself in die musieklandskap uitgekerf het – een waar hul eiesoortige musiek ’n enorme gevolg opgebou het. 

Die regisseur en vervaardiger is Niel van Deventer. Hy is ook die skepper van dokumentêre films oor Johannes Kerkorrel (Kerkorrel: 20 Jaar Later) en Koos du Plessis (En tog die deuntjie draal… Die Koos Du Plessis Verhaal). In ’n mediaverklaring verwys hy na Spoegwolf se geesdrif as aansteeklik. 

“Hier het vier ouens gewys dat niks hulle sou kon keer nie. Hul entoesiasme en geesdrif was aansteeklik. Met die sukses van die dokumentêre oor Jack Parow en Koos du Plessis, het ek geweet dat een oor Spoegwolf nie net die honger by bestaande ondersteuners sal stil nie, maar ook ’n deur oopmaak vir mense wat hulle nog nie ken nie,” sê hy. 

Behalwe vir die lede van Spoegwolf is daar ook onderhoude met musikante soos Francois van Coke, Hunter Kennedy, Deon Meiring en David Kramer, asook die klankingenieur Jürgen von Wechmar. Die Du Toit-broers se kunstenaar-ma, Tertia du Toit, en die joernaliste Riaan Grobler en Danie Marais, gesels ook saam. 

Shaka Ilembe

Vanaf 4 Desember 2023 op Showmax beskikbaar om te stroom.

As jy vroeër vanjaar die ongelooflike plaaslike reeks Shaka Ilembe op DStv misgeloop het, kan jy gou-gou sake met die TV-gode regmaak en dit vanaf 4 Desember op Showmax binge. En ja, belê jou tyd en energie daarin, want dié reeks is reeds vir ’n tweede seisoen hernu, en is ook een van die beste reekse wat nog ooit op plaaslike bodem vervaardig is. Hands down

Die storie is ’n bekende een – dit draai immers om die alombekende kryger en Zoeloekoning, Shaka. Die vertelling daarvan is egter ’n eerste – Shaka iLembe word as ’n fiktiewe interpretasie van die historiese gebeure rondom dié leier se opkoms en heerskappy aangebied. En op reuse-skaal.  Die eerste seisoen, wat uit 12 episodes bestaan, is immers die grootste plaaslike produksie wat Mzansi Magic-kanaal (161) al onderneem het. Trouens, dit het etlike jare geneem vir verfilming om in 2022 te begin. Met die uiteindelike TV-première, het die eerste episode ’n nuwe rekord gestel met meer as 3.6 miljoen kykers net in Suid-Afrika. 

Hoewel die vertelling fiksie is, is ’n verskeidenheid kenners en historici, asook familie-afstammelinge, waaronder wyle koning Goodwill Zwelithini, en die voormaligte IVP-leier, Mangosutho Buthelezi, geraadpleeg om die reeks so outentiek as moontlik te maak. 

Die rolverdeling sluit in Lemogang Tsipa as die volwasse Shaka, die nuweling Ntando Zondi as jong Shaka en Nomzamo Mbatha as koningin Nandi. 

Trevor Noah: Where Was I

Redakteurskeuse, Trevor Noah Where Was I
Trevor Noah. Foto: Matt Wilson/Netflix

Vanaf 19 Desember 2023 op Netflix. 

As jy, soos ek, nie genoeg kan kry van Trevor Noah se humorsin nie, is hierdie nuwe stand-up special ’n heerlik bederf oor die feestyd. 

In Where Was I deel dié Suid-Afrikaanse komediant sy skreeusnaakse ervaringe van die etlike reise wat hy oor die afgelope ruk geneem het. Die man is mos alewig op ’n vliegtuig op pad iewers heen… Só versamel hy gedurig heerlike stories oor als van volksliedere,  kulturele gebruike en wat nog wat hy dan hiér op sy lieflike Trevor-manier oorvertel.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies