’n Mens kan net raai hoeveel tannies hul pearls ge-clutch het uit verontwaardiging, want die NSFW-woordkeuses, die botsende opinies oor die huwelik – asook kinders! – en die skaamlag-en-rooiwang-tango oor vejayjays is die minste waaroor daar in die dagblaaie oor episode twee van Die Real Housewives van die Wynlande geskryf gaan word.
Spa en skinner
Vir ’n voorgereg word daar ’n driegang-skindersessie bedien: Amy, Michelle en Anita besluit om hul voete te laat massage, en Anita voel lelik in die gesig gevat as Michelle haar uitvra oor haar onderonsie met Mariska (in die vorige episode). Die gesprek ruk bietjie handuit as Mariska se bodybuilding-‘drome’ bespreek word… Veral as haar kuite (of kuit-inplantings?) onder die loep kom. Natuurlik sal al drie dit beaam dat hulle mos glad nie van ’n skindersessie hou nie – maar apparently het gossip verskillende betekenisse vir dié drie uiteenlopende vrouens.
Kort ná hierdie spa day is Amy die eerste een op die foon om vir Mariska in te lig oor wat presies van haar gesê is. Alhoewel Amy se bedoeling seker goed was, moet ’n mens onthou: the road to hell is paved with good intentions. Maar kyk, is ek die enigste een wat agtergekom het dat Amy onmoontlik nie haar motor kon bestuur én gesels het nie? Talk about reckless endangerment as dit wel die geval is! Of is een van die beauty queen se vele talente dat sy handeloos haar Sweedse SUV se stuurwiel kan beheer? Of is dit ’n nuwe byderwetse manier om oor die weg te kom?
En kan ons net gou praat oor Amy se giggelbuie wat plek-plek die saucy gesprek ge-pierce het? Is vejayjays en die wonderkure vir vaginal rejuvenation dan nou nie iets waaroor dames praat in die privaatheid van ’n kekkel-en-kraai-klets-threesome nie? Is die doel van female bonding dan nou nie juis om oor die goed te praat wat nie deur ’n wafferse Emsie Schoeman goedgekeur sou word in ‘ordentlike’ geselskap nie? Of is ’n spa day dan nou net vir die uitsluitlike uitruil van kombuis-wenresepte, en nie stuitige gesprekke nie?
Tyd vir ’n liquid lunch
Die eerste van vele tantelizing titbits vind plaas by Karin se huis as sy en Anita die volgende dag ’n liquid lunch deurwerk. Behalwe dat Mariska WEER ’n onderwerp van bespreking is, is dit die soen tussen die twee ouer vroue wat almal aan die gons het. Dit is ook baie duidelik dat hierdie twee ouer dames beslis frenemies gaan wees, want hul interviews ná die tyd spreek nie van baie liefde nie. Dít ten spyte van die Playboy–kiss wat juis vir ’n mens die teenoorgestelde idee sou kon gee. Of was die doel van die ete juis om mekaar uit te suss?
Michelle en Karin se lavish luncheon het die regte zinger van die episode op die tafel laat val. En dit gaan nié oor die feit dat Michelle al voorheen getroud was nie, dat sy sukkel om haar kind te potty train nie, of dat Karin nie self haar kind die weë van ‘badkamer-verlaat’ geleer het nie. Karin verklap aan Michelle dat sy geweet het haar man het nie net ’n dwalende oog gehad nie, maar dat hy ook vele kere nie tuis geëet het nie. Sy laaste stukkie padkos het heel moontlik veroorsaak dat hy bit off more than he could chew… And she could stomach.
Sien, die saak staan so: Karin se man se laaste chardonnay was voorheen ’n merlot – met ’n sauvignon blanc label. In plein Afrikaans: volgens Karin het haar eks-man se oog ’n Dame gevang wat voorheen ’n Lord was. Die skindertonge gaan heerlik baljaar met hierdie cherry op die koek…!
Partytjietyd
Die piece de resistance op die aand se menu is natuurlik Karin se divorce party. Terwyl Posh Spice (Amy) nog vrede maak met die feit dat ’n mens deesdae egskeidings vier – of eerder die reclaimed freedom van die geskeide vrou – daag dié nuwe geslag Spice Girls op vir die partytjie in hul goue designer-gewade (volgens Karin se tema).
Sporty Spice (Michelle) bel vir Old Spice (Karin) om haar te laat weet dat sy nie die partytjie sal kan bywoon nie, omdat sy in die hospitaal opgeneem is – en Karin versuim om dit vir die res te vertel. Haar rede? Sy wil nie hê iemand moet haar thunder steel nie.
Karin verklap aan Michelle dat sy geweet het haar man het nie net ’n dwalende oog gehad nie, maar dat hy ook vele kere nie tuis geëet het nie. Sy laaste stukkie padkos het heel moontlik veroorsaak dat hy bit off more than he could chew… And she could stomach. Sien, die saak staan so: Karin se man se laaste chardonnay was voorheen ’n merlot – met ’n sauvignon blanc label. In plein Afrikaans: volgens Karin het haar eks-man se oog ’n Dame gevang wat voorheen ’n Lord was. Die skindertonge gaan heerlik baljaar met hierdie cherry op die koek…!
Terwyl Baby Spice (Mariska) darem die Queen of the Day se dag maak deur haar in die oë te kyk as sy haar groet (waaroor Karin geteem het vroeër tydens die ete met Anita) is dit Sporty Spice (Candice) wat Karin se gramskap op die hals haal wanneer sy business en pleasure meng: sy weier om haar foon af te skakel, en terwyl sy besigheidsoproepe antwoord gee Karin haar beslis die evil eye – en met minagting! Gaan Candice ’n MariskaGate 2 kan oorleef?
Scary Spice (Anita) se gesig verklap baie, maar dit is haar baie groter en duurder brand-ring wat sy met groot fanfare af-show wat Karin completely die harnas injaag. Terwyl die divorce party op die oog af lyk na ’n raving success, is dit die bitchy undertone wat almal laat regop sit. Hierdie katte-konsert laat baie oor aan die verbeelding, maar een ding is verseker: niemand word gevrywaar van ’n band breakup binnekort nie.
‘Versigtig! Want ek is giftig…’
’n Onvas op haar voete Karin rig ’n vriendelik waarskuwing aan die dames dat sy nie onderskat moet word nie – en terwyl die veiled threat nou nie heeltemal sin maak nie (en eerder klink soos iets wat onder uit ’n bottel te voorskyn kom aan die einde van ’n lang aand) hang die belofte van ’n potential catfight swaar in die lug.
Die soete nagereg van die episode is Anita se vele irritasies wat soos hundreds and thousands deur die episode ge-scatter is. Tydens die spa day maak sy dit baie duidelik dat sy nie die hele tyd oor kinders gaan wil praat nie – en dat sy dit boring vind om elke keer van almal se bloedjies se doen en lates te moet uitvra en weet. Sy is ook oor die hele cheers en drink-ding die hele tyd (terwyl Candice ook duidelik nie te vinde is vir die alewige geskenkies wat met elke ontmoeting uitgeruil word nie). Anita het ’n baie lekker sê-ding gegooi wat van die tong soos nektar afrol (wat bedoel is vir die enlightened!): “Versigtig! Want ek is giftig…”
‘More money, more problems’
Wat wel ’n deurlopende tema in die episode was, is dat nie een van die girls hou van skinder nie – which is a complete outright lie! Dankie tog daarvoor!
Jy dink nog jy word genooi vir ’n rustige glasie wyn om die lewe te bespreek, dan is dit eintlik ’n lokval van geheime agendas, skinderstories en gesplete tonge wat die tweegesigte van die vromes te skei. Die vroue het ook almal meer issues as die aantal tydskrifte in ’n dokter se spreekkamer, en trust word nie altyd bedien met skietende sjampanjeproppe en freebie-geskenkies tydens ’n brood-breek-sessie nie.
Die episode eindig met ’n verrassing van Karin: geskenkies vir elke vrou by die tafel. What’s in the box? Hopelik is dit nog nie ’n kop op ’n skinkbord nie, want volgens die promo is nie almal te vinde vir wat Karin ook al opgedis het nie. Maar dit maak hierdie vrou se hart bly om te weet dat die volgende episode reeds op ’n hoë noot gaan afskop!
Die Real Housewives van die Wynlande word weekliks op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Mev. S. Kinder se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer. Lees meer oor episode een hier.