Menu terloops
In Wat om te kyk [31 Mar 2023]

Ontmoet die vroue in ‘Die Real Housewives van die Wynlande’


kykNET het die deelnemers aan die tweede Afrikaanse weergawe van die ‘Real Housewives’-franchise bekendgemaak.

Ontmoet die vroue in ‘Die Real Housewives van die Wynlande’

Amy Kleinhans-Curd, Mariska Thorpe, Karen Schwendtke, Candice Bester, Michelle van Zyl en Anita Lloyd is die ses housewives wat in kykNET se Real Housewives van die Wynlande te sien sal wees. 

Dié reeks, wat op 20 April begin uitsaai, volg op die eerste Afrikaanse weergawe van die Real Housewives-realiteitreeks-franchise, Die Real Housewives van Pretoria.  Renske Lammerding, Marié Bosman, Talana Khun, Mel Viljoen, Rhona Erasmus en Kiki La Coco het daarin verskyn. 

Die jongste aflewering se housewives is luidens ’n kykNET-mediaverklaring in en om Franschhoek, Paarl, Stellenbosch en Somerset-Wes verfilm.

Wie’s wie?

Amy Kleinhans-Curd

Amy Kleinhans-Curd Real Housewives van die Wynlande
Amy Kleinhans-Curd. Foto: kykNET

Die voormalige Mej. Suid-Afrika Amy Kleinhans-Curd is met die Nieu-Seelandse sakeman Leighton Curd getroud. Amy is ’n ma van vier, woon in Franschhoek en is die direkteur van verskeie maatskappye, waaronder die huiswerkhulplyn vir onderwysers, Dial-A-Teacher, wat in 2000 saam met die Nelson Mandela Fonds gestig is. Hul plase in Franschhoek, Swellendam en in die Wieg van die Mensdom is net ’n paar van die dinge wat Amy besonder besig hou. Sy stel binnekort haar eie Cap Classique-vonkelwyn sowel as haar eie velsorgreeks onder die naam Amelia (haar geboortenaam) bekend. Sy is ’n betrokke ma en reël, onder meer, ’n jaarlikse swemfees vir die skool wat haar kinders bywoon.

Mariska Thorpe

Mariska Thorpe Die Real Housewives van die Wynlande
Mariska Thorpe. Foto: kykNET

Mariska, wat geruime tyd ’n welvaartbestuurder was, woon saam met haar man, Quintus, en hulle dogter, Ocean, in dieselfde kompleks in Franschhoek as Amy en haar gesin. Mariska hou nie van stilsit nie. Sy en Quintus verhandel aandele, maar sy bestuur ook ’n onderneming wat tweedehandse klere nuwe lewe gee. Mariska en haar man is kranige landlopers, oftewel trail runners, en sy is ’n perfeksionis in alles wat sy aanpak.

Karen Schwendtke

Die Real Housewives van die Wynlande
Karen Schwendtke. Foto: kykNET

Karen woon in Val de Vie tussen die Paarl en Franschhoek. Sy is ’n suksesvolle sakevrou met ’n BCom Rek-graad van die Universiteit van Pretoria en ’n MBL van Unisa agter haar naam en ook ’n graad in Visual Basic-programmering van Harvard in Amerika. Ten spyte van lang werksure maak sy ook tyd vir groot liefdadigheidsprojekte. In tye van nasionale nood het sy met die voorsiening van water en veevoer gehelp. Kinders lê haar na aan die hart en sy is betrokke by fondsinsameling vir CHOC (Childhood Cancer Foundation SA). Sy is die ma van twee dogters, Saskia en Arabella.

Candice Bester

Candice Bester Die Real Housewives van die Wynlande
Candice Bester: Foto: kykNET

Candice bly in die Aan de Weber-landgoed in Stellenbosch. Sy is die ma van Emma en is getroud met Werner. Sy was lank as sangeres in die uitvoerende kunste betrokke, maar het die verhoog vir die korporatiewe wêreld verruil. Daar het sy, onder meer, haar merk gemaak as die bemarkingsbestuurder vir Quench, wat deur die TFG-groep gekoop is. Candice droom egter steeds daarvan om in die toekoms weer agter die mikrofoon te staan. Sy speel graag gholf, het ’n groot versameling whiskey en fasiliteer ’n maandelikse vasvrae-aand. Candice en Werner is in die proses om ’n restaurant oop te maak.

Michelle van Zyl

Michelle van Zyl Die Real Housewives van die Wynlande
Michelle van Zyl Foto: kykNET

Michelle is ’n mediese dokter wat in trauma gespesialiseer het en daarna ’n suksesvolle algemene mediese praktyk gehad het. Deesdae is sy ’n estetika-dokter wat haar op behandelings soos Botox toespits. Sy en haar man, dr. André Olivier, woon in die Boskloof Eco Estate in Somerset-Wes. Hulle is die ouers van Hanno en Heidi. André het ook twee seuns uit sy vorige huwelik, wat in Namibië woon. Michelle onthaal graag en droom daarvan om haar eie geselsprogram op TV te hê.

Anita Lloyd

Anita Lloyd Die Real Housewives van die Wynlande
Anita Lloyd. Foto: kykNET

Anita woon buitekant die Paarl in ’n pragtige vallei. Sy en haar man, Boyce, is skoolliefdes en sy het haar loopbaan as onderwyseres opgegee om hom in sy beroep te ondersteun. Hulle het vir tien jaar dwarsoor die wêreld vir Boyce se werk gewoon voor uiteindelik na Suid-Afrika teruggekeer het. Boyce is sedert 2016 die uitvoerende hoof van KWV. Anita het ’n meestersgraad in linguistiek en het ’n voorliefde vir die studie van tale. Buiten haar man en haar katjies, is Anita se grootste prioriteite haar huis, kuns en reis.


Die Real Housewives van die Wynlande begin op 20 April 2023 om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies