Menu terloops
In Lysie-lysie [10 Oct 2022]

Ontmoet die vroue in ‘Die Real Housewives van Pretoria’


‘Die Real Housewives van Pretoria’ is die vyfde weergawe van die ‘Real Housewives’-formaat in Afrika – en die eerste in Afrikaans.

Ontmoet die vroue in ‘Die Real Housewives van Pretoria’
Kyk lokprent

Ses formidabele vroue, ses unieke persoonlikhede, ses suksesvolle besighede en ses stories wat jou sal laat regop sit. kykNET kan uiteindelik die ses vroue van Die Real Housewives van Pretoria bekendstel.

Vanaf 13 Oktober wys Renske Lammerding, Marié Bosman, Talana Kuhn, Kiki La Coco, Mel Viljoen en Rhona Erasmus wat dit verg om in hul hoëhakskoene te loop.

Luukse voertuie, herehuise, eksotiese vakansies en heftige argumente maak maar net van die drama uit – en daar is baie van!

1

Renske Lammerding

Die Real Housewives van Pretoria Renske Lammerding

Renske is welbekend in Silver Lakes vir haar boetiek in die estate en natuurlik haar man, Heinrich, se welvaart. Dit beteken egter ook dat daar heelwat oor Renske-hulle geskinder word. Maar is daar enige waarheid daarin en skinder sy self? Beslis nie, as jy Renske vra. Renske is die eienaar van die Mrs Globe-skoonheidskompetisie en wil graag daarmee ander vroue help om hulself te bemagtig.

2

Marié Bosman

Die Real Housewives van Pretoria Marié Bosman

Marié is ’n onkonvensionele pastoor wat baie uitgesproke is. Sy het ook ’n vlieglisensie en twee doktorsgrade. Ná haar twee egskeidings het Marié besluit dat sy nooit weer haarself vir enigiemand sal probeer verander nie. Daarom steur sy haar nie aan onbenullighede nie – dit verveel haar net.

3

Talana Kuhn

Die Real Housewives van Pretoria Talana Kuhn

Talana is ’n 27-jarige sakevrou wat die eienaar is van Earth DK en Millennial Marketing. Sy is ook die mamma van ’n driejarige en is tans swanger met haar en haar ouditeurman, Walter, se tweede kind. Talana het tussendeur sommer ook ’n selfhelpjoernaal geskryf wat binnekort gepubliseer word. Sy kan nie mense hanteer wat dink hulle is beter as sy nie – sy het deur die vuur geloop om te kom waar sy vandag is.

4

Kiki La Coco

Die Real Housewives van Pretoria Kiki La Coco

Kiki is ’n inhoudskepper op TikTok waarvoor sy allerhande dans- en lip sync-video’s maak. Sy het tans ongeveer 390 000 volgelinge. Haar man, die sakeman Malcolm Wentzel, en hul huishulp, Thembi Ubisi, het byna 860 000 volgelinge wat hulle manewales dophou. Kiki-hulle woon in Mpumalanga en met hul kinders wat op skool is in Pretoria, wil hulle nou na die hoofstad verhuis.

5

Mel Viljoen

Die Real Housewives van Pretoria Mel Viljoen

Mel het haar pad opgewerk vanaf haar dae as plaaskind tot die president van Tammy Taylor Nails Suid-Afrika, een van die mees suksesvolste besighede in die Suid-Afrikaanse skoonheidsbedryf. Mel is getroud met die bekende en berugte prokureur Peet Viljoen wat deesdae die hoof- uitvoerende beampte van Tammy Taylor Nails is. Hulle het heelwat bekende kliënte, insluitend Somizi, Pearl Thusi, DJ Zinhle en Lerato Kganyago.

6

Rhona Erasmus

Die Real Housewives van Pretoria Rhona Erasmus

Rhona het op tienjarige ouderdom saam met haar gesin vanaf Meyerton na Pretoria verhuis. Sy is deesdae die eienaar van twee ondernemings, Trouvaille Boutique Day Spa en Midstream College Baby House in Midstream Estate, waar sy en haar gesin ook woonagtig is. Rhona was destyds Heinrich en Renske se au pair en het met hul hulp haar eerste besigheid (Midstream College Baby House) begin. Rhona glo vas dat jy nie dinge agter iemand se rug moet sê nie. Daarom vertel sy jou graag in jou gesig wat sy van jou dink.


Skakel vanaf 13 Oktober 2022 om 20:00 elke Donderdagaand in op kykNET (DStv-kanaal 144 en op DStv Online) om dié ses vroue se streke in Die Real Housewives van Pretoria dop te hou.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies