Menu terloops
In Wat om te kyk [18 Aug 2022]

Van New York tot Lagos… en nou ook Pretoria: Dís waar jy al die ‘Real Housewives’-drama kan kyk


Die eerste Afrikaanse weergawe van die über-gewilde ‘Real Housewives’-franchise, ‘Die Real Housewives van Pretoria’, word eersdaags op kykNET uitgesaai.

Van New York tot Lagos… en nou ook Pretoria: Dís waar jy al die ‘Real Housewives’-drama kan kyk

Soos met die vele ander Real Housewives-iterasies (waarvan kykers en meme-makers oënskynlik nie genoeg van kan kry nie) word hoogdrama, lang naels, rugstekery (met einste lang naels) en bekgevegte onder die ses vroue van Pretoria verwag.

Luidens ’n persverklaring is “luukse voertuie, manjifieke herehuise, ontwerpersklere, buitensporige partytjies en die duurste diamante” als deel van die reeks. Meng ’n bietjie Botox, ’n Zanzibar-vakansie en hiënas in en jy het vir jou ’n gemiddelde Dinsdag in Pretoors. 

Volgens Waldimar Pelser, hoof van die kykNET-kanale, hoop hulle om vir kykers ’n groep “sterk Afrikaanse vroue uit Pretoria te wys wat ook groot spelers is in hul gesinne én gemeenskappe, wat eg Afrikaans is, en wat natuurlik ook die swier bring waarvoor Real Housewives bekend is. Hierdie vroue lewe gróót. Hulle ken die mooi dinge in die lewe.” 

Die Real Housewives van Pretoria is die vyfde weergawe van die Real Housewives-formaat in Afrika. Die ander sluit Johannesburg, Durban, Lagos en Kaapstad in. Die formaat word internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei en het al talle toekennings opgeraap.

The Real Housewives of Durban on Showmax
The Real Housewives of Durban is beskikbaar op Showmax.

Die Real Housewives van Pretoria saai vanaf 13 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en sal gelyktydig op Showmax beskikbaar wees. Die reeks bestaan uit 13 episodes.

Hier is ook ’n kort kykgids om met van die ander housewives wat tans op die kassie is, vertroud te raak.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies