Menu terloops
In Wat om te kyk [18 Aug 2022]

Van New York tot Lagos… en nou ook Pretoria: Dís waar jy al die ‘Real Housewives’-drama kan kyk


Die eerste Afrikaanse weergawe van die über-gewilde ‘Real Housewives’-franchise, ‘Die Real Housewives van Pretoria’, word eersdaags op kykNET uitgesaai.

Van New York tot Lagos… en nou ook Pretoria: Dís waar jy al die ‘Real Housewives’-drama kan kyk

Soos met die vele ander Real Housewives-iterasies (waarvan kykers en meme-makers oënskynlik nie genoeg van kan kry nie) word hoogdrama, lang naels, rugstekery (met einste lang naels) en bekgevegte onder die ses vroue van Pretoria verwag.

Luidens ’n persverklaring is “luukse voertuie, manjifieke herehuise, ontwerpersklere, buitensporige partytjies en die duurste diamante” als deel van die reeks. Meng ’n bietjie Botox, ’n Zanzibar-vakansie en hiënas in en jy het vir jou ’n gemiddelde Dinsdag in Pretoors. 

Volgens Waldimar Pelser, hoof van die kykNET-kanale, hoop hulle om vir kykers ’n groep “sterk Afrikaanse vroue uit Pretoria te wys wat ook groot spelers is in hul gesinne én gemeenskappe, wat eg Afrikaans is, en wat natuurlik ook die swier bring waarvoor Real Housewives bekend is. Hierdie vroue lewe gróót. Hulle ken die mooi dinge in die lewe.” 

Die Real Housewives van Pretoria is die vyfde weergawe van die Real Housewives-formaat in Afrika. Die ander sluit Johannesburg, Durban, Lagos en Kaapstad in. Die formaat word internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei en het al talle toekennings opgeraap.

The Real Housewives of Durban on Showmax
The Real Housewives of Durban is beskikbaar op Showmax.

Die Real Housewives van Pretoria saai vanaf 13 Oktober om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uit en sal gelyktydig op Showmax beskikbaar wees. Die reeks bestaan uit 13 episodes.

Hier is ook ’n kort kykgids om met van die ander housewives wat tans op die kassie is, vertroud te raak.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies