Menu terloops
In Wat om te kyk [13 Jan 2023]

Vaarwel ‘Housewives’! Die tuimeltrein eerste seisoen van RHOPTA sluit af


Die eerste seisoen van ‘Die Real Housewives van Pretoria’ was beslis een vir die boeke, maar hoe voel die huisvroue daaroor?

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Vaarwel ‘Housewives’! Die tuimeltrein eerste seisoen van RHOPTA sluit af
Kyk lokprent

’n Beter groep vroue vir die eerste seisoen van Die Real Housewives van Pretoria kon kykNET nie gekies het nie. Met Marié Bosman se quirky styl en humor, Kiki La Coco en Rhona Erasmus se pret en bok vir sports-houdings, Mel Viljoen se vurige tong, Renske Lammerding as die queen bee van Silver Lakes en Talana Kuhn wat altyd reggestaan het om haar vriendinne te verdedig, was daar geen manier dat hierdie seisoen ooit vervelig sou wees nie. Die tweede deel van die reünie-episode is vandeesweek uitgesaai en daarmee roep ons die debuutseisoen vaarwel.

The Real Housewives van Pretoria reünie episode
Die eerste seisoen van Die Real Housewives van Pretoria is met ’n tweedelige reünie-episode, met Rian van Heerden as aanbieder, afgesluit. Foto: Verskaf

Elke vrou het haar beurt gekry, en soveel gas as wat elk gekry het, het hulle ook gegee. Maar daar was nie nét drama nie. Daar was ook spesiale oomblikke soos met Talana se gender reveal-partytjie, Rhona se stunning verjaarsdagpaartie waar haar man en seuntjies haar verras het en selfs die laaste episode toe die vroue saam by Renske se huis gedans het.

Hierdie seisoen was beslis een vir die boeke, maar hoe voel die huisvroue daaroor?

terloops het met ’n paar van die vroue gesels.

Wat is jou raad aan enige housewife wat dalk in ’n volgende seisoen of ’n ander plaaslike housewives-reeks verskyn?

Die Real Housewives van Pretoria
Van links, Talana Kuhn, Renske Lammerding en Rhona Erasmus. Foto: Verskaf

Rhona Erasmus: “Moenie alles wat van jou gesê word, of jouself, te ernstig opneem nie. Sosiale media is soos die Wild West. Moenie te veel inlees in terme van die kommentaar (goed en sleg) wat mense op sosiale media gee nie. Wat die mense sê, verander nie wie jy as mens is nie. Onthou dat net ’n klein deeltjie van wie jy in essensie is op die kassie gaan verskyn, so maak seker jy is deurgaans eg. Hierdie is ’n eens-in-’n-leeftyd-geleentheid, geniet elke oomblik. Maak jouself gereed… Jou lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie.”

Dink jy dinge het soms te persoonlik geraak en wat het jou die meeste geskok?

Talana Kuhn: “Daar gaan altyd gevegte wees in hierdie lewe, maar dis belangrik om nooit in iemand se karakter te klim nie. Soos Rhona sal sê: ‘Speel die bal en nie die man nie’. Ek dink soms was die benadering baie persoonlik, afkrakerig en die opinies heeltemal oningelig of glad nie feitlik nie. Ek voel ’n mens baklei nie met seer nie, want dan raak jy persoonlik. Maar so ook is jou verlede nie veronderstel om jou huidige optrede te oorskadu nie. 

“Ek was geskok dat dit meer persoonlik was as wat dit bloot redenasies of opinies was. Dus hou ek my afstand.”

Hou jy nog by jou opmerking dat dit minder stres is sonder vriendinne of het jy tog vriendinne gemaak?

Mel Viljoen: “Ek wil nie graag vriende hê nie. Ek bly by my besluit en Kiki het my weer gewys daar is geen loyalty as dit nie paid partnership is nie. Very sad. Ek sal wel meer wil netwerk en meer sakemense wil leer ken.

“Toe dit met my sleg gegaan het en mense lelik was op Facebook oor Carte Blanche, terwyl ek Kiki dubbeld betaal het, het sy gevra om ’n break te vat om oor my te post want sy kan nie die kritici hanteer nie. As ’n vriendin jou rug het, het hulle dit altyd. Nie net wanneer dit hul pas nie. Ware kleure het wel na vore gekom.”

Mel Viljoen Real Housewives van Pretoria
Mel Viljoen. Foto: Verskaf

Watter episode was vir jou die moeilikste om te kyk en hoekom?

Renske Lammerding: “Dit was die moeilikste om na die episode op die boot te kyk en weer die intense emosie te ervaar wat ek tydens die uittrapsessie met Mel ervaar het.

“Ek het deur die reeks besef hoe boeliery deur afpratery, stories, en verkleinering my herinneringe van boeliery in my kinderdae, toe ek nie vir myself kon opstaan nie, na vore gebring het. Dit kom van ’n era van ‘kinders word gesien en nie gehoor nie’, en ’n era van geen terugpratery nie. Met daardie trauma is dit normaal om te wil veg of vlug. Ek wil vlug en kan nie ordentlik op my voete dink nie.

“Mel mag op nasionale TV die lelikste stories oor my huwelik opdis (wat sy by vriende gehoor het, maar ook sê sy het nie vriende nie), oor ons geldsake praat, en my woorde oor ’n vriendin verdraai. En dan noem sy my ’n slang en vele ander dinge (wat die kyker nie gesien het), omdat ek oor haar vetverskuiwing gevra het. Dis iets wat sy voor ons almal gereeld van gepraat het, nie net met my nie.

“Wat ek nou weet, is dat ek in die toekoms myself eerder sal verwyder uit so ’n situasie waar iemand jou disrespekvol hanteer. Nadat ek jammer gesê het, sal ek myself dan verskoon.”

Kyk nog Housewives-streke:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies