Menu terloops

Die Real Housewives van Pretoria S1

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 13 Okt 2022]


‘Die Real Housewives van Pretoria’, die eerste Afrikaanse weergawe van dié über-gewilde franchise, saai op DStv én Showmax uit.

Stroom nou

Die Real Housewives van Pretoria S1

Joburg, Kaapstad en Durban het hul kans gehad, en nou sien ons presies hoe posh Pretoria is in Die Real Housewives van Pretoria. Die eerste Afrikaanse weergawe van dié über-gewilde franchise is next level

Ses glansryke Afrikaanse vroue is deel van die reeks: Renske Lammerding besit die Mrs. Globe-skoonheidskompetisie, die geskeide pastoor Marié Bosman het ‘n vlieënierlisensie en twee doktorsgrade, Talana Khun bestuur die aanlynwinkel Earth DK, Mel Viljoen is die hoof van Tammy Taylor Nails, Rhona Erasmus is ’n entrepreneur, en TikTok-influencer, Kiki La Coco, is die vrou van die multi-miljoenêr mynboukonsultant Malcolm Wentzel. Lees meer oor hulle hier.

Dié reeks is die vyfde weergawe van die Real Housewives-formaat in Afrika. Die ander sluit Johannesburg, Durban, Lagos en Kaapstad in. Die formaat word internasionaal deur NBCUniversal Formats versprei en het al talle toekennings opgeraap.

Die Real Housewives van Pretoria is op Showmax beskikbaar. Die reeks bestaan uit 13 episodes.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies