Menu terloops

Die Real Housewives van die Wynlande S1

Op DStv [Gepubliseer op 20 Apr 2023]


‘Die Real Housewives van die Wynlande’ is op die oog af net wat die titel verklap: real. Kyk dit op DStv.

Die Real Housewives van die Wynlande S1

Die Real Housewives van die Wynlande is ’n splinternuwe Real Housewives-reeks wat volg op die eerste Afrikaanse weergawe van die franchise, Die Real Housewives van Pretoria. Onder die vroue tel skoonheidskoninginne, ’n dokter én ’n doktor en genoeg glans vir ’n leeftyd. 

Weeklikse episodes word vanaf Donderdag, 20 April, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai.

terloops se resensent het só oor die loodsepisode van Die Real Housewives van die Wynlande geskryf:

“In ’n episode wat hopeloos te kort gevoel het, word ’n dekadente wenresep se plofbare bestanddele vlugtig aan die garden variety kykNET’er voorgestel: ses formidabele vrouens bevind hulself in ‘n kruitvat waar prag en praal die botoon voer, en die clash of the Queen B’s duidelik die ondertoon beheer. Dit is elke kyker se reg om self te besluit wie is die bitches, bulldozers of bullshitters. Een ding is wel verseker: hier word baie vinnig naels gewys, en nie omdat dit pas ge-manicure is nie.” 

Lees die volledige resensie hier en hou dop vir ons weeklikse recaps van ál die drama.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies