Menu terloops

Die Real Housewives van die Wynlande S1

Op DStv [Gepubliseer op 20 Apr 2023]


‘Die Real Housewives van die Wynlande’ is op die oog af net wat die titel verklap: real. Kyk dit op DStv.

Die Real Housewives van die Wynlande S1

Die Real Housewives van die Wynlande is ’n splinternuwe Real Housewives-reeks wat volg op die eerste Afrikaanse weergawe van die franchise, Die Real Housewives van Pretoria. Onder die vroue tel skoonheidskoninginne, ’n dokter én ’n doktor en genoeg glans vir ’n leeftyd. 

Weeklikse episodes word vanaf Donderdag, 20 April, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai.

terloops se resensent het só oor die loodsepisode van Die Real Housewives van die Wynlande geskryf:

“In ’n episode wat hopeloos te kort gevoel het, word ’n dekadente wenresep se plofbare bestanddele vlugtig aan die garden variety kykNET’er voorgestel: ses formidabele vrouens bevind hulself in ‘n kruitvat waar prag en praal die botoon voer, en die clash of the Queen B’s duidelik die ondertoon beheer. Dit is elke kyker se reg om self te besluit wie is die bitches, bulldozers of bullshitters. Een ding is wel verseker: hier word baie vinnig naels gewys, en nie omdat dit pas ge-manicure is nie.” 

Lees die volledige resensie hier en hou dop vir ons weeklikse recaps van ál die drama.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies