In die nuutste episode van Die Real Housewives van die Wynlande verras Karin die girls met ’n trippie na ’n eksklusiewe vyfster-lodge in die gramadoelas – een waarin sy blykbaar aandele besit. Maar wanneer Mariska nie opdaag nie, die hitte blykbaar ondraaglik is, en daar feitlik geen sein op dié lappie aarde is nie, is almal óf die moer in, óf net te ongemaklik (sonder hul creature comforts van hul eie ontwerpte luxury lewens en noodgedwonge necessities) dat hulle nie die wood from the trees kan sien óf geniet óf waardeer nie. Nee, wat, dié klomp tierwyfies verander onmiddellik in ’n trop skreeuende katte in Augustus as dinge nie uitwerk soos hulle dit wil hê nie – en ondankbaarheid, ontevredenheid en privilege blyk die enigste bagasie te wees wat hulle saamdra terwyl die son oor die bos sak.
Karin se verontwaardigheid oor niemand dankbaarheid toon vir die geleentheid om vir ’n paar dae in die bos te gaan uit-glamp nie, slaan ’n mens se asem weg – meer as die versengende hitte van die Bosveld. Verbeel jou! Jy word genooi na ’n eksklusiewe lodge in Hoedspruit, met al die trimmings wat oorsese gaste se oë sal laat rek (en beursies nog meer!), maar jy word gevra om ’n ou ietsie by te dra vir hierdie “geskenk” om kostes te dek. En dit is nie asof jy kan nee sê nie. Is dit dan ’n geskenk?
Ek kan aan beter maniere dink om myself te straf – en dan nog my eie (of my man!) se geld te gebruik om dit te bewerkstellig. Karin voel in die gesig gevat as die dames haar nie bedank vir hul mooi uitgesoekte kamers en die ‘vakansie’ nie. Ek dink dit is eerder dat sy meer teleurgesteld is dat sy nie die spotlight steel met hierdie move van haar nie. Praat nou van ’n plan wat super gebackfire het…
Brood, botter en ’n boelie
Die hardwerkende Candice is die een wat die hardste onder die fel gaze van Karin beland, aangesien sy noodsaaklike werk het wat gedoen moet word wat net nie kan wag nie – en waarvoor sy ’n wifi-password nodig het. Nou kyk, ek kan nie die girl veroordeel omdat sy prioriteite voor plesier plaas nie, maar vir wat versondig sy haar siel om so tussen die kermende katte te sit indien sy ’n deadline het wat vir haar hoofpyne gee? Nee, vrou, bly liewer tuis en maak jou werk klaar – anders gaan jy nooit die einde daarvan hoor nie.
Ten minste doen Candice iets om haar ledige ure te vul, en is sy nie ’n verveelde huisvrou wat op haar ‘skat’ (of is dit nou skatte?) teer nie. In die sweet van jou aangesig verdien jy jou brood – maar ongelukkig werk daardie nie vir Karin nie. Soveel van ’n bully het ek lank laas gesien. Wanneer Karin dan nou ook vir Candice aanvat oor haar werksetiek, en die arme kind in trane het oor sy haar bes probeer (onder “baie moeilike omstandighede”) om haar brood en botter te verdien, lyk dit asof Karin ’n wildsbokkie is wat in die hoofligte van ’n kar gevang word. Al wat ’n mens in haar oë kan sien is ’n screensaver mode wat vashaak by ondankbaarheid. Is sy so desperaat om die prima donna van die show te wees?
Die hele episode voel soos ’n lang uitgerekte opstelling vir die drama wat gaan volg in episode 4, want die trailer vir volgende week se episode blyk dat daar meer as een catfight gaan wees wat ’n trop leeus jaloers sal maak. En dit het blykbaar als te doen met Mariska wat nie al op die eerste dag die huisvroue se wegbreek aandurf nie. Bring Mariska die drama? Is sy die jongbloed springbokkie wat die ander anties se bloeddruk laat styg en die slagtande laat wys? Want sonder Mariska in hierdie episode is dit die arme Candice wat slagoffertjie moet speel in die snikhete hel van die boma…
Twee ekstra huisvroue
Product placement in reekse is niks nuuts nie, maar die vervelige uitbuiting daarvan is nie baie slim gedoen in hierdie episode nie.
CemAir en Indlovu het seker baie geld betaal om die sewende en agtste huisvroue in hierdie episode te wees, of om net as gasvroue op te tree, aangesien die helfte van die episode omtrent gewy is aan die tentoonstelling van beide. Eers die lang skote van die vliegtuig om die baan, en dan die onnodige vroue wat almal op ’n knop sit in ’n vliegtuigie waar hulle elkeen omtrent hul eie ry kon gehad het, maak dit onnatuurlik om te dink dat hulle nie geborg is om met die lugredery besigheid te doen nie. Nie eers gepraat van die laaaaaaaaaaanngggg skote van die plaas in Hoedspruit om die fasiliteite – en veral die wonings van die vroue – af te show nie.
Nee, man, as ’n mens ’n advertensie wil maak, maak ’n advertensie – maar moenie die intrigue van die episode prysgee om te voldoen aan contractual obligations nie. Ons mag dalk plebs wees wat na die show kyk, maar ’n advertensie of ’n infomercial is beslis nie waarvoor ’n mens die popcorn gereed het op ’n Donderdagaand nie.
Relatable rykes
Ons vind wel uit hoekom Anita is soos wat sy is, as Amy haar in die boma konfronteer omdat sy nie ’n team player is nie. Anita erken ruiterlik dat sy ’n “sensitivity chip missing het” soos wat sy in hierdie proses van die maak van die sprokiesrealiteit haarself beter leer ken deur die oë van die res van die dames. Dis iets wat bewys dat daar seker niks fout is met haar self-awareness nie.
As ’n self-titled “enigste kind” (omdat haar suster tien jaar ouer is as sy), wat grootgeword het ná beide haar ouers oorlede is op ’n jong ouderdom, kan ’n mens verstaan hoekom sy so tenacious is. En dit is hoekom sy (in hierdie stadium) die mees relatable van die lot is. Sy is soos wat sy is as gevolg van haar omstandighede – omdat sy nog altyd vir alles in haar lewe moes veg, en iets waarmee die res van ons kykende plebs mee kan associate. Candice maak dit duidelik in haar offscreen interview dat sy dink Anita is mal, maar of dit nou is omdat Anita nie van vet mense hou nie (hello, dagblaaie en social media keybord warriors!) en of dit is omdat sy amper as ’n kardief bestempel is, is nou nog nie heeltemal duidelik nie.
Tesame met die vorige episode se soen met Karin, en die feit dat haar celebrity crush Madonna is, begin dit al hoe meer klink of Anita dalk meer variety in haar diet soek as die gewone vrou op straat (of estate!).
Die vraag moet ook gevra word of Anita strictly ’n vleisvreter is. Sy het nou al ’n paar keer klein uitlatings gemaak wat ’n mens laat wonder of haar sexual diet net uit vleis bestaan. Behalwe dat sy met groot fanfare vir die girls verduidelik waar haar man hoort (wie het nog verskriklik ge-cringe met daai verduideliking?) en dat hy “goed is met visvang”, kon sy weereens nie uitgepraat raak oor hoe mooi “die ou klein dingetjie” (Mariska) vir haar is nie. Tesame met die vorige episode se soen met Karin, en die feit dat haar celebrity crush Madonna is, begin dit al hoe meer klink of Anita dalk meer variety in haar diet soek as die gewone vrou op straat (of estate!).
Kommunikasiegapings
Dit is ook baie duidelik uit hierdie episode dat daar nog heelwat communication gaps tussen die vroue is. Anita se skrander sarkasme gaan die helfte van die tyd oor die vrouens se koppe. Dít terwyl Michelle se pruilende sekskat-praatjies nog nie lekker houvas kry by die res nie. Candice se gebrek aan volsinne maak haar minder verstaanbaar, terwyl Amy se involuntary innocence gesien word as ’n act. Karin se minderwaardigheid word nog uitgedruk in hoofmeisie-mentaliteit, en Mariska se afwesigheid word gesien as ongeskiktheid.
Ek wil nou net weet – dink niemand daaraan om Mariska te bel om te hoor of alles okay is nie? Of het almal se selfone (behalwe Candice s’n) buite werking geraak die oomblik toe hulle die trappies na die vliegtuig bestyg het? Dis mos nou nie ’n moerse effort om die vrou te bel en te hoor waar sy draai of haarself bevind nie? Of was almal se airtime reeds uitgepraat voor die klein vliegtuigie vir Michelle nightmares begin gee het?
Nou ja toe: hopelik was hierdie nou die laaste van die verveling van die huisvroue en kan ons volgende week weer gereed sit vir catfights en quarrels… Soos dit goeie over-dramatic vroue van die Wynlande betaam.
Die Real Housewives van die Wynlande word weekliks op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Mev. S. Kinder se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer. Lees meer oor episode een hier.