Menu terloops
In Recaps & Resensies [13 Jul 2023]

‘Real Housewives van die Wynlande’-reünie: Varkies op die hartjies slagpale toe!


Die begin van die einde van die ‘Real Housewives van die Wynlande’ laat ’n mens met meer vrae as antwoorde – en dit het nie alles te doen met die opgrawe van die ou, en dikwels heilige, koeie uit die verlede se slote nie.

Deur Mev. S. Kinder

Kyk nou

‘Real Housewives van die Wynlande’-reünie: Varkies op die hartjies slagpale toe!

Wat is op die menu van die eerste deel van die Real Housewives van die Wynlande se reunion-episode? ’n Paar spicy happies, ’n catch-up op elke housewife se journey op die reeks – en hul onderskeie verhoudings met Jan Publiek en die kykNet’ers. En natuurlik ’n laaste kans om die varkies op die hartjies slagpale toe te neem! 

Ons lewende Disney (ek bedoel Wynlande!) prinsesse staan gereed om ’n giftige appeltjie met ’n stunning smile met die res van hul maats te skil. Maar kom ons begin by die tweede groot surprise van die aand. Die sjarmante en aantreklike Armand Aucamp neem stelling in as die aanbieder van Real Housewives van die Wynlande se reunion-episode. Aucamp lyk ’n bietjie uit sy diepte uit as hy flash cards moet gebruik om die gesprekke te lei. ’n Mens mis ook die uit die vuis uit-vrae van ’n gesoute aanbieder soos Rian van Heerden.

Maar namate die gesprekke begin vlam vat, is dit die smeulende donkerkop wat keer op keer die vure blus (of aanhits) met sy disarming warmth en understated gentleman glow. Dit wil wel tog voorkom of dié dollas voor die tyd besluit het om hom nie vir brêkfis te verslind nie. Seker juis omdat hulle nie die ekstra kalorieë (banting of te not!) later wil afwerk nie. Dít ten spyte daarvan dat hy net so delicious lyk in sy suit as wat hy kaalbas lyk op sy veelbesproke en gewilde banting-kookboek!

Real Housewives van die Wynlande
Ons lewende Disney (ek bedoel Wynlande!) -prinsesse staan gereed om ’n giftige appeltjie met ’n stunning smile met die res van hul maats tydens die reünie-episode te skil. Foto: Verskaf

Welkom by die Hunger… ek bedoel Housewife Games!

Wanneer die dames instap, is die atmosfeer net so gelaai soos toe Katniss Everdeen van die distopiese verhaal, The Hunger Games, by die arena aankom kort voordat die moordspeletjies begin. Die enigste verskil is net dat Katniss nie soos ’n cheap weergawe van een van die talle deelnemers van RuPaul’s Drag Race gelyk het nie. 

Real Housewives van die wynlande
Van links: Mariska, Candice en Anita. Foto: Verskaf

Mariska lyk soos Aspoestertjie wat, op pad na die prins se ball, betrokke was by ’n bomontploffing in ’n ligte blou matrasfabriek. Al wat oorleef het van haar balrok is ’n sliert wat om haar gedrapeer is. Gone is die sagte blonde krulle waarmee ons haar leer ken het. Sy is nou ’n Halloween-weergawe van sneeukoningin Elsa (van Frozen-faam). 

Candice lyk soos ’n kinderpartytjie-weergawe van Snow White in haar amper virgin white amper-trourokkie. Het sy inspirasie gekry by die Princess of Wales, Kate, se ensemble wat gedra is by Koning Charles se inauguration vroeër vanjaar? Hoekom moet sy dan lyk soos ’n droewige prima ballerina in ’n low budget-produksie van Swan Lake

Anita kan deur ’n sirkusring getrek word in haar skitter-glitter sequins robyn-nommertjie – al oordonder dit haar reeds sprankelende persoonlikheid. Dit lyk of sy enige oomblik ’n vuurwarm, maar ongemaklike (as gevolg van die lengte van die rok!) flamenco-dans gaan uitvoer. 

Amy verskyn as ’n moderne weergawe van Belle in gouerige geel Beauty and the Beast ballgown – maar met Aladdin se liefie Jasmine se hare en ’n slit in die rok wat vir Angelina Jolie sal op ’n rooi tapyt sal skaam maak. 

Michelle rond die glitzy but big glipsie-prentjie af in ’n smarag-agtige groen gewaad wat ’n mens laat wonder of sy die agterkleinkind van die Wicked Witch of the West is? Hoe dit ookal sy, The Wizard of Oz sou beslis hierdie keer in sy broek gebewe het!

En Karen? Die grootste surprise van die aand is dat Karen skitter in haar afwesigheid in ’n royal blue lapperige-besigheid wat haar Evil Queen with The Golden Heart-status justice doen – en steek ook haar pas gebreekte arm weg! Jip, Karen sterk tuis aan, en is nie by die reunion nie. Maar sy is ’n supertrooper soos wat sy met ’n af-vlerkie die newels van narkose beveg om nog haar insette te lewer. (Lees ook ons onderhoud met haar.)

Real Housewives van die Wynlande
Karen moes die reünie weens mediese redes misloop. Foto: Verskaf

Ja, ek is seker net jaloers omdat ek nie saam met my vriendinne langs Hotness Aucamp kan sit en kluitjies bak nie. Maar ek dink tog die mense by die huis sal saamstem dat ons dollas nie almal ewe goed gelyk het tydens hierdie episode nie. En dit is ’n jammerte, want hulle lyk nie naastenby so asemrowend soos wat hulle deurgaans in die reeks aangebied is nie. Daarenteen kan ek skielik verstaan hoekom Karen ook ’n skoonheidskompetisie gewen het…

Giggles and gaggles

Elke housewife word deur die loop van die reunion beloon met ’n kort highlight reel van haar journey oor die afgelope 12 episodes. Iemand het duidelik geslaap in die editing room, want Mariska se highlight word ge-ration tot haar to die for-lyfie; Candice kry ’n pluimpie vir haar liedjie en haar probleme om meer kinders te hê; Anita se groot mond en lekker tong (ek bedoel: uitgesprokenheid) word op die altaar geplaas; Amy se giggles, gaggles, en bubbles word aan die groot klok gehang; terwyl Michelle se mood swings en verskeie self-medications blykbaar haar grootste aanwins was. Karen word gekroon met haar hartseerstories en verskeie dieperige introspeksies…

Really? Is dit wat by die getroue plebs opkom as hulle aan hierdie ses formidabele en sterk vrouens dink? Ek verstout my om te sê, maar ek dink iewers het iemand die pot misgesit, of die doel van ’n highlight reel heeltemal misverstaan! 

Dit is ook hartseer om op te let dat hul amper ware persoonlikhede op die bank skitter. Skielik voel en klink hulle amper heeltemal anders as wat ek hulle ervaar het gedurende die verloop van die reeks. Goed, ek gee te kenne dat elke vrou ook regtig gegroei het in hul denke en menswees in hierdie tyd. Dít verklaar dalk hoekom hulle anders as normaalweg klink. Of is ek dalk net hartseer dat hierdie die penultimate episode is waar ons hulle op die kassie te siene sal kry?

Die jammer sê-toer begin

Dan volg die lang Apology Tour. Talle verskonings en regstellings word gemaak wat ’n mens laat wonder of daar nie tog waarheid steek in die rumours dat daar meer scripted reality as all access realness was in die samestelling van die reeks wat die hele land aan die gons gehad het nie. Hoekom sal Anita nou wil om verskoning vra oor sy hier en daar haar stellings bekragtig het met ’n ietwat onvanpaste kragwoord? Ek is wel bly sy het die regstelling gemaak oor die bediening van Mammon. Minder susters gaan hulle pêrels clutch in die kerk Sondag. En dalk gaan sy van ’n paar gebedsgroepies verwyder word.

Amy kon weer nie onthou wat sy probeer doen of sê het toe sy vir Anita onder die bus gegooi het in die tweede episode nie. Ek het op Catch Up gaan loer of dié beauty queen nie dalk regtig ’n stereotypical blonde is nie. Maar nee, nie ’n blonde lok te bespeur in haar hairdo nie! Anita was wel hierdie keer (weer) vuur en vlam om ruiterlik haar misnoeë uit te spreek oor daardie move. Kom hier dalk nog ’n vulkaniese en titaniese uitbarsting tussen die tweetjies? Moet ons vir Hugo solank vra om die polisie te bel? 

Real Housewives van die Wynlande ANITA
Amy kon weer nie onthou wat sy probeer doen of sê het toe sy vir Anita, hier in ’n magiese sequins-nommertjie, in die tweede episode onder die bus gegooi het nie. Foto: Verskaf

Ek kan amper nie glo dat Anita nie voor die uitsending van episode 2 hiervan geweet het nie… But, okay, I will bite my tongue and accept that this wasn’t kind of fabricated… Want hoe wag ’n mens dan nou maande om iemand op TV te konfonteer oor ietsie wat irriteer? Dít terwyl ’n eenvoudige telefoonoproep die wit olifant in die kamer kon uitwerk en Tippex?

Misverstande en openbarings

Real Housewives van die Wynlande
Nie almal was baie ingenome met wat Michelle in Rapport-onderhoud kwytgeraak het nie… Foto: Verskaf

Michelle moes hard werk om te verduidelik wat sy alles bedoel het met haar Rapport-onderhoud, want Mariska, wat blykbaar die enigste van die housewives is wat in die gesig gevat gevoel het, het duidelik offense gevat met daai artikel. Is dit net ek, of bespeur ek nog ’n lelike catfight tussen hulle?

Mariska het die varkie op haar hartjie uitgeskrop toe sy Karen aangevat het oor die manier waarop sy haar gekritiseer het. Karen het nie-regstreeks verskoning gevra vir haar aanvanklike optrede teenoor die pienk onderskatte ontploffinkie. Anita en Mariska het wel reeds vrede gemaak oor hulle misverstand oor die wêreld se blik op vroueregte. Dit was ’n skermutseling in die kleine waarvan ek reeds vergeet het. 

Dan was daar ook ’n rits openbarings wat sake beter verduidelik het. Karen het vertel van haar strokes en ander medical stuff, en hoe dit haar deelname aan die program – en haar reaksie op party deelnemers – beinvloed het. Dít terwyl Candice haar hart uitgepraat het oor die healing journey wat met die realiteitsreeks begin is. Mariska het gebieg oor hoe sy besef het dat Michelle se eerlike waarneming oor haar – dat sy nie maklik trust nie, en nie maklik mense toelaat in die heilige binnekring van haar menswees nie – toe heeltemal in die kol was NADAT haar man hierdie waarneming beaam het. 

Real Housewives van die Wynlande
Ten minste het Mariska en Anita al vrede gemaak! Foto: Verskaf

Kleurvolle skinner

Daar was ook ’n interessante gesprek oor taalgebruik – en die kleurvoller woorde wat soms uit party dames se monde gerol het. Al wat ek kon dink is: wie is die groepie Aspostelresse wat daardie tipiese Afri-Klaner-briefie vir kykNET geskryf het? Want niemand het nou juis hierdie antie se ore laat tuit nie. My kleinseun en sy universiteitsvriende maak my warmer onder die kraag en agter die ore tydens ’n Saterdagmiddag-braai ná ’n rugbywedstryd as hierdie bende van amper-bondgenote. 

Die interessantste, en vinnigste, verduidelikingsgesprek is die een wat amper heel eerste plaasgevind het met ‘humorsin’ as die onderwerp. Die slotsom van die saak is dat ek nog die hele tyd reg was: miskommunikasie, misverstande, en ‘Miss Information’ was duidelik ’n thing onder die dames. Hoe verduidelik ’n mens nou eers jou humorsin aan die einde van alles, wanneer dit reeds sigbaar was aan die begin van alles? Hierdie dames is tog seker nie almal so dom nie. Of was hierdie gesprek meer gemik op die kykers as die doeners?

Ook: hoe het hierdie housewives met mekaar gekommunikeer gedurende die verfilming van die reeks? Is almal so prim en proper gewees dat hulle regtig nie uitgevind het wat oor hulle gesê is gedurende al daardie coffee, lunch, supper, brunch, dinner, birthday en Mauritius dates nie? Die klompie het reeds bewys dat, hoewel hulle in die openbaar gekant is teen gossip, daar niks so lekker is as om ’n bietjie skinder in jou daaglikse roetine in te werk nie! 

‘Winter is coming…’

Maar nou ja toe, gaan maak skoon jul dagboeke vir die heel laaste sien van die blink anties van die Wynlande wat volgende Donderdag plaasvind. Behalwe vir die spesiale gas wat hul verskyning gaan maak, is daar nog ’n paar tawwe toffies wat gekou moet word voordat hierdie sisterhood ook gekelder word. Hopelik is daar nog meer juicier titbits, ’n oes van misverstande, en ’n paar bottels humble pie wat gedeel gaan word voor ons – en hulle – mekaar gaan cheers vir die laaste keer! 

Die Real Housewives van die Wynlande reünie-episodes wys Donderdae 13 en 20 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Kyk ook op Catch Up.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om kortfilms en dokkies die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies