Menu terloops
In Lysie-lysie [11 Jul 2023]

5 goed wat jy moet weet van ‘Die Real Housewives van die Wynlande’ se reünie-episodes


Die reünie-episodes van ‘The Real Housewives van die Wynlande’ is die huisvroue se laaste kans om vir oulaas hul sê te sê en dalk ook ’n kriewelrigheid met sommige van die ander deelnemers uit te klaar. Hier is wat jy moet weet.

Kyk nou

5 goed wat jy moet weet van ‘Die Real Housewives van die Wynlande’ se reünie-episodes

Die finale twee episodes van Die Real Housewives van die Wynlande word op 13 en 20 Julie uitgesaai en soos gewoonlik is hierdie ’n reünie waar niemand noodwendig hul beste voetjie gaan voorsit nie . . . 

Dié episodes is die huisvroue se laaste kans om vir oulaas hul sê te sê oor enige bespiegelinge, opmerkings in hul offscreen interviews en dalk ook ’n kriewelrigheid met sommige van die ander deelnemers uit te klaar.

Amy Kleinhans-Curd, Mariska Thorpe, Karen Schwentke, Candice Bester, Michelle van Zyl en Anita Lloyd het die land behoorlik laat gons, maar dit blyk die beste is vir laaste gehou! 

Hier is vyf goed wat jy oor die reünie-episodes moet weet:

1

Wat is ’n Housewives-reünie sonder ’n sjarmante aanbieder? 

Die aanbieder van die reünie-episodes is die aantreklike akteur en aanbieder Armand Aucamp. Hy sê dis vir hom ’n enorme voorreg om hierdie episodes aan te bied.

“Kykers kan uitsien na ’n perfekte einde van ’n omstrede maar gewilde reeks. Daar is hittige oomblikke, oorgenoeg humor, maar ook deernis en versoening; ’n dieper verstaan van wie en wat ons is. Dit wys net weer dat ons met sagter harte met mekaar moet omgaan.”

Die Real Housewives van die Wynlande
Die akteur Armand Aucamp is die reünie-episodes se aanbieder. Foto: Verskaf
2

Die reünie is in die hartjie van die wynlande verfilm

Die reünie-episodes is by die indrukwekkende Haute Cabrière in Franschhoek verfilm. Haute Cabrière is onder meer die tuiste van Pierre Jourdan, een van Suid-Afrika se voorste Méthode Cap Classique-vonkelwyne, en is vernoem na die Franse Hugenoot wat die plaas in 1694 gevestig het.

3

Beste voetjie voor terwyl die diamante én uitrustings skitter

“Ons het besluit ons wil ’n stylvolle wintervoorkoms hê en dat elke vrou hul beste en glansrykste moet voel,” sê Efraine du Toit, hoof van die reeks se stilering- en grimeerspan. “Ek glo ons het dit goed reggekry.” 

4

Hoekom Karen die reünie misgeloop het

Karen het haar sleutelbeen ’n week voor die verfilming gebreek en sy is eers die dag voor die verfilming uit die hospitaal ontslaan. ’n Filmspan het wel ’n draai by haar huis gemaak sodat sy die kans kon kry om ook haar kant te stel oor wat die ander huisvroue oor haar kwytgeraak het.  

Real Housewives van die Wynlande
Karen het weens ’n besering die reünie misgeloop. Foto: Verskaf
5

Soveel vrae wat nog in die lug bly hang

Nie alle probleme is opgelos nie. Vrae wat nog in die lug hang sluit in of Anita en Amy vrede gemaak het na Amy se opmerking jeens Anita in Mauritius? En wat van Mariska en Karen? Michelle en Candice het ook nie ’n sprokiesafskeid gehad nie. Gaan Candice meer verklap oor Michelle se buie? Michelle praat ook prontuit oor hoe sy die skeiding in die groep ervaar het met Anita, Karen en Michelle aan die een kant en Amy, Mariska en Candice aan die ander.

En hoe voel Anita nou oor Amy se Cap Classique, Amelia? Mariska moet ook nog verduidelik oor daai ‘Bitch stole my podcast’-kommentaar.

En wat het van die voedoe-pop geword????


Die Real Housewives van die Wynlande reünie-episodes wys Donderdae 13 en 20 Julie om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Kyk ook op Catch Up.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies