Menu terloops
In Recaps & Resensies [29 Jun 2023]

‘Real Housewives van die Wynlande’: Misverstande op Mauritius


In die nuutste episode van die ‘Real Housewives van die Wynlande’ ontlok Amy se opmerkings oor Anita groot drama met Anita wat nie skroom om haar skok en seer daaroor uit te spreek nie.

Deur Mev. S. Kinder
‘Real Housewives van die Wynlande’: Misverstande op Mauritius

Die nuutste episode van die Real Housewives van die Wynlande het my nou so dronkgeslaan dat selfs ’n verkleurmannetjie op ’n Smartie-boksie se confusion na kinderspeletjies lyk. Het die plebs by die huis ‘n episode of vyf iewers gemis? Of gebeur daar meer agter die skerms as wat daar vir kykNET’ers gewys word?

Het die son die dames so hard geklits dat selfs hul bollas jaloers is? Iewers is daar ’n slang in die paradys losgelaat, en die gif versprei vinniger as ’n onverwagte silent but violent ‘ruiter van die windjie’ by ’n kinderpartytjie! 

Let the games begin…

Die storie begin met die dames wat, cocktail in die hand, die dag afskop deur die aktiwiteitskeuses van die dag te bespreek. Amy, Candice, Mariska, en Karen besluit om ’n plaaslike mark te besoek. Michelle en Anita besluit om eerder hul tyd by die resort se spa te verwyl. Candice breek dan die nuus oor die groot event wat sy, Amy, en Mariska beplan – en die kritiek volg. Dit is oplettend dat Karen net oë vir Amy se bubbles het – terwyl dit wil voorkom of Anita en Michelle beide dink hierdie is ’n recipe for disaster

Is dit pure jaloesie omdat hulle nie deel van die party planning is nie? Of weet hulle iets wat ons nie weet nie? Die feit dat Candice nie gaan live sing by die event nie, pla vir Michelle. En sy het ’n punt beet. Dit maak tog sin om ’n nuwe single uit te basuin uit volle bors, en minder sin om dit bekend te stel deur te lip sync for your life – hoewel amper elke ander gevestigde sanger dít wel doen. 

Op pad per bus na die plaaslike mark, word Michelle eers gou onder die bus gegooi. Michelle irriteer blykbaar almal. Die dames kom dan met ’n action plan vorendag om Michelle se mood swings en uitgesproke (op ’n vorige off-camera interview) uitgesluitheid te bekamp. Is dit nie ’n bietjie laat om nou te besluit oor hoe om Moody Michelle te hanteer nie? Die dames is dan nou net so amper oor die hond se stert met die reeks, en nou is daar skieilik planne om een van hul eie meer ‘eie’ te maak?

Real Housewives van die Wynlande
Ek sou ook só sê, ja. Foto: Verskaf

‘Kla-mentaar’

Anita en Michelle sit hul bitch session by die spa voort en hul fokus skuif na Mariska (en haar comments na die diep donker seer gesprekke van die vorige aand) en die trio se beplande event. En dit is net hier waar ek begin wonder: is Michelle ’n double agent met haar eie agenda? Want dit wil voorkom of haar hele mission op die eiland daaroor gaan om inligting in te win oor elke ander vrou, en om daardie info dan te gebruik op so ’n manier dat sy die een is wat in die spotlight gaan shine, soos ’n wafferse en gesoute Survivor-deelnemer.

Real Housewives van die Wynlande
Niks so lekker soos ’n bitch-sessie by die spa nie… Foto: Verskaf

Dit is ironies dat Michelle in ’n off-screen ontboeseming ‘kla-mentaar’ (see what I did there?) lewer deur uit te wys dat elke vrou net daarop uit is om haarself te laat shine. Want dit is wat dié merrie mos dan doen! Talk about the pot calling the kettle… Ook, hoe lyk dit dan nou of die meisiekind heeltemal belangstelling verloor in die bitching sodra Mariska nie meer die hoofteiken is nie? Some rivers run deep, some grudges run deeper

Ook: is daar ’n Invasion of the Body Snatcher B-grade movie besig om hier voor ons oë af te speel? Want al die vrouens se persoonlikhede het op die eiland verander! Karen is tjoepstil en totaal en al op haar mond geval, terwyl Amy loud en obnoxious voorkom. Mariska is ’n bitterbessie wat haar plan (van ’n vorige episode, waar sy verklap het dat sy nou haar beste gaan doen om die vroue te irriteer) in aksie sit. Dít terwyl Candice skielik Karen se hoofmeisie-mentaliteit oorgeneem het.

En Anita is skielik ’n doemprofeet! Selfs nie eens die verdoemende burlesque-dansies of die absurde TikTok-besigheid het soveel kritiek uitgelok soos die beplande (en voorspelde) fiasko wat die trio beplan nie… Hoekom trek die vrouens nou so dwars en lelik uitmekaar op ’n eiland? Is hulle heimlik dalk net gatvol vir mekaar? Of het hulle net niks meer sinvol om vir mekaar te sê nie? Of is die ontboesemings van persoonlike trauma en tear inducing tragedies dalk nog net te vars in hulle geheues? Het hulle nog net nie tyd gehad om alles te process nie? 

By die mark aangeland, klim daar sewe dames uit die bussie uit: Amy, Karen, Candice en Mariska word vergesel deur Privilege, Snobisme, en Bitchiness Lite. Mariska se materialisme word aangespreek deur die res van die kenners se oënskynlike vermoëns om die kaf van die koring te skei – en dit nogal met die eerste oogopslag! Fake modehuis-aanbiedings word van die ware Marc Jacobs uitgewys, terwyl Mariska se duur Christian Dior travel bag se egtheid in twyfel getrek word. Volgens my eenvoudige bestaan is ’n sak ’n sak – en die functionality daarvan is hoër op die lys van sakpasjagters se kriteria as die brand name. Maar nou goed, daar is ’n groot verskil tussen my en hulle: die redes vir sak-aankope en die bankkaart wat gebruik moet word om die item te betaal, is duidelik bankbalans diep. 

Poppe vir poppies

Anita het vroeër gevra vir ’n voodoo-pop toe die girls by haar wou weet wat hulle vir haar van die mark kan terugbring. Anita se pop word gesoek – en gevind. Dis nou nie ’n regte egte ene nie, maar terwyl als as fake uitgekryt word, sal die plaaslike lappoppie dan nou doen… Maar dan skop die catty bitchiness in ’n estrogeen-overdrive in, want Moody Michelle moet ook ’n geskenkie kry! Die girls wou eintlik vir haar ’n mood ring kry om te kan bepaal met watter een van Michelle se mood swings hulle deal. Wanneer daar nou nie ’n towerring is om die kinderagtigheid te beloon nie, moet ’n prettige veelsydige poppie met veelvuldige incantations dan nou doen.

Ja, ek weet dit is ’n tong-in-die-kies fyn spottery met Michelle, maar wanneer daar sopas ’n rukkie terug geteem is oor Michelle en daar ’n action plan opgestel is om haar meer deel van die groepie te laat voel, is hierdie fop-pop dalk ’n teenstrydige systappie in die verkeerde rigting. 

All is fair in love and war, maar wie het nou eintlik die split personality hier? Of is dit meer gesplete tonge wat hier kop uitsteek? Is dit nog ’n teken van verveling, anti-realness of pure fakeness dat die dames juis ’n geskenk uitsoek wat teenstrydig is met wat hulle besluit het? Of was dit ’n slim set van die regisseur om te verseker dat daar onmin by die etenstafel sal wees? The mind boggles

Babelse verwarrings in Bapsfontein

Ons het reeds bepaal dat gemeenskaplike kommunikasie tussen die dames nou nie ’n spot op ’n podium gaan inpalm nie, en dat daar wel ’n Babelse verwarring in Bapsfontein ontstaan as die girls met mekaar mondelings probeer kommunikeer! Elke woord, sinsnede, en betekenis agter die gevleuelde woorde word heeltemal anders ontvang en ge-interpret – en selfs nog meer wanneer daar ’n geskenkie saam met die woorde uitgedeel word. My raad? Los maar liewer die geskenkies, and mean what you say (or say what you mean!) want Gift of the Givers het niks op hierdie klomp nie. 

Terug by die veiligheid en skoonheid van die resort (in teenstelling met wat die dames van die mark dink!) word daar aangesit vir ete – en dan is dit geskenkie-tyd! Anita dink haar present is ’n cuteness overload, terwyl Michelle haar poppie met aangeplakte vreugde download – en dan begin die girls ’n speletjie speel wat die gemoedere gaan upload. ‘Never Have I Ever’ (of dan nou die herdoopte ‘Nooit Het Ek Al Ooit’) veroorsaak ’n storm in ’n teekoppie en ’n rits ontboesemings wanneer dit aan die lig kom dat Michelle en Amy al ’n bietjie tyd in ’n tronksel spandeer het. Michelle se shocking storie, volgens die dames, is ’n bietjie aangedik, terwyl Amy se jailbird-dag volledig bespreek word. (Sidenote: Hierdie klink na ’n perfekte TV-opportunity om Vergifnis te kroon as Miss Congeniality in Die Lewe se skoonheidswedstryd!)

Dit is baie duidelik dat hierdie nuus nie net ’n klap in die gesig is van Anita nie, maar dat sy heeltemal van koers af gebliksem is deur hierdie verwarrende ontboeseming.

Mev. S. Kinder

En die slang is los…

Dit is wanneer Candice vra hoekom die groep na haar verwys as ‘hoofmeisie’ dat die slang in die paradys losgelaat word. Dit kom daarop neer dat sy meestal die leiding neem – maar die woord ‘controlling’ word gebruik. En dit is dan wanneer Amy laggend en vinnig die res daarop wys dat die titel van Mrs Controlling eintlik aan Anita hoort. Die ‘grappie’ word dan verder gevoer as Anita ook die titel ‘HoofMatrone van die Ouetehuis’ ontvang. What the actual flying frypan? Waar het ek daardie gedeelte gemis wat as bewyse kan dien vir hierdie titel? Did I miss something, of het Amy se cocktails veroorsaak dat sy ’n cock-up van die gesprek gemaak het?

Alhoewel Anita ’n vinnige sekonde of vyf neem om haar te compose en die belaglike aantyging af te lag, is dit duidelik dat daardie vinnige stekie van die beauty queen haar hart lelik geskud het. Michelle is die een wat dit oplet en saggies off-camera verwoord. Maar dit is nie die einde van Amy se aanval nie.

Wanneer die gesprek later verder geneem word by die cocktail bar – met gepaste cocktails om die tonge lekker los te maak – blaker Amy dit uit dat sy eintlik bang is vir Anita. En dat sy nie die enigste een is nie! Say WHAT?! Since when? Waar in die reeks was dit al ooit ’n punt van bespreking dat Anita die res ’n ‘gogga maak vir baba bang’-diva is? Ja, die vrou is uitgesproke en sy is op die man af en direk diplomaties wanneer sy soms ’n ding kwytraak – maar die enigste keer waar ek kon dink dat enigiemand in hul broeke moes bewe vir haar was die aand toe sy hulle vroeg huis toe gestuur het na ’n failed Casino Royale-aand. En ook nie sonder rede nie! 

Real Housewives van die Wynlande
Kyk, ons is ewe onkant gevang deur Amy se uitlating dat sy bang vir Anita is. Uhm, wat? Foto: Verskaf
Real Housewives van die Wynlande
Ons is ewe geskok… Foto: Verskaf

Dit is baie duidelik dat hierdie nuus nie net ’n klap in die gesig is van Anita nie, maar dat sy heeltemal van koers af gebliksem is deur hierdie verwarrende ontboeseming. Soveel so dat Anita kort ná die flitsberig kamer toe is, terwyl die res blykbaar tot na-nag toe ge-cocktail het…

Van koers af

Die volgende dag is elke girl besig om haar hangover op haar eie te handle. Later kom hulle wel bymekaar om ’n groepdruk uit te oefen – complete met bypassende Bloody Mary’s. Anita is goed en gaaf met die res, maar dit is duidelik dat Amy se byt haar harder getref het as die blaf. Die vorige aand spook meer by haar as die voggies wat die res se judgement dalk ge-cloud het. 

Anita vat haar gap en maak haar uit die voete uit, soos net ’n beleefde dame dit kan doen. Mariska dink dit is omdat sy dalk net ’n breather nodig het om te kan process. Die res van die girls vat Anita se afsydigheid as ’n cry for personal space, en laat haar op haar eie wegdobber. (Sidenote: dit is hier waar ek begin dink het dat hierdie trouble in paradise nie opgelos gaan word met ’n bietjie alone time nie… Dit is gewoonlik dan wanneer ’n mens begin om te believe what you say to yourself in the dark.) 

Later in die middag gaan die girls op ’n snorkeling expedition. Almal daag op behalwe Anita (#clue001) vir die uitstappie waarna sy die meeste uitgesien het (#clue002). Almal VRA waar Anita is, maar niemand gaan KYK waar sy is nie (#clue003). So, terwyl groot seeskilpaaie probeer om van die dames ’n middaghappie te maak, is Anita completely missing in action. En die ‘vriendinne’ bly wonder oor waar sy is terwyl hulle jolig in die son en see verkeer. Weereens: the mind boggles! Hoe sal ek nou ’n vriendin op haar hartsbegeerte laat uitmis? Is hierdie nog ’n scripted reality oomblik? Of het die son nie net die dames se bollas geklits nie, maar ook hul breine se logic circuit board laat short circuit

Anita laat los

Terug op droë grond, is dit tyd vir die meerminne van die dag om hulself op te tof vir ’n ordentlike en swierige sunset showdown. En ek praat nie net van die ongelooflik sonsondergang en idilliese dinner setting aan die einde van ’n kaai wat enige voornemende verloofdes groen van jaloesie sou maak nie! Die bruingebrande bomme het skaars hulself tuisgemaak ter tafel, toe Candice die aand se verrigtinge onmiddellik aan die diepkant instoot met die gewraakte vraag van die dag, wat sy aan Anita rig: “Is jy kwaad vir ons?”

’n Uitgeslape Anita, wat die seer van die giftige aanmerkings van die vorige aand orals oor haar lyf dra, laat haar nie twee keer uitnooi om haar hart skoon te maak nie. Sy val vollyf in die leeukuil in. Sy skrop daai klein hartjie van haar silwerskoon, sodat daar geen ‘varkie op die hartjie’ in sig is nie. Die gesprek raak vinnig-vinnig bedees vuurwarm as Anita haar skok en seer uitspreek teenoor Amy. Amy bewys waarom sy ’n classic beauty queen pioneer is met ’n heartfelt apology wat vir haar ’n benoeming as beste aktrise kon besorg.

Die Real Housewives van die Wynlande
Sjoe, okei. Foto: Verskaf

Ja, liewe leser, ek is ook nou meer katterig as wat ek bedoel. Maar nes Anita sal ek ook graag wil weet wat Amy eintlik probeer sê het met haar venomous woorde. Het sy dit figuurlik of letterlik bedoel, of is daar ’n vertalings- of begripsfout wat iewers ingesluip het? Of was dit los woorde wat sin gemaak het na ’n lang teug van ’n skemerkelkie met skop? Of was dit volmaan tydens hierdie spesifieke verfilming? Dalk het Michelle ’n punt beet toe sy vroeër in die episode gevra het na die dames se begripstoetsuitslae van hul laerskooldae. Iewers bring selfs ek nie die kloutjie by die oor nie… 

Triptiek van Talente!

Ná die aanvaarding van die verskoning, en ’n amptelike aantekening dat Anita nie saamstem met die uitlatings nie, val die fokus weer op die einde van die girls se trippie – en hul volgende avontuur: die Trio se Triptiek van Talente! 

Ek skuif klaar reg met my die skoonmaak van die dagboek en die beplanning van die popcorn, want volgens die vooruitskouing is Anita dalk nie heeltemal verkeerd dat daar ’n fiasko op hande is nie. Dit blyk net dat hulle nie elkeen in ’n hoek gaan staan om hul ding te doen nie, want daar is glad nie plek backstage nie. En dit laat my wonder wie volgende ’n backhanded compliment of ge-backstab gaan word in die volgende episode? Dit lyk reeds of dit net catfights en spotlights gaan wees…


Die Real Housewives van die Wynlande word weekliks op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Mev. S. Kinder se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies