“Bubbles, bubbles, toil and trouble!” is nie die korrekte aanhaling van die drie Skotse hekse in William Shakespeare se klassieke en welbekende play Macbeth nie… Maar dit is die naaste tong-in-kies-omskrywing van wat in die agtste episode van Real Housewives van die Wynlande gebeur.
Ná die stormagtige verjaarsdag-partytjie van Mariska, is hierdie chapter in die dames se fairytale romance in hul groeiende sisterhood net die regte doepa om al die plebs by die huis weer kiertsregop te laat sit voor die kassie. Die drama disappoint nie vir ’n enkele sekonde nie!
Oor opinies, feite en toffies
Maar kom ons praat eers gou vinnig oor die smorgasboard van integrity, moral values, en die verskil tussen ’n opinion en ’n fact.
’n Opinion is soos ’n penis. Dit raak ’n probleem as jy dit in almal se gesigte wil wapper of kele wil druk. Ek wonder soms die afgelope paar weke of die Real Housewives se wenkbroue (self al is daar baie botoks gespuit) nogal hoog lig as hulle dalk my geskinder oor hul besluite of gedrag in episodes raaklees? Maar onthou dit wat ek hier skryf is net waarnemings… Die manier waarop hierdie dames ge-target word deur die ongewensde, maar consequent spotlight, van party media establishments sou my ook na drank dryf. Dit moet seker aaklig wees as jou woorde verdraai word, of jou interpreted truth aan die groot klok gehang word as die absolute en reine waarheid in sommige unjust en disrespectful plegings van joernalistiek. Weer – net ’n waarneming…
Maar ek gaan dit weer sê: “As jy jouself wil uitgee vir ’n toffie, moet jy nie begin lang trane huil as mense aan jou begin byt en lek nie!” Elke mens het die verantwoordelikheid om self hul woorde, thoughts en actions te judge en te regulate. En indien jy dit nie kan doen nie, moet jy maar liefs met jou eie poppe gaan speel.
Kom speel saam op die see
Die episode begin met die prettige My Little Pony van die seisoen, Amy, en haar gusband wat ’n warm koppie koffie deel terwyl daar plenty of tea ge-spill word. Amy besluit sy wil die girls op ’n impromptu seiljagpartytjie neem, en stuur dan die volgende boodskap: “Hello bubble girls! Ek’s lus om op die see te wees! Kom ons gaan op ’n boot uit!!! Ek nooi julle uit. Gaan so lekker wees!!!” Erich wil by Amy weet watter van die dollas vir Amy ’n hoofpyn gaan besorg met die excursion, en Amy antwoord, “Michelle”, sonder om daaroor te dink. Is Karen dan al ’n given?
Kewpie Doll Michelle ontvang Amy se uitnodiging, en dit is duidelik dat hierdie invite vir haar ’n welkome verligting is van haar very busy roetine as mooimaak-mamma van die vallei. Polly Pocket Candice kry haar invite wanneer sy pas by music maestro Loki Rothman opdaag om haar eerste single blink te poets.
Popmooi Barbie Mariska reply entoesiasties op haar invite nes haar in-lewende-lywe Skipper (Barbie se suster in die Matel-speelgoed) opdaag in die vorm van Carike. Dié twee gaan full-on Action Barbie die berg uitdraf. Tydens dié sprint is daar ook tyd om vir Candice/Skipper in te lig oor haar nuwe viewpoint oor die dames ná haar thunderous birthday bash – en om haar hart skoon te maak met ’n vuil plan van haar eie: sy is nou op ’n mission om die res van die dolls te irriteer.
Anita, die beste Bratz Doll van die pack, word deur Karen opgelaai in ’n Porsche, wat duidelik liefs deur ’n meer bekwame bestuurder gestuur moet word. Cabbage Patch Kid Karen sukkel om die wa deur die drif te trek. Dis alles in die hoop om Lloyd, Anita se man, te impress – soos sy self erken. Die tweetjies is op pad na die yacht party toe, en in triumphant Thelma & Louise styl probeer Anita verduidelik hoekom sy gevoel het om haar hart oop te maak teenoor Barbie Mariska tydens haar storm-geteisterde verjaardagpartytjie. Of Anita dit gedoen het om haar ‘ouer vroue’-alliance met Karen te probeer beskerm, ’n tipe van damage control uit te oefen, en/of sy dit gedoen het om ’n duidelike streep in die sand te trek, is nie heeltemal duidelik nie. Dit is wel duidelik dat Karen nie om dieselfde vredeliewende vuur van Anita sit nie.
Stilte voor die storm
Die yacht party is beslis die stilte voor die storm in dié Valley of the Dolls. Tog – in plaas daarvan dat hulle “kumbaya” met sonsondergang sing, is daar ’n paar honesty checks in off-camera interviews. Dit is duidelik dat die dolls nie almal op dieselfde speelgoedrak leef nie. Almal behalwe Karen dink dat daar dalk een of twee van die dames is met wie hulle lifelong friends sal kan wees.
Die hoogtepunte van die boot-trippie sluit in die ginger muscled viking wat dit laat lyk asof almal van hulle oesters vir brêkfis gekry het – of dalk nie genoeg ‘you got it all this morning’ tuis kry nie. Candice het ook haar job bedank om ’n restaurant met manlief te open. Dan is daar ook Michelle se ipekonders wat Amy se woorde laat waar word as sy lyk asof sy dramaties wil kots of vasklou aan reality. Nog ’n hoogtepunt is die goeie gossip session oor vorige vriendskappe wat gesneuwel het in the face of adversity (almal behalwe Karen, natuurlik!); asook die unveiling van die TikTok-adventure waaroor almal so naar was ’n paar episodes terug. En dan kry Amy ’n telefoonoproep van the one and only Gloria Arendz wat die poppe later gaan laat dans…
Gloria is in Kaapstad vir ’n rukkie uit Zurich, Switzerland. Sy nooi vir My Little Pony, Kewpie Doll, Polly Pocket, Barbie, Bratz, en Cabbage Patch Kid om by haar pophuis, Enigma, te kom speel. Maar wat by dié cocktail party gebeur is alles behalwe ’n Teddy Bears Picnic…
Prag en praal
Amy, Karen, en Anita is die eerstes van die dolls wat opdaag. ’n Baie elegante Anita se asem word summier weggeslaan. Vir iemand ‘wat al die hele wêreld vol gereis het, en al alles gesien het’ (soos wat sy self uitbasuin aan die begin van elke episode), wil dit voorkom of hierdie prag en praal huis so reg uit haar dream journal kom. Dit is heerlik om te sien hoe Anita nie haar opgewondenheid en verwondering wegsteek nie, en dat sy ook nog surprise kan word deur iets! Dit lyk asof die huis met al sy opulence vir Anita so opgewonde maak soos ’n kind voor Christmas! Anita se gedrag wys hoekom Amy haar vroeër beskryf het as iemand ‘met ’n baie sagte hartjie’.
Daarna daag Candice, Michelle, en Karen op. Dit is net hier waar die Cabbage Patch Kid in ’n Sour Patch Kid verander. Soos Karen vir Mariska groet is die spanning tasbaar, en hang in die lug soos ’n stink poep. Die tea party neem onmiddellik nog ’n wending wanneer gasvrou Gloria haar guests kom verwelkom – en sy die dollas betrap soos ‘stout skooldogtertjies’ (in Candice se woorde) waar hulle rond snoep op die fancy iPad-besigheid teen die vertrek se muur. En net hier begin Karen die een social faux pas op die ander maak…
Social faux pas… in die meervoud
Eers probeer sy die spotlight steel deur vir Gloria te sê dat sy haar ken. Wanneer haar address dropping nie die gewenste uitwerking het nie, stel sy haarself voor as Michelle. Ek sou seker dieselfde gedoen het indien ek my naam so met ’n plank geslaan het! Amy is regrettably geregverdig om te vra wat Karen doen (in ’n semi-ontstoke off-screen ontboeseming), terwyl ’n uit-die-veld-geslaande Gloria maar net haar sophisticated pose hou en dadelik besluit om die dames na die res van haar guests te vergesel. And who can blame her? Ek sou myself ook eerder uit die voete wil maak indien Buurvrou Sarie opdaag met ’n bottel OBS, curlers in the hair, en cigarette soaked-kamerjas en pantoffels nes die dominee of burgermeester van my dorpie gesig kom wys in my sitkamer…
Maar dis nie waar Karen se onvanpaste gedrag bly nie. Terwyl Anita elmboog skuur met bestie Anet, en beide Mariska en Candice in die see van uitgesoekte polite society swem, verdrink Karen in dié social scenario. Behalwe dat sy ’n oorblufde Gloria se knewel van ’n ring gryp en entoesiasities aan brabbel oor feite wat Gloria reeds weet (want dit is tog háár ring!), druk sy ook ’n hele canapé in haar mond soos ’n honger wolf. En dring dan daarop aan om te ‘think for myself’ wanneer Gloria nog ’n social faux pas probeer keer. Madame besluit om nog ’n ‘want dis mos verniet’-canapé te neem, maar wil nie haar champers verloor nie. Sy verloor egter amper haar balans in die proses.
Later wil sy by Gloria weet hoekom sy nie vir haar ge-‘told me’ het dat sy onse famous world class designer Errol Arendz se sussie is nie. En nog later wil sy by Gloria weet of sy haar gaste pla. Hoe Gloria dit reggekry het om die most exemplary van gasvroue te bly, laat my mond oophang.
Sy sê haar sê se sê se sê
Gloria vertel in ’n off-screen interview dat Karen was iemand wat vir haar uitgestaan het… En dat dit vir haar bietjie van ’n skok was. “Sy was oral by daai party, en sy het haar sê gesê. En as jy iets sê, dan sê sy haar sê – dan het jy nie meer sê nie, dan moet jy maar net luister na wat sy sê,” vertel Gloria. “Ek het haar eintlik ’n bietjie jammer gekry, want sy gee haarself nie tyd om te dink oor wat sy sê nie.”
Ek kry vir Amy verskriklik jammer. Karen se gedrag was immers niks anders as ’n verleentheid in hierdie very elite setting nie; beslis ’n klad op die beauty queen se naam. Soos Amy ook verduidelik: “Ek het hierdie girls aan die crowd voorgestel. Ek voel verantwoordelik, en ek monitor of almal op hulle gemak is, en ek sien dat Karen nie deel is van hierdie groepie nie – sy trek los. En ek sien dit, en ek begin ongemaklik voel.”
Selfs toe ’n baie diplomatic Candice probeer om die situasie te beredder deur Karen na die res van die dames te probeer oornooi, wou ’n bombastiese Karen niks weet nie. Amy is duidelik nie die enigste een wat voel dat Karen haarself ’n ‘baie big disservice’ aandoen nie. Anita is ook vinnig om haar effe op die vingers te tik as sy nie baie hoflik teenoor vriendin Anet optree nie.
Daar is nog baie wat vertel kan word oor Gloria se enorme huis, en al die verskillende kamers en ondergrondse ‘speel-areas’ wat van die Housewives se monde laat oophang het (en hulle verbeeldings aangegryp het). Ongelukkig het Karen se gedrag dié prettige partytjie met sy eclectic gaste by verre oorskadu.
Maak jou kalendar skoon
Twee dinge is baie duidelik uit hierdie episode:
Een is dat Karen dalk vir ’n rukkie nie weer na ’n uitsoek-geselskap cocktail-partytjie toe genooi gaan word nie. Dit is net te veel van ’n risiko! Nee, man, Karen, get a grip, girl! Met groot ontsag en uiterste bekommernis gesê: ‘Fix what hurt you in the past, now in the present, so that you don’t bleed over everything in the future!’
Die tweede ding is dit: ek het reeds my kalender skoon gemaak vir volgende week Donderdag se episode. Iets sê vir my dat die dollas nou ’n punt bereik het waar hulle gaan moet inspring om die pinotage van die Tassies te skei. Behalwe dat Amy reeds haar ongemak met die kykNETters gedeel het in haar baie honest en frank off-screen ontboeseming oor die hele Karen-gate, wil dit ook uit die promo blyk dat Anita nie meer te vinde is to take the fall vir iets wat Emsie Schoeman in haar graf sal laat omdraai nie.
Daar lê ’n harde pad voor in die Valley of the Dolls om Chucky weer in sy boksie te druk as ’n Good Guy Doll – en nog harder werk vir Karen om uit haar foute te leer, en die respek van haar newfound friends terug te wen. Ek sit reeds gereed met my popcorn om die catfights en die gepaardgaande showdowns van die volgende episode te aanskou!
Die Real Housewives van die Wynlande word weekliks op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Mev. S. Kinder se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.