’n Mengelmoes kardoes van opinies wat in stilte uitgeblaker word in off-screen interviews waar niemand elke ander housewife kan hoor nie, laat ’n mens wonder oor die opregtheid van die vroue se vriendskappe – en of hierdie nou weer net ’n lusmaker-episode is vir wat volgende in die Real Housewives van die Wynlande gaan gebeur. Soos wat Karen se bekkige Ingelsman-dogtertjie dit dan nou ook opsom: “I don’t like where this is going!”
Toffies gaan gekou word
Ek wonder of verlede week se uittog uit Anita se Fuller House tydens die rampspoedige Casino Royale-partytjie nie dalk iets te doen het met die gedemptheid van die episode nie. Of is dit dalk die koerant-lamppaal-stories oor Michelle en haar cocktail van pille en drank (rookie mistake vir ’n dokter!)? Of is dit dalk Anita se KWV-man se earlier retirement wat almal nou so op hol het dat hulle besluit het om die fun uit die fundue te edit. Soos ’n skeinat-juffrou my destyds geleer het: moenie kla as jy jouself uitgee vir ’n toffie en ander begin aan jou te lek en byt nie. You made your own bed, now lay in it!
Amy moet Kaap toe om haar bubbles se wrap te gaan uitsorteer, en sy sleep ’n baie gewillige Candice saam. Wie sou dan nou nie gewillig wees om per helikopter Kaap toe te vlieg omdat twee ure op die pad nie veel joy gaan besorg nie? Amy en Candice is opgewonde oor die label wat nou al three years in the making is. Al wat ek wil weet is: is haar label ‘Amelia’ of ‘Cunelia’? Want dis nie baie duidelik nie. Gelukkig praat Amy die waarheid wanneer sy in haar off-screen interview sê: “Dis moeilik om ’n label te kies, want waarvan jy hou gaan nie noodwendig op ’n rak werk nie!” Die ironie van die saak is dat dít ook geld vir elke label waarmee die vroue hulself etiketeer.
Vergeetagtige klakouse
’n Clueless Karen vang vis saam met dogter Arabella op haar jetty. Dit is duidelik dat sy vergeet het wat in die vorige episode by Anita se huis gebeur het. Sy laat my nogal dink aan my buurvrou Sarie. Dié raak ook altyd die kluts kwyt as sy haar voorstedelike yoga–pony en pants losmaak en die Old Brown Sherry haar tong vrylik in die wind laat wapper.
Só verduidelik Karen vir arme Arabella dat sy geen idee het hoekom Anita die res van die dames uit haar huis gegooi het nie. (Mevrou, ek stel voor jy kyk weer die vorige episode. Besluit dan self of jou gedrag bo suspicion of edel was!) En dan verduidelik sy vir Arabella van haar swaar sosiale schedule. Sy moet na nog ’n partytjie toe gaan van iemand wat nie eintlik ’n vriendin is nie (!) en dat sy wéér een of ander dansie moet leer. Sjoe, dis maar ’n moeilike lewe wat sy lei… Of is dit nou ly?
As koffie in wyn verander
Amy nooi vir Anita vir koffie, maar in plaas van ’n koppie en ’n piering, is daar ’n langsteel-witwynglas met ’n voggie om die tonge los te kry. Nie dat Anita enigiets nodig het om haar truth te praat nie. En die truth bombs het weer vir Amy in hysterics! Agteros kom ook in die kraal, want Amy besef skielik dat Anita lief is vir ’n stukkie gekruide taal. Ja-nee, kyk, as ’n mens nie oplet in die klas nie, dan kry die hond altyd die skuld vir die huiswerk wat nie gedoen is nie… Dis baie duidelik dat Michelle en Karen vir beide Anita en Amy irriteer. Anita dink dit is tyd dat hulle vir beide madams moet laat besef dat hul gedrag soms onbetaamlik en onvanpas is. Al wat ek kan sê is: good luck with that one!
Is Amy se koffie-invite ’n visvang-expedition van haar eie gewees? Of wou sy dalk weer die vredemaker speel in die hele petalje? Amy se beskrywing van Anita as Hitler se assistent is so reg in die kol gewees, maar Anita se na-aping van Michelle en Karen is nog meer van ’n juweel in ’n kroon van oddities in hierdie episode. Hoe dit ookal sy, raak hul gesprek meer van ’n Gossip Girl-extravaganza en almal word bespreek. Snaaks, net ’n paar episodes vroeër het Anita dit laat klink asof sy nie hou van skinder nie. Dít terwyl Amy reeds vroeg al laat blyk het dat sy nie regtig ’n druiwekorrel omgee nie, want almal (volgens haar!) skinder.
Demone, ysbaddens en jingles
Attention-seeking Michelle (soos Anita haar perfek beskryf) en Mariska gaan op ’n healing journey in ’n veld, waar hulle Wim Hof-asemhalingsoefeninge en ’n ysblokkie-bad inspan om hulle te verlos van hul boosheid. Nie dat Mariska dit nodig het nie! Michelle lyk soos ’n prettig toegedraaide verlepte slaaiblaar, soos enige kind in die 90’s ná ’n goeie rave. Sy is huilend dankbaar vir die geleentheid om buite in ’n veld in ’n yskoue sinkbadjie gedompel te word om haar van haar demone te bevry. Dis ’n lekker rykmanslewe dié, want die plebs by die huis is al gewoond aan yskoue baddens en tamaai elektrisiteitsrekeninge wat hul asems gratis verniet wegslaan – terwyl dié tweetjies seker ’n pretty penny vir die uitstappie betaal het.
Volgende aan die beurt is Candice wat vir musical genius Loki Rothman ontmoet om te gesels oor haar opkomende single. Haar jingle kry ’n bietjie meer woema en warmth, en ’n mens kan nie help om jammer te voel vir die songbird as sy haar hartseer met Loki deel nie. Is dit net ek, of kom Candice al meer sterker en sterker voor soos wat die episodes uitspeel? Sy kla nie een keer as iemand praat oor kiddies nie (soos sommige ander…). En sy steek haar hartseer goed weg oor haar miscarriages. Ek drink sommer ’n doppie op die girl die volgende keer wat Buurvrou Sarie by my kom nesskop om die volgende episode saam te kyk, want hier is nou vir jou ’n formidabele ysteraster!
Poespas in die dansklas
Die dames kom dan bymekaar om te oefen aan hul Burlesque-dansie vir Mariska se verjaardagpartytjie wat om die draai is. Dis maar ’n poespas van ’n kakofonie wat afspeel voor die perdebylyfie van dance instructor, Ruby. Die enigste een wat regtig oplet in die klas is onse Candice. Sourpuss Karen lyk asof sy besig is om te audition vir die rol van die seeheks Ursula in The Little Mermaid. Anita gaan weer deur ’n sexual awakening want sy kan weer nie uitgepraat raak oor die wilgergatlyfie van Ruby nie. En verskoon haarself halfpad deur die les om of haar asem terug te kry (of om haarself te compose vir die cocktails wat ná die tyd bedien word).
Tydens hierdie stille cocktail hour waag Karen dit om vir Anita te toets deur te vra of sy nie dalk oorweldig gevoel het met al die mense in haar huis in die vorige episode nie. ’n Funky geklede Anita besluit om eerder die gesprek ’n stille dood te laat sterf. Imagine that: om jou slegte gedrag op iemand anders se imagined insecurities te probeer blameer! Candice is weer op die ball as sy ruiterlik erken dat sy dink Anita is min ge-spin. Maar ons sal sien of hierdie stille blameshifting weer sy lelike kop gaan uitsteek.
Verjaardag-storms
Dan breek die groot dag van Mariska se birthday aan. Die ses vrouens kom aangesweef soos spierwit angels of silent destruction of variations van virgin brides uit die afgelope eeue (take your pick!) om te kom rolbal speel. Die deliciously decadent Quintus maak sy verskyning, en vir Anita is dit die highlight van die dag. Quintus moet dit tog dalk oorweeg om bietjie vir Boerbul te gaan model, want soveel van ’n geglip en ’n gegly van ’n stoel af het ek laas in Lipstick Dipstiek gesien! Ongelukkig tref ’n donkerder en honger regte natuurlike storm die girls se rolbal-party, en moet hulle vinnig die hasepad kies.
Het enigiemand anders dit ook opgelet dat almal ’n bietjie hand bygesit het om te voorkom dat die storm die hele partytjie in sy kanon in wegblaas, maar glas-in-die-hand Karen se hoofmeisie-mentaliteit was meer bekommerd oor haar hoed en om orders uit te blaf as om self ook ’n tikkie “vele-hande-ligte-werk” te verrig? Sy’s ’n vreemde enetjie, maar ’n mens kan ook nie help om haar jammer te kry nie. Hoekom moet sy alewig in charge wees? Is dit dalk omdat sy nie so in charge van haarself is nie? Of is dit haar manier om meer as net relevant te bly? Is die manier waarop sy die clique probeer beheer haar manier om meaning aan haar eie lewe te gee? Of is sy eintlik maar net ’n enorme clique-baitor?
Vroue-wales
Die “Happy Birthday”-lied het nog nooit so weird geklink nie, maar die verrassing van die party is Anita wat uiteindelik (ná vele episodes) Mariska se brandende Bosveld-vragie beantwoord. In ’n nog weirder wending laat Anita die aap uit die mou, en vertel vir Mariska basies dat sy haar van die begin af bietjie vlak gekyk het. Maar, soos Mariska ook tereg uitwys, is Anita se lofprysings ook besaai met contradictory stekies na die (nou) wit ontploffinkie.
Die flop van die episode is die dansie wat Candice met durf, mening, en stille bravade wil aanpak. Hierdie cringeworthy roetine sou Cher en Christina Aguilera laat gryp het vir die disqualification buzzer op America’s Got Talent. Dis nou alles goed en wel om die besigheid aan te durf in die hoop dat dit vir Mariska oneindig hoeveelheid pret sou besorg, maar soos wat sy self ook sê: “Volgende jaar sal ek graag eerder ’n paar mans dit wil sien doen!” Shame, nè? ’n Mens moet dalk eers uitvind wat vir die birthday girl ’n lekker verrassing sou wees as om ’n misplaced attempt at showcasing girl power aan te durf.
Downhill of drama?
Is dié klompie se gô reeds uit, en is dit nou maar net downhill van hier af? Soos my buurvrou Sarie ook sou sê: “As jy jouself soos ’n clown wil gedra, moet jy nie paniek saai wanneer jy die billboard van die swerwende sirkus haal nie!”
Sal graag wil sien en hoor wat die dagblaaie met hierdie nuutste episode se vroue-wales gaan maak. At this point in time lyk dit asof die menings en opinies van ander die show meer interessant maak as die show self… Kom ons kyk wat volgende week gebeur as die housewives minder isolated ’n partytjie bywoon. Dit wil-wil immers lyk asof die self-aangestelde Queen Bee haar rieme gaan styfloop… En nie net by die res van die reeds fed-up Wynland-korwe nie.
Die Real Housewives van die Wynlande word weekliks op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Mev. S. Kinder se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.