Die grootste onthulling in die nuutste episode van die Real Housewives van die Wynlande is dat Mariska haar tweede kind verwag – en dat dit wragtig ’n seuntjie is. Terwyl almal anders opgewonde is oor die nuwe lewe wat in Mariska groei, is dit ou sourpuss Karen wat nie dink dit is ’n moerse surprise nie.
Sy het seker weer na die bekendstelling van die reeks saam met die res van die plebs by die huis op Bravo! gekyk, en toe agtergekom dat die pienk ontploffing ook eersdaags ’n blou wolkie gaan pop… Ek is geensins oortuig dat Karen met die helm gebore is nie, want as sy was, sou sy al kon sien hoe haar ongeskikte gedrag haar nog in die gat sal byt. Meer hieroor later.
Is Karen maar net ’n onsmaaklike mens wat nie die son oor iemand anders wil sien skyn nie? Of steek daar meer daarin as Candice later wonder wat fout is met die selfaangestelde matriarg van die dames?
Dis kleinlik om te dink dat kleine Mariska die hele tyd almal se thunder probeer steel. En nog meer kinderagtig om dan ook sommer te probeer om die kind voor geboorte te doop, of om advice uit te deel oor hoe om die situasie te hanteer!
Fris, vars en vrolik

Daar word wel ’n opvallende ding geuiter as Amy probeer om vrede tussen Karen en Mariska (ná hulle hul frustrasies by die SmashLab vrye teuels gegee het) te herstel. Karen onthul in haar off-screen interview oor dié failed vredespoging, dat sy ’n jonger Karen in Mariska sien. (Dis ’n brein-ontploffing-emoji-oomlik…)
En dit is hier waar ek my wil verstout om te sê dat Karen uiters jaloers is op Mariska. En hoe dan nou anders? Mariska is ’n jonger en mooier weergawe van die ou suurknol. Boonop is sy is nog nie so jaded deur die lewe dat sy almal en alles verdink van haar vrede steel nie. Karen wens seker sy kon weer in haar prulle jeug pronk soos wat Mariska doen, of hoe? En sy moet seker ook effe afgehaal voel dat die jonger weergawe van haarself so fris, vars en vrolik lyk? Of is Karen dalk net plein suur oor die feit dat Mariska die nuwe ballerina op die verhoog is? Sy wat Karen is, is dalk eerder net die has been prima donna wat vir ’n nuwe geslag moet padgee?
(Behoed wel die Wynlande, en die heelal, as Mariska op haar ou dag as nóg ’n Karen uitdraai!)
Michelle is beslis die dark horse van die reeks. Wat is haar reaksie op Mariska se swangerskapnuus? Skielik wonder die wannabe sex kitten reeds watse planne sy sal moet beraam om die spotlight terug te steel! Nee, vrou, ’n mens is nie so selfish nie. Gun die son wat oor iemand anders skyn! Jou beurt sal kom, asook jou Huisgenoot-voorblad (vir watter rede ook al). Wag maar net jou beurt af! Maar dit is nie die enigste lelike kant van Michelle wat ons in hierdie episode leer ken nie…
Kamma-kamma mamma
In ander blye nuus wil dit voorkom asof Anita toe nou wel nie meer child-free is nie. Ja, ons weet reeds almal dat sy kattekinders substitute vir die ware Jakob. Maar kyk nou net hoe oulik is sy en Candice met mekaar! Is dit net ek, of wil dit voorkom of Anita dalk ’n surrogate mommy vir Candice kan word? En Candice dalk die dogter wat Anita nie eers geweet (of wil erken!) sy in haar lewe wil hê nie?

Die Wynlande se nuutste “ma-en-dogter”–versnit word soomloos ge-establish tussen die twee dames. Anita is nie eens in die gesig gevat dat Candice nie dink haar huis is so groot soos ’n rugbyveld nie. Wanneer Anita dan nou ook ’n albumboek vol foto’s van haarself te voorskyn bring, wat geneem is by die huis, en Candice soos ’n ware Swiftie te kere gaan oor dié album, is dit ’n match made in heaven wat sommer deur die hele episode waargeneem kan word.
Kamma-kamma Bond girls
Die dames sit wel met ’n enorme knewel van ’n probleem. Dié probleem raak baie duidelik as Anita uiteindelik ook vir die res haar rugbyveld-huis tydens haar Casino Royale-partytjie wys. Die James Bond-inspired tema het ongelukkig nie almal in Bond girls verander nie. Amy, wat ’n mens laat dink aan Sévérine in Skyfall, lyk soos ’n gazillion dollars. Sy is duidelik uitgehonger vir ’n behoorlike partytjie, maar as die spotlight seeking Susan in die vorm van Michelle opdaag, begin die troubles toil and bubble. Die arme vrou het besluit om eerder te na The Great Gatsby se Daisy se grootste nagmerrie te lyk: ’n goue flapper girl, wat niemand impress nie – veral nie the hostess with the most’ess nie.
Karen, wat seker Dr. No se Pussy Galorewou wees, het gelyk asof sy reeds vroeg in die dag die Boeing gaan soek het om oor haar huis se dak te vlieg. En sy het beslis haar maniere agter Val de Vie se security boom vergeet. Sy speel met een van Anita se duur kaktusblompotte (of seldsame tafelversiering of stylvolle kaggelkakkertjies, take your pick!) en verbeel haar dit is ’n glasie of ’n fallus. Whichever comes first. Anita lyk soos ’n ouer weergawe van Octopussy. Dalk moet dié bekende Bond girl se naam aangepas word na Terrible Tittiana as Anita se rok later nie meer die draer se volronde bates kan inhou nie.
Candice is aangetrek soos ’n stylvolle Vesper Lynd wat net so uit die 2006 Bond-film Casino Royal na Anita se huis verskeep is. Laaste, maar nie die minste nie, is liewer-laat-as-nooit Mariska. Sy lyk asof sy Honey Ryder van Dr. No en Madelein Swann van Spectre kan wees.
Als is ’n speletjie

Wanneer almal klaar ge-oe en ge-aah het oor Anita se huis, en die spotlight op Mariska val wat haar groot nuus met Anita deel, is dit een te veel vir Karen. Die hoofmeisie-mentaliteit slaan weer sterk deur (of is dit dalk die Sauvignon Blanc?). Sy begin weer ongevraagde raad uitdeel aan wie ook al wil luister – maar niemand wil luister nie. Wanneer haar onsamehangende gebrabbel en onvanpaste getemery nie genoeg aandag kry nie, is dit eers gou weer Michelle se beurt om te probeer om die spotlight op haar te laat skyn deur ’n ontboeseming van haar eie te maak. Dit blyk dat sy gelukkig ongelukkig in haar tweede huwelik is. Siende dat niemand met dié twee spotlight stealers kan huishou nie, is daar ’n voorstel om eers Anita se twaalf laaie vol juwele te gaan besigtig voor hulle almal gaan aansit om casino-casino te speel.
Maar sjoe, die casino-casino-spelery raak toe nou vir jou ’n speletjie van ’n ander aard. Terwyl Candice vir Mamma Anita fyn dophou, en Michelle en Karen stadig maar seker hul varkies tussen kaarthuisies en poker verloor, raak Anita al meer gefrustreerd met die gebrek aan maniere en respek rondom die tafel. Terwyl Karen nog probeer om hoofmeisie-hoofmeisie te speel, is Anita nou keelvol en óór dit. Sy vra ’n paar keer, eers bedees, dat daar gefokus moet word. Wanneer haar pleidooie in haar eie huis op dowe ore val, slaan dit almal skielik dronk wanneer sy dink hulle moet liewer fokof. Netso.
Vlieg in die wynglas
Met geen seremonie nie besluit Anita dat sy genoeg gehad het van ’n onbeskaamd-ongemanierde Karen, en ’n kinderlik-pratende Michelle en dat die aand nou nie meer vir haar pret is nie. Soos ’n wafferse en betaamlike Bond girl trek sy die sneller. Sy beskerm haar eie vrede deur die res eerder summier huis toe te stuur as om haarself verder te folter. Mooi so, Anita! Staande applous vir jou besluit!
Maar ai, nou gaan ons seker weer vir die volgende paar episodes moet vrede bewerkstellig. Dit is duidelik dat Karen nie dink sy het enige iets verkeerd gedoen nie. En dat Anita net plein ongeskik is. Wanneer gaan die vrou tog ernstige introspection doen en agterkom dat sy die vlieg in die wynglas is? Of gaan sy maar vir altyd so blind deur die lewe loop, en die blame op almal anders plaas?
Ek sien uit na die dag wat al die dames in ’n intervention met die enetjie vasmaak. Só kan dit nie verder nie. Sy het of intensive hulp nodig, of ’n very good look in the mirror-sessie. Of albei. Niemand kan so blind deur die lewe loop nie… Sy mag dalk ’n merrie wees wat duur perde aanhou, maar dit beteken nie haar probleme gaan net weggallop nie.
Die Real Housewives van die Wynlande word weekliks op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Mev. S. Kinder se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.