Liewe leser, kan jy glo dat dit nou al episode 12 van die Real Housewives van die Wynlande is? Waaroor gaan die land gons en wonder wanneer dit uiteindelik tyd is om van die Sisterhood of the Traveling Tongues afskeid te neem? Daar is darem nog twee episodes oor voordat ons vir eers goodbye moet sê. En die girls haal uit en wys in die Triptiek van Talente wat ten toon gestel word tydens die event by Belair in Stellenbosch.
Varkie in die hartjie
Maar voordat ons by die event uitkom, word daar eers ’n laaste woord of twee gespreek op Mauritius. Hier het die dollas se dollars nie alleen die praatwerk gedoen nie! Mariska se statement in die vorige episode (dat vroue nie hul agtergrond of traumas van die verlede moet gebruik om bitches te wees nie) het duidelik nog vir Michelle dwars in die krop gesteek. En nou wil Michelle graag daardie varkie van haar hartjie uitpraat…
Soos wat Candice terdeë te kenne gee aan die begin van die episode: “Ek is moeg van die soppy stories.” Ek dink almal van ons vind hiermee aanklank. Dit sal immers langer as ’n leeftyd neem om almal se issues uit te pak en te probeer lees. Geen biblioteek gaan ooit só laat kan oopbly nie. Gegewe ook dat dit hulle etlike maande geneem het om tot by hierdie punt te kom (om mekaar beter te leer ken en te verstaan) is daar eintlik nie nou nog tyd om die vriendskappe on camera verder te verdiep nie. Hierdie social experiment van forced friendships staan mos ook nou al einde se kant toe.
The truth hurts, poplap…
Pla dit enigiemand ook nogal dat Michelle nie regtig Mariska se woorde verstaan nie? Vir ’n baie slim vrou hou sy haar maar lekker dom. Of is dit nou dom-astrant? Want die feit dat sy nie verstaan wat die pienk ontploffinkie sê nie, laat my wonder of sy praat uit ’n plek van ’n skuldige gewete. Al wat ek kan sê is: the truth hurts, poplap – and if the shoe fits…
Dit is ook baie duidelik dat Michelle nie so lekker by die res inpas nie. Wanneer die gesprek fokus op ander irritasies, blyk dit dat Michelle se mood swings vir almal ’n bietjie vir ’n ses slaan. Maar dat dit hier op nommer 99 aangespreek word, is ’n vreemde wending. Michelle voel vriendskap moenie harde werk wees nie. Veral nie wanneer sy voel sy het al ad infinitum vir almal verduidelik hoe haar kop – en/of hart – werk nie. Maar dit is as Michelle die statement maak dat niemand die balls het om real te wees nie, dat die res van die trop hulself duidelik van haar skei. Amy deliver een van die beste sê-goed (en future slogan vir vroueregte) wanneer sy straightfaced in ’n off-screen interview onemosioneel verklaar: “I don’t need balls to be real!”
Candice onthul dat sy met almal – behalwe Michelle – wil vriende wees in ’n sneaky en snarky off-screen sidenote. Het die songbird besluit dat sy nou nie meer lus het vir die Michelle Merry-go-Round of Mischievous Mood Swings nie? Of is daar iets anders wat dalk gebeur het in die idiliese Tuin van Die Dooie Dodo? Nietemin, Mauritius word begroet met klinkende glasies en ’n kumbaya van “ons wil nie gaan nie”-samehorigheid. Dít terwyl hul designer luggage egter reeds gereed is met hul labelled sundresses en unlabelled judgements om skuins ná die advertensiebreuk terug in Suid-Afrika te wees.
’n Nuwe alliance?
Terug op eie bodem wil Karen en Mariska nie die dorp rooi verf nie. Die eertydse frenemies besluit om ’n verbasende en blykbaar nuutgevonde alliance met ’n bietjie colour therapy in te kleur. So tussen die geverwery deur lyk dit asof die twee meer as net bond. Hulle lyk amper soos ’n ma-en-dogter span wat gereed maak om handjie by te sit vir die verfilming van ’n episode van Vat Jou Goed. As ’n mens geweet het dat jy vrede met verf kan bewerkstellig, hoop ek die Verenigde Nasies bombardeer Israel en Palestina met tonne kwaste en verfblikke in die nabye toekoms. Het hul skielike skietstilstand en wapperende wit vlaggies dalk iets te doen met wat Mariska skalks kwytraak: bonding over mutual enemies? En is hierdie enemies dan nou Michelle en Anita? Indien dit nog nie duidelik is nie, liewe leser… Die antwoord ’n onomwonde JA!
Van wanneer af wil ’n glamour girl nie skinder saam met haar GBF (gay best friend) nie? Is daar dan so groot fout met Amy dat sy vir Erich ontneem van ’n lekker dramatiese stukkie island-themed telenovela? Of is sy bang die rainbow-coma-induced mannetjie met die aweregse pee-pot hairstyle gaan haar van die wal af in die sloot help met haar nuutste dilemma?
Amy se nuuskierigheid en gefynste dilemma-drama dryf haar na Karen en Mariska se vrede-verf-werf. Amy kom raad vra, of haar houtlepel stir, oor wat tussen haar en Anita op die eiland gebeur het. Ek moet sê die ‘victim’ look is nie so ’n goeie ene soos die meer as 20 jaar oue rok wat sy dra nie. Verbeel jou: om ’n rok te hê in jou kas wat meer as 20 jaar oud is, wat nog pas asof jy dit gister gekoop het. Dit wil gedoen wees! Wonder wat Madiba nou te sê sou hê het oor haar tamaaie Rubicon-probleempie met Anita…
Dom-astrant of aspris-dom?
But I digress. Weereens is hier ’n dom-astrantheid of ’n aspris-dom-houding wat deurskemer. Dit laat my gryp na ‘n glasie rooiwyn, want wat presies is nou eintlik die issue tussen Amy en Anita? En hoe lank moet ons vir hul vredesvlaggie wag? Amy het reeds vroeër vir Candice gevra om by Anita te hoor of sy verstaan wat Amy bedoel het met wat sy vir Anita toegesnou het tydens ’n ondeunde aand van cocktails en oneindigende confusing Never Have I Ever-antwoorde. Maar verstaan Amy wat sy bedoel het met wat sy gesê het? Want dit wil nie vir my voorkom of sy weet wat die verskil is tussen wat sy gesê het, wat sy bedoel het, of wat sy eintlik wou gesê het nie. Did the beauty queen’s crown slip because she tripped over her own tongue?
Kamma-mamma, kamma-dogter
Elders daag Mamma Anita by Aangenome Dogter Candice op vir die eerste keer by haar cute huisie. Mamma se reaksie is presies amper net soos wat Aangenome Dogter dit voorspel het. Dit het my hart sommer bly gemaak vir beide. Maar dan raak Anita geïrriteerd met Candice se irritasie oor Michelle se mood swings. Boonop wil sy dit ook so ’n bietjie verloor as Candice vir Amy opkom – nes Anita haar hartseer oor haar maatjie se uitlatings uitspreek. Is hierdie nie net die cuteste mamma-dogter fight nie?
Die enigste gedeelte van dié middagete wat ek nou nie lekker kan verteer nie, is dat Candice off-screen vertel dat sy dink Karen is fabulous! Since when? Candice is dan die eerste een wat die merrie begin inhark het tydens Enigma-gate! Waar het die twee nou skielik hand-om-die-wynbottel vriendinne geraak? Was daar ’n midnight feast van apologetic atonement en fiery forgiveness wat die plebs by die huis gemis het? Of is hierdie ’n laaste poging van produksie om die sagter en kalmer Karen op ’n pedestal te kry?
Iewers anders gesels Michelle met drie vriendinne, onder wie haar au pair, oor Mauritius. The plot sickens, want hoekom is Mich dan nou uitgesluit uit die rondomtalie van middagetes en soul bonding paint recesses? Het sy self besluit sy wil nie met haar nuwe soul susters mingle nie? Of het sy werklik ’n blaaskans nodig gehad om net haarself weer te earth met haar oorspronklike tribe?
Los storielyn-drade wat pla
Mariska, Candice, en Amy daag dan op by Belair in Stellenbosch om hul Triptiek van Talente-event haarfyn te beplan. Die look and feel van die besigheid is blykbaar nou die hooffokus. Vergete is die feit dat daar dalk ’n model skort op die catwalk nadat Anita vir Candice laat verstaan het dat sy nie die modelplank gaan bestyg nie, of dat die songbird besluit het dat sy eerder die single gaan laat spin deur ’n DJ as om dit in lewende lywe te perform. Of dat die laaste wat ons van Amy se Amelia gehoor en gesien het daar nog concerns was oor die label en die taste of the tantalizing bubbles in question…
Amy se narrative pla weereens ’n bietjie. Amy laat val dat hulle al drie ’n rede het om daar te wees. Mariska is ’n perfectionist, Candice is in eventing, en Amy het 30 jaar se experience. Na afloop van alles frame ‘Aims’ (soos Mariska haar herdoop het) dit so: Candice het haar bas afgewerk, Mariska het ure aan haar projek spandeer, terwyl Amy weer tip-top uitkom omdat sy al jare aan haar bubbles werk.
Nou kyk, nie om fyngevoelig of iesegrimmig voor te kom nie, maar hoekom moet Amy haarself altyd eerste op die troontjie plaas? Is dit ’n geval van sy wil die son op almal laat skyn, solank haar shade die minste is? Of is sy net so gedrewe dat sy altyd aan die meer-en-magtiger-kant moet trek? Of het haar destydse kroontjie haar ’n leeftyd van “outwit, outplay, outlast” besorg? Is ek die kluts kwyt of het my sensitively trained ore opgetel wat sy neergesit het? Of is ek nou al so gewoond om ook soos die bende Wynlanders alles te bevraagteken en te ontleed wat gesê word dat ek nie meer seker is of ek my eie ore moet glo nie?
Koue Oorlog in die kleine
Hoe dit ook al sy, Amy lewer die minste insette op hierdie party planning prelude. Dit wil egter voorkom of sy ’n koppie tee in die gesig kry (á la Steve Hofmeyr) as Candice haar vertel dat Mamma Anita nog oor hul island spat onsteld is. En hier wil ek vir Candice opkom. Hoewel dit voorheen gelyk het of sy summier aan Amy se kant was tydens haar gesprek met Mamma Anita, is dit duidelik dat sy nog ’n uiters diplomatiese Switserland in hierdie koue oorlog is. Sy moedig vir ‘Aims’ aan om met Anita te praat oor wat presies gebeur het.
Die koue oorlog tussen die twee A’s raak nog meer confusing wanneer Amy vir Candice sê: “Die feit van die storie – ek het nie geweet wat ek gedoen het nie, so I didn’t pick it up.” Is dit die naaste aan ’n eerlike confession wat ons gaan kry uit die damsel in drama-distress? Of is hierdie die nuwe weergawe van my dog ate my homework?
Dit is darem nie alles doom and gloom nie. Mariska deel die goeie nuus dat ‘diva’ Anita die fashion show gaan bless met haar showstopper moves – and gown. En Candice deel ook dat sy tot haar sinne gekom het en dat sy haar single met ’n live performance gaan bekendstel. Hierdie lyk weer vir my na ’n bietjie failed scripted reality, want ek kan nie dink dat die piece de resistance van die reeks deur enigiemand geboikot sou word nie. Dit is so goed jy werk op na ’n tafel-kreunende Christmas lunch, maar kry dan net ’n McDonald’s Happy Meal as beloning ná al die harde werk!
Maar… waar’s almal dan?
Righto, on with the show! Ons tref dan al die dames bymekaar vir ’n impromptu walkthrough van die verrigtinge. Daar isook ’n masterclass in modelling wat deur onse Amy aangebied word. Anita voel almal vat die besigheid te ernstig op – en sou eerder ’n drink wou gaan drink. How times have changed…
Terwyl Mariska vir Karen per ongeluk deur die gesig klap met haar ponytail, is dit Anita se gesig wat meer woorde spreek as haar off-screen interview oor dié stukkie melodrama-melktert. Duidelik het Anita nie FOMO nie, want sy voel eintlik fokkol. Dit is clearly nie haar eerste keer wat sy verrigtinge met haar presence red nie.
Wanneer die partytjie afskop, wonder ek net een ding: vir wie het hulle nou eintlik die aand gereël? Want ten spyte van die prestigious venue, en die samesnoering van kragte van die formidabele vonkelvroue, is daar maar ’n handjievol gaste. Al daardie moeite vir ’n groepie gaste wat skynbaar nie eers 50 man sterk is nie? Moenie vir my sê die vrouens het nie genoeg pulling power om dié event een van die social elite se grootste en bestes te maak nie! Of was dit dan nou die hele blink gepoetste en tuxudo detailed social elite in totaal? Talk about a glamorous letdown…
Ek twyfel sterk of die besighede longevity gaan geniet indien die turnout meer lyk soos ’n bring-en-braai (in jou beste suite en tie of tiara) vir familie en vriende. Verdien die drie projects nie ook om met ’n groot lawaai die heelal ingestuur te word nie? Of plaas hulle hul vertroue in die konsep van word of mouth marketing? Of is hierdie party net een groot failure to launch en eintlik net ’n baie duur bubble bursting blow to the ego verpak in al die trimmings en tinsel wat ’n Makro kon spaar?
Anita se aand skop af met ’n onderonsie met ‘Aims’ se onderdaan wanneer sy dit durf waag om van die bubbles te wil proe voor daar foto’s geneem is. Die situasie is lagwekkend. Anita herinner my aan Julia Roberts se awkward Pretty Woman by die opera. Dít terwyl Erich lyk soos Lumière van Beauty and the Beast wat sy eie vlammetjies per ongeluk uitgeblaas het. Confusion reigns supreme en “Be Our Guest” se chorus weerklink van noot af – en uiters vals! – tussen die opgestapelde oorvol sjampanjeglase…
Aspoestertjie-oomblik
Elkeen van die girls kry dan hul Aspoestertjie-oomblik wanneer hulle, ironies, tweedehandse klere model vir ’n skare van vyf. Karen lyk graciously ongemaklik in ’n rok wat sy destyds gedra het tydens haar kroning van Mrs South Africa. Dit laat Anita (op haar beurt) wonder of Karen in ’n bordeel werk of die hostess van die aand is. Karen hoor egter net die applause van die vyftal voor-in-die-koor. Michelle lyk soos ’n vis op droë grond wanneer sy strutt what her momma gave her op die planke.
Anita se showstopper-moment maak haar die Queen of Sheeba (amper on Ice, vanweë ’n amper-gly op haar stop-and-turn oomblik) terwyl ‘Aims’ commando-style die catwalk kafdraf in ’n spierwit-skepping wat jou asem sal wegslaan. Candice probeer net die lopery oor en verby kry. Haar senuwees knaag oor die mammoth task wat nog op haar stembande rus. Die pienk ontploffinkie het evolve tot ’n groengelerige ontploffing – en nie net omdat sy hoogswanger is ten tyde van die funksie nie. Haar rok is ’n volwasse – en baie meer lapbelaaide – weergawe van haar heel eerste spoggerige Barbie-pop gewaad. Sonder enige katterigheid: die girls lyk great. En deel actually die spotlight met mekaar – alhoewel sommige meer shine as ander vang.
Candice laat die trane rol
Candice steel absoluut die show wanneer sy die verrigtinge afeindig met haar stellar performance van haar eerste single. Die trane rol. Elkeen van die dames reflect oor ma-wees, of die harde, maar wonderlike, werklikhede van die keuses en kanse wat die lewe hul gegee of ontneem het. Candice is ’n gebore performer. Ek het ’n idee dat hierdie nie die laaste keer is wat ons van haar gaan hoor nie.
Wat my wel opval is dat, ná maande se praat, gesels, en deel, is hierdie die eerste keer wat die vroue besef wat Candice deurmaak in haar reis deur die lewe. Dit laat my net weer onthou dat daar ’n baie groot verskil is tussen weet en besef. Soms weet ’n mens iets, maar jy besef dit nie. Tot iets jou so diep tref dat dit amper ’n gemene deler word wat almal op dieselfde vlak bring.
Na afloop van die event kom die girls vir ’n laaste keer socially bymekaar (op kamera!). Anita is op haar stukke. Sy maak van die geleentheid gebruik om met amper almal iets te deel of te vra. Ongelukkig kom ons nog nie by ’n antwoord wat versadigbaar en verstaanbaar is oor haar en Amy se dilemma/kern van die kwaad/hotspot/lava-inducing limerick (take your pick!) uit nie. Daar is darem ’n bietjie gekskeer met Amy te bespeur wanneer sy haar vra oor haar kaalbas-kaskenades agter die piepklein backstage wat almal gedwing het om mekaar regtig BAIE beter en intiem te leer ken, verken en geniet – of is dit nou bewonder? (Sidenote: Michelle dink niemand is au natural nie. Sy het gesien wat sy gesien het backstage – and we can trust her, because she is a doctor!)
Sê maar eerder sorry
Net voor die kameras ophou rol, en die son sak op hierdie vervaardigde clan of newfound besties, probeer Anita vir oulaas cheers met Karen (om haar terug te verwelkom in die arms van die groep). Anita doen dit omdat sy dink die talk wat die dollas met Karries gehad het by Enigma het die vrou op ’n meer verligte en bedeesde pad gelei. Hierop is Anita nie net trots nie, maar ook ingenome.
The shit kind of hits the fan omdat Karen weier om terug te cheers. Minstens nie voordat hulle nie almal vir haar om verskoning vra vir die ambush wat hulle op haar geloods het nie. Almal wil die hasepad kies en koekeloer vir ’n way out van hierdie tense situation. Maar Amy offer haarself as die gemeste kalf as die groep se woordvoerder vir die “sorry sê”-oomblik wat niemand bedoel of voel nie. Daar word ’n vreemde glasie-klink gedoen – en dit is fluit-fluit die episode is uit!
Volgende week is die eerste gedeelte van die reunion episode. Dit beloof om al die ou koeie uit die slote te grawe – en nuwe sondebokke uit te sonder. Dit word aangebied deur die smeulende Armand Aucamp, en dit blyk dat drama, vergifnis, en pure confrontation op die menu is. My enigste vraag is: waar’s Karen? Want ek het net vyf vrouens in die hot chairs gesien… En nie een het gelyk soos ’n boheemse blonde Mary Poppins wat haar bag full of tricks verloor het nie!
Die Real Housewives van die Wynlande word weekliks op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Mev. S. Kinder se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.