In die negende episode van die Real Housewives van die Wynlande bedien die dames die scandal-seeking–plebs (van mediahuise en al die fans) met ’n dramatiese spyskaart van lipafleklekker borde vol eerlike confrontations, esoteriese titbits van die boheemse, en etlike side-eye spicy ‘happies’ wat selfs Herman Lensing van sy stoof sal weghou.
APÉRITIF
Sundowner a lá ‘Showdown Showstopper’ style
Die skemerkelkie op dié menu is ’n lang glas gevul met kort lonte en lang trane, filled to the brim met misplaced sentiments en ’n knorrige korrelkop, dwarsklappe van opregte bedoelings en verontregte verontwaardiging. Dit word bedien by ’n smeulende irritasie-stasie op die terras van die engimatiese ENIGMA, en veroorsaak duiselingwekkende rants and raves.
Karen word in die bek geruk as Candice dit waag om die res van die dames se ongemaklikheid (met Karen) te verwoord deur haar daar op attent te maak dat sy bo-oor almal anders in die geselskap praat. En ook nie na enigiemand anders luister nie. Soos ’n angry Russian bear (wat met ’n reality check Harvey Wallbanger geskiet is), kry Karen dit in haar kop dat Mariska (Oeps! Slip of the tongue! Candice, bedoel ek!) haar nou ge-BloodyMary het met ’n opperste belediging – en staan sy reg om haarself te verdedig teen dié Molotov cocktail.
Karen se verweer? Onse ‘Karries’ se hoofmeisie-mentaliteit slaan ’n mens se asem weg soos ’n stywe skoot mampoer as sy “verskoning” vra (“ek is jammer omdat ek op ’n ander plek was”) – en voeg dan by: “Weet jy wat? As ek een van julle was, en julle’s regtig friends, sou ek gesê het: ‘Gloria, thank you so much. Just hold on a second.’ ”
Seriously?! Moet Gloria, die gasvrou, nou haar interessante storie oor haar huis op ys sit sodat Karen eers haar niksseggende opmerking oor ’n duif en die swembad kan klaarmaak, en moet sy almal se aandag geniet wanneer sy asem skep om die kortpad grond toe te neem? Aikôna! Daai kite gaan nie vlieg in hierdie very polite binnekring nie!
ANTIPASTA
Antie Basta!
Maar dit is wanneer Karen vir Candice wil aanvat met haar “burlesque en kakkies” wat tierwyfie Mamma Anita genoeg het van poplap se vingerwysings. Karen verander dan taktiek en beur voort met afbrekende en selfbejammerende self-beskrywings wat nie reg sit met die res van die dames nie. Wanneer hulle soos een vrou protes aanteken, strip Karen haar moer en verhef haar stem om hulle stil te maak – en herinner hulle daaraan dat sy nou aan die woord is! Dan volg daar ’n bitter klein informal intervention (wat Karen lees as ’n bietjie opbouende kritiek) wat ook op dowe ore val, en die aand eindig met Karen wat wyn-vir-die-pyn-trane laat val oor al die onregverdige pyn in haar lewe.
Liewe leser, niemand van ons is gevrywaar van pyn in hierdie lewe nie, want ons seer is soms wat ons karakter vorm – of misvorm. Dit is duidelik in hierdie episode dat Karen oor ongelooflik baie selfkennis beskik, maar dat sy dit nog nie intentionally ingespan het om die taai klappe van die lewe te verwerk nie. En ja, nes Amy en die res van die dames, voel ek jammer vir haar: uiterste jammerte! Dit moet baie moeilik wees om so ’n mooi wese te wees wat so seer en sielsongelukkig nog die moed het om met haar pyn te tango. Die trick is, in my beskeie armchair therapy tong-in-die-kies-rol as beste vriendin, is om soms daai pyn te laat gaan, en jou danskaart oop te maak vir ander dance partners wat jou nie die hele tyd pootjie met grief en onvanpaste en onvlyende systappies nie.
PALATE CLEANSER
Single Songbird sorbet
Volgende op die menu is daar ’n heerlike palate cleanser van nuwe challenges wanneer Candice haarself inskuif voor Loki Rothman se mikrofoon in sy studio. Hoe verfrissend is dit nie as die songbird eerlik met haarself kan wees, en ook haarself kan judge en regulate, met die opneem van haar eerste single!
APPETIZER
Titbit of tarot
Die volgende dis is ’n volksvreemde en esoteriese boheemse titbit wanneer ’n vars Karen ’n psychic gaan sien vir ’n tarot reading. Ek sien reeds hoe sommige tannies hulle pêrels clutch en hulle oë rol asof hulle ’n stukkie suurder as suur lemon meringue gevoer is, maar Karen soek antwoorde – en sy dink hulle lê in die bodem van die cards.
SOUP OF THE DAY
Eye of New(t)
Anita gaan loer in by Candice se bou-site vir ’n voorsmakie van wat op die res van die dames wag wanneer hulle later hierdie restaurant-in-wording gaan besoek om ’n taste menu deur te werk op uitnodiging van die veelsydige kan-net-nie-stil-sit-sakevrou. Anita is bekommerd oor die onooglike tikhuis reg oorkant Candice se nuwe venture, maar Candice besweer haar vrese deur te verduidelik dat daar reeds voorsorg getref is om hierdie vlieg nie in die sop te laat val nie.
SALADE
Summer Surprise du Blanche
Vir die laaste van die rits voorgeregte, kom Mariska, Amy, en Candice bymekaar om ’n slow cooker te pak met ’n watertand idee waarmee al drie hulle brands (op ’n silwer skinkbord) bekend gestel kan word. Eers probeer die drie spierwit gekleede fynproewers uit te figure wat hulle te doen staan met Karen, en uiteindelik kan ek sê: too many cooks DON’T spoil the broth. Hulle besluit to kill her with kindness is dalk die wenresep wat hulle almal saam moet aanpak. Gelukkig is nie een van hulle Gordon Ramsay nie, want anders sou ek reeds voorspel dat hierdie soufflé ’n flop gaan wees. My groter bekommernis is dat Karen nie onder ’n kalkoen uitgebroei is nie, en dat sy sal agterkom waarmee hulle besig is – en dan is daar perde vir dinner!
MAINS
Fishy Conundrum
Amy daag eerste op by Candice se taste menu-aandjie. Sy deel opgewonde ’n voice note met die gasvrou wat Gloria vir haar gestuur het, waain Gloria vertel dat Karen apologize het vir die ENIGMAtiese gedoente. Onmiddellik spits my ore, want ek wonder waarom daar dan nie ’n kameraman in sig was vir dié lekker tipseltjie nie – maar die girls se excitement is so genuinely tasbaar dat ek my eie vooroordele laat beswyk. Kan jy nou meer?! Wonderwerke gebeur tog, en ek sien sommer uit daarna om die ‘nuwe’ Karen se teenwoordigheid by die ongeboude restaurant te beleef.
Baksteen Brew
Kort op Amy se hakke volg Anita en Mariska, dan Karen en uiteindelik Michelle. Na Anita (seker vir die eerste keer) die aand afskop met ’n ‘Cheers!’ van haar eie, is dit tyd om stelling in te neem vir die taste menu. Maar skaars het hulle gaan sit, of die maitre’d of bullshit steek weer haar kop uit wanneer Karen vir Anita sê dat sy haar gaan dophou.
Dit blyk dan uit ’n off-screen interview dat Karen voel sy moet vir Anita dophou, want sy glo dat Anita die vlieg in die salf by Enigma was. I mean, how?! How is it possible dat Karen se visier skielik op Anita ingestel is? Is dit nou weer een van daardie vrot-eier ‘ring-around-the-rosie’-speletjies waar Karen besluit het die vrot-eier lê by Anita? Is daar ’n episode van The Real Housewives of the Twilight Zone wat ek gemis het? Of bevind ek myself nou weer in ’n different timeline in ’n ander dimension waar Karen nie die onsmaaklike gifappeltjie was nie? The mind boggles!
Geskenkies word uitgedeel, en Anita spot laggend met haarself (in ’n offsceen ontboeseming) dat sy nou die enigste een is wat nog nie vir enige van die ander ’n geskenkie gegee het nie. (Sidenote: Anita, jy is ’n geskenk op jou eie! Maar ja, maklike saak om op te los: bring nou maar ’n ou ietsie saam met die volgende kuietjie! Jy wil tog nie uitgekryt word as die stingy ene nie!)
Deel van die party pack is ’n langwerpige bakkie en Karen wil suggestively (en ondeuend) weet wat ’n mens nou in so ’n bakkie bedien. Met die vraag gaan die yskasdeur oop, die vrieshokkie ontplof, en ’n koue kilheid daal neer om die tafel. Dis nie die eerste keer wat die klompie saam kuier nie, en hulle (en die plebs by die huis) weet: hier is weer ’n trainsmash à la Karen op pad, bevestig deur haar off-side comment dat Anita altyd honger is!
Lenige Lensing en ’n lepel
Candice verras haar gaste wanneer sy aankondig dat die fenomenale Herman Lensing verantwoordelik is vir die kos vir die aand. Die lenige man maak dan sy verskyning en bedien die eerste van die disse. Karen wil ad infinitum weet waamee hulle dié dis moet eet, en hoewel sy telkens deur letterlik almal aan tafel geantwoord word, soek sy nog naarstigtelik vir die voorhandliggende antwoord. Anita se irritasie skiet sommer reeds na kookpunt.
Herman verduidelik die res van die aand se spyskaart, en as Anita hom probeer korrigeer oor sy Kalahari-uitspaak van “waatlemoen” maak sy ’n sideplate skoon vir Sourpuss se shenanigans. Sien, Karen wil weet hoekom Anita nog nie in die bek geruk is (deur middel van haar off-screen interview) oor Anita blykbaar die hele tyd gil en skree by elke plek waar hulle uithang nie – en dit upset vir Karen. Karen vertel ook dat sy nog nooit iewers gegil en skree het nie, want sy kan blykbaar nie skree nie – slegs fluit.
Opinion à la carte
’n Mini-debat oor die verskil tussen nonsense en “snert” volg wanneer Karen skoorsoekend geselsies maak met ’n apparently tjoepstil Mariska, en dan wil Karen weet waaroor Mariska en Anita se conversations gaan – en dit word duidelik gemaak deur Michelle se ‘n off-screen kommentaar dat die twee ouer dames nie om dieselfde tafel sit nie. Michelle is ook onder die indruk dat Karen ook haar mes vir haar in het omdat sy altyd die “vredemaker” probeer wees in Karen se ontstuimige situasies. Michelle deel ook ’n voorbode dat die idee van ’n ligte, lekker aand by die voordeur uit is omdat dit wil voorkom of Karen en Anita lus is vir baklei – wat dit baie ongemaklik maak vir die res van hulle. Candice se opinie is dat Karen en Anita mekaar genuine irriteer.
Miscommunication-misu
Soos soveel kere van te vore word dit ook vinnig duidelik dat die dames nie mekaar se woorde verstaan nie. Kommunikasie is dalk individueel ’n sterk punt vir elke dame, maar saam as ’n gaggle of gooses is die gaps in communication groter as die potholes op my pad kafee toe. Candice vra vir Amy of sy mag share wat die beauty queen met haar aankoms met haar gedeel het: Gloria se voice note!
Ek moes dalk maar ’n sigeuner geword het, want toe kom die waarheid uit. Karen is confused oor die voice note, want sy verduidelik dat sy nie verskoning gevra het nie. Anita dink dat dit dan beteken dat Karen eintlik dus vir Amy tussen die lyne laat verstaan dat sy lieg, en Candice is die een wat die kloutjie by die oor bring: dat Gloria aanvaar het dat wat ook al Karen vir haar gesê het, gedien het as ’n apology. “Karen het dit gegee as ’n ‘kompliment’, en Gloria het dit gevat as ’n ‘jammer’ ”, verduidelik sy. Michelle lees die hele petalje as die rooi vlaggie wat die bull in the china shop wakker maak – en sy is toe nie ver van verkeerd nie.
’n Siedende Karen trek los met backhanded compliments vinniger as ’n befoeterde Gordon Ramsay. Sy noem Candice ’n wilde kat wat maak asof sy kwaai is. Sy dink Amy maak maar net asof sy almal se vriendin is, omdat sy so deel is van almal. Anita se beurt kom dreigend nader, en Karen komplimenteer haar eers vir die lekker ride met die Porche, voor sy vir haar sê dat sy lekker moet eet – “want ek sien jy geniet daai popcorn.”
Is dit net ek, of is hier groter moeilikheid aan die brou as wat daar vir ons gewys word? Anita weet duidelik wat Karen probeer sê – en weet ook dat Karen nie regtig sê wat op haar hart is nie, want sy weet “daar is ’n varkie op jou hartjie!”. Anita laat die oomblik gaan soos wat dit ’n ordentlike dame betaam, maar iets sê vir my daar is ’n Xena, Warrior Princess binne haar wat gereed is om maalvleis van ‘Karries’ te maak as sy haar net nog so ’n klein bietjie nader aan die point of no return sou skuif. Anita het ons reeds in een van die eerste episodes gewaarsku: “Versigtig, versigtig – want ek is giftig!”
Mariska word beskryf as ’n jakkalsie wat in Karen se estate rondloop, maar haar bygaande mimicking van die Barbie-pop is nou nie juis suksesvol nie… Michelle kry ’n “ons is almal lief vir jou” gedempte “kompliment” – en daarmee besluit Mariska dat dit tyd is om die volgende byeenkoms te beplan. Of dit nou was om die ys te breek of die vuur te blus, sal niemand weet nie – maar ek dink ek praat namens al die kykers wanneer ek sê dat ons innig dankbaar is vir daardie voortreflike stukkie diversion. (Ek is ook dankbaar dat dit voorkom of die lenige Lensing dit goedgedink het om skerp voorwerpe, soos ’n mes, in die kombuislaaie te los – anders was hierdie dalk die eerste episode van ’n true crime drama. Die onderstromings van hierdie laaste stukkie was ’n bietjie meer bloeddorstig en senutergend as ’n lammetjie wat slagpale toe geneem word!
DESSERT
Coconut Crème Bitch Brulee
Mariska stel voor dat hulle ’n girls trip doen, en hulle besluit om Mauritius aan te durf. Ook maar goed, want dalk sal die eilandlewe ’n paar meisies laat chill in plaas van gil. Terwyl die vooruitsig van dié klompie op ’n paradys-eiland my reeds laat wonder of dit nie in ’n Agatha Christie moord-en-dood whodunnit kan ontaard nie, klink dit asof Michelle ’n apteek gaan beroof om die trippie te oorleef. Op die oppervlak lyk dit asof almal darem excited is vir ’n bietjie sea, sand en Shangri-La – maar die promo voorspel dat daar ’n rede is hoekom Mauritius met ’n ‘M’ begin!
Die Real Housewives van die Wynlande word weekliks op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uitgesaai. Mev. S. Kinder se recaps word direk ná elke nuwe episode omstreeks 21:00 gepubliseer.