Menu terloops

Pulse

Op Showmax [Gepubliseer op 23 Jun 2022]


‘Pulse’ is Showmax se nuwe gruwelreeks en volg op die sukses van ander Showmax-stories soos ‘Glasshouse’ en ‘Fried Barry’.

Kyk nou

Pulse
Kyk lokprent

Pulse is Showmax se nuwe gruwelreeks wat oor ses episodes strek.

Dit kan vanaf 23 Junie op Showmax gestroom word.

In Pulse is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word.

Onder die akteurs in die rolverdeling tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers) speel Jaz se eks. 

Ander spelers sluit in Sven Ruygrok en Carel Nel met kameerolle deur onder andere die veelbekroonde Albert Pretorius (Nêrens, Noord-Kaap), en veteraanakteur Frank Opperman (Dominee TienieNêrens, Noord-Kaap).

Showmax is nie bang vir die wêreld van gril en ril nie. Ander oorspronklike gruwelreekse wat deur dié platform geskep is, sluit in Glasshouse en Fried Barry. Dan is daar natuurlik ook die angsaanjaende dokkie, Devilsdorp.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies