Menu terloops

Glasshouse

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘Glasshouse’ is die eerste van ’n driedelige post-apokaliptiese verhaal deur Showmax oor ’n virus wat dimensie onder die mensdom veroorsaak.

Kyk nou

Glasshouse
Kyk lokprent

Glasshouse speel af nadat The Shred, ’n virus wat demensie veroorsaak, die mensdom laat rondswerf soos diere wat niks uit hul verlede kan onthou nie – nie eens wie hulle is nie.

Midde dié krisis, skuil ’n gesin in ’n lugdigte glashuis, maar as ’n vreemdeling opdaag, word hul lewens omgedolwe. 

Glasshouse het verskeie vyfsterresensies en ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes ontvang.

Film Threat se Lorry Kitka het selfs die fliek as haar “gunsteling film van die jaar tot dusver” vir 2021 uitgesonder.

Glasshouse is die eerste van ’n driedelige post-apokaliptiese verhaal wat deur Showmax met Local Motion Pictures, en in samewerking met Crave Pictures, vervaardig is.  

Onder die rolverdeling tel die plaaslike sterre Anja Taljaard (Double Echo), Hilton Pelser (Moffie, The Kissing Booth) en die Britse akteur en model Jessica Alexander.

Stroom vanaf 7 Februarie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies