Menu terloops
In Wat om te kyk [17 Sep 2022]

Melt Sieberhagen oor goor karakters, goeie tye en die nuwe Afrikaanse komediefilm, ‘Dina Dagbreek’


Ons gesels met Melt oor die splinternuwe maltrap-komediefilm, ‘Dina Dagbreek’, waarin hy die rol van ’n chauvinistiese aanbieder van ’n 80s-ontbytprogram vertolk.       

Deur Watkykjy
Melt Sieberhagen oor goor karakters, goeie tye en die nuwe Afrikaanse komediefilm, ‘Dina Dagbreek’
Kyk lokprent

Melt Sieberhagen was baie naby aan in sak en as sit met die aanvang van die Covid-19-pandemie. Dinge het egter aan die begin van 2021 skielik begin spoed optel en die man is deesdae in groot aanvraag. Jy kan hom in etlike reekse op Showmax en kykNET te siene kry in reekse soos Troukoors, Raised By Wolves en Desert Rose. As jy ’n aanhanger van Turkse telenovelas is, sal jy sy stem ook daar in die oorklankings bespeur. Verder was hy deel van die skryfspan vir die nuwe Afrikaanse dramareeks, Fraksie, wat ook vir hom ’n rol daarin besorg het. Ons gesels met Melt oor die splinternuwe maltrap-komediefilm, Dina Dagbreek, waarin hy die rol van ’n chauvinistiese aanbieder van ’n 80s-ontbytprogram vertolk.       

Jy moes sekerlik vir jou eie karakter, Karel, gegril  het. Hy is soos ’n Ron Burgundy van Randfontein met die emosionele IK van ’n aartappel. Dit is ’n ander tipe goor as om die karakter van ’n moordenaar of skurk, byvoorbeeld, te vertolk. Waar gaan delf ’n mens om só ’n goor karakter uit te beeld?

“Ja, mens gril vir Karel, maar as jy gril vir Karel, dan doen jy vir Karel reg. Dit is anders as ’n gewone bad guy, maar ook enige bad guy doesn’t know he’s the bad guy. Every antagonist is the protagonist of his own story. So enige karakter wat dalk teen die grein gaan, hanteer ’n mens maar net eerstens as ’n regte karakter. Hy is iemand met gevoelens en drome en wense. Karel se gevoelens en drome en wense is obviouslyfucked up. Maar hy is steeds ’n gewone mens. Omdat dit komedie is, kan jy hom larger than life laat wees, so jy kan op plekke gaan delf en elemente bysit wat dit lekkerder en snaaks en meer pret maak. Dit was weird, maar ’n mens delf maar op die absurde plekke. Wat sou gebeur het as Riaan Cruywagen ’n ketamien-probleem en die doelgerigtheid van Rian Van Heerden gehad het?      

By the way, die oomblik wat daai pruik op is, is Karel daar. En dis ook dieselfde pruik as wat Cindy Swanepoel gedra het in die kortfilm, Fluit Fluit.

Die Storiefilm-projek is aanvanklik geloods met die doel om werksgeleenthede tydens die Covid-19 pandemie te skep. Het ons regtig ’n pandemie nodig gehad vir so projek om af te skop?

“Nee, ons het nie ’n pandemie nodig gehad nie. Dit was ’n baie goeie poging. Ek dink ook dit het ’n jaar of so gevat om te stabiliseer in terme van die gehalte en dat mense gewoond raak aan “daar is ’n begroting maar dis ook ’n beperkte begroting”. Ek dink ook dit is wat Dina Dagbreek so nice maak. Ons het oor vier dae, in een plek, geskiet. Die probleem met die begrotings vir die Storiefilms – daar is beperkinge, so jy kan nie twee, drie, vier locations per dag skiet nie, want jy het net vier dae. Ek dink dis wat Luan, die skrywer van Dina Dagbreek reggekry het – om ’n storie te skep wat op een plek afspeel wat jy oor vier dae alles in een location kan skiet. Dit lyk nie geforseerd nie en dis ’n goeie ding. Ek dink dis waar die Storiefilm-mense leer om kreatief te dink in terme van tekste en oor hoe jy dit skiet.”            

Julle is nogal ’n sterk groep van gesoute komedie akteurs. Dink jy die feit dat meeste van julle vriende is die produksie gladder laat verloop het? 

“Ja, ons is ’n sterk groep en ons ken mekaar lank. Ek en Hannes Brümmer en Neels Clasen het saam geswot. Maude (Sandham) is fantasties, die hele spul. Jakkie Groenewald is ’n ou hand. Hy weet presies wat hy doen. Cindy Swanepoel is net fantasties. Die feit dat ons mekaar ken, is seker great, maar die feit dat ons kon werk met mense wat so goed is soos daai klomp het dit laat vinniger gaan. Hulle sê die grootste deel van sukses is om net op te daag. Ek dink die grootste deel van talent is om net jou werk reg te doen. Ons weet wat om te doen en hoe om dit te doen. Dit was nie maklik nie, maar dit was lekker. Ek het nie omgegee om elke aand met ’n snor huis toe te gaan vir hierdie produksie nie. Dit was die moeite werd.”               

Enige uitstaan-oomblikke wat jy met ons wil deel?

“Ek weet nie, want daar was so baie uitstaan-oomblikke. Dit kan eintlik soos ’n montage kom: die tweeling in die leotards, die weerman met sy gulp wat oop is, die kooktannie wat in die wyn  duik en die man met sy ‘klawertaar’ was net fantasties. Dit was pret!”    


Dina Dagbreek saai 17 September om 20:00 uit op op kykNET. Hou kykNET dop vir nog uitsaaidatums.

Jy kan Melt ook te sien kry in:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies