Menu terloops
In Onderhoude [7 Jun 2022]

Marita van der Vyver oor ‘Dinge van ʼn Kind’ se skuif na TV: Moeilik om dit ʼn geheim te hou!


So tussendeur ʼn skryfkursus het Marita van der Vyver per stemboodskap oor die TV-verwerking van haar boek, ‘Die dinge van ʼn kind’, vertel.

Deur Riëtte van der Wat

Kyk nou

Marita van der Vyver oor ‘Dinge van ʼn Kind’ se skuif na TV: Moeilik om dit ʼn geheim te hou!
Kyk lokprent

Marita van der Vyver se boek, Die dinge van ʼn kind, het só ʼn reuse-impak op die TV-skepper Elanie Rupping as tiener gehad dat haar lewensuitkyk onherroeplik verander is. Soveel só dat sy nagenoeg twee dekades later Marita se toestemming gevra het om Die dinge van ʼn kind vir die televisie te verwerk. Dit staan nou as ʼn kykNET-dramareeks uit en is ook op DStv Online beskikbaar.

So tussendeur ʼn skryfkursus wat sy op die Griekse eiland Lesbos aangebied het, het Marita per stemboodskap dié reaksie op die TV-verwerking gestuur:

‘Sy weet wat sy doen’

“Ek is Elanie (Rupping) oneindig dankbaar vir haar geesdrif wat hierdie hele projek aan die gang geblaas het, want dit het alles met haar begin. As dit nie vir haar was nie, dink ek nie daar sou nou ʼn reeks gewees het nie. So, toe hierdie geesdriftige jong vrou my kontak, het ek dadelik ʼn goeie gevoel gekry toe sy vra of sy dit kon voorlê vir kykNET.

Haar geesdrif oor die boek was so groot dat dit my oorweldig het. As mens sό sterk oor iets voel, dan moet daar iets van kom.

Ek het nie gedink daar gaan baie gou iets daarvan kom nie, want ek weet hoe gaan dit om boeke in draaiboeke te verander. As we speak is daar minstens ses van my romans vir volwassenes en die jeug wat in verwerking is vir die skerm. Sommige gaan al jare lank aan. Sommige is al volledige draaiboeke. In hierdie stadium raak ek eers opgewonde as die eerste skoot verfilm word.

Toe Elanie toestemming gevra het, het ek dus gedink, kom ons kyk wat gebeur. En sy het dit reggekry!

Intussen het sy as draaiboekskrywer naam gemaak vir haarself. Sy het selfs ʼn prys gewen vir Tydelik Terminaal. So toe begin ek agterkom sy weet regtig wat sy doen.”

Perfekte skryfspan

“Die feit dat hulle Henriëtta Gryffenberg ingekry het om te help met die draaiboek het my nog meer gerus gestel, omdat dit iemand was wat in die sewentigs daar was. Die jong span wat daaraan gewerk het, is wonderlik en kan die boek na ʼn nuwe generasie toe bring. Maar dit was ook vir my belangrik dat daar iemand was wat dáár was. Wat daardie tyd kan onthou. In daai opsig was Henriëtta en Elanie vir my die perfekte skryfspan.

Ek het vir Elanie en Henriëtta en die hele skryfspan saam ontmoet in 2019 in Johannesburg, toe ons lekker saam kon gesels en brainstorm om ʼn tafel in Elsabe Zietsman se gastehuis, Zietsies (die gastehuis was intussen ook ʼn Covid-slagoffer).

Marita van der Vyver en die Dinge van 'n Kind-skryfspan
Marita van der Vyver (heel regs) se roman, Die dinge van ʼn kind, is in ʼn TV-reeks verwerk. Hier is sy saam met onder andere die draaiboekskrywers, Henriëtta Gryffenberg en Elanie Rupping. Foto: Verskaf

Ons het gedink die reeks gaan sommer vroeg in 2020 geskiet word. Maar toe gebeur Covid en nou ja. Toe word dit uitgestel en uitgestel. Dit was baie moeilik, want ek moes my mond hou en kon niemand van hierdie projek vertel nie. Hoewel ʼn mens as skrywer natuurlik bars om sulke nuus aan te kondig.

Vir meer as twee jaar moes ek my lippe ábsoluut toe hou vir my beste vriende. Baie van hulle werk in die joernalistiek en die vermaaklikheidsbedryf. Dit was die moeilikste van die hele proses!

Intussen het die vervaardigers hul bes gedoen om my by die projek te betrek. Om my stukkies te wys soos hulle werk. Op die ou einde het ek al tien episodes van die reeks in die vroeë vorm gesien. (Later) ook in die min of meer finale vorm, met onderskrifte, saam met my Franse man, Alain Claisse. Dit was lekker om ook sý insette te hê, want hy weet natuurlik niks van Suid-Afrika in die sewentigs nie. En ek is verlig om te sê dit was ʼn baie positiewe reaksie wat ek by hom gekry het.”

Slim werk met hede én verlede

Vir meer as twee jaar moes ek my lippe ábsoluut toe hou vir my beste vriende. Baie van hulle werk in die joernalistiek en die vermaaklikheidsbedryf. Dit was die moeilikste van die hele proses!

Marita van der Vyver

“Ek self voel tevrede met wat hulle gedoen het met die nuwe deel. Hulle het slim dinge gedoen om kykers van ʼn sekere ouderdom ook te betrek, sonder om dit nét nostalgies te maak. Hulle het dit regtig slap bang in die middel van vandag gesit. Met al die issues van die tyd – bly of gly? Die ironie van Mart wat teruggekom het as expat in die jare negentig en nou gaan haar kind weg uit die land.

Ek dink daar is baie dinge waarmee mense kan identifiseer, jonk en oud. So, ek is tot dusver ʼn baie happy chappy en ek hoop die lesers geniet die reeks ook!”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

As jy hou van kosprogramme
0

Afrikaans kook groot! 10+ Afrikaanse kosprogramme om op DStv en Showmax te kyk

Ons is maar net mense, ons dink met ons pense... En daar is wraggies baie kosprogramme – in Afrikaans – waarin lipafleklekker geregte opgedis word.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer
Sien alle opsies