Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Sep 2021]

Tydelik Terminaal


Tydelik Terminaal is ’n hartverwarmende verhaal vol hoop en gegrond op die reeks se skepper, Elanie Rupping, se eie stryd teen kanker. 

Kyk nou

Tydelik Terminaal
Kyk lokprent

“Dit is die beste kanker om te kry.” Dis die dokter se woorde aan ’n verwarde Kittie Classen (Carla Smith van Binnelanders) pas nadat sy met Hodgkin-limfoon gediagnoseer is. Maar Kittie, ’n 22-jarige student, het mos dan nou planne. Sy het dinge om te doen, doelwitte om te bereik, ’n loopbaan om op te bou! Maar nou moet sy om haar lewe veg. 

Tydelik Terminaal is ’n hartverwarmende verhaal vol hoop. Dit is gegrond op die reeks se skepper, Elanie Rupping, se eie stryd teen kanker. 

Dit word vervaardig deur Nouvanaand Films, wat ook komedie-goud soos Hotel en Buurtwag gemaak het. 

Tydelik Terminaal se rolverdeling sluit in SAFTA-wenners Anna-Mart van der Merwe (Poppie Nongena) en Tiffany Barbuzano (Still Breathing) asook Zane Masel (Isidingo), Anel Alexander (Sink) en Frank Opperman (Dominee Tienie).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies