Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Sep 2021]

Tydelik Terminaal


Tydelik Terminaal is ’n hartverwarmende verhaal vol hoop en gegrond op die reeks se skepper, Elanie Rupping, se eie stryd teen kanker. 

Kyk nou

Tydelik Terminaal
Kyk lokprent

“Dit is die beste kanker om te kry.” Dis die dokter se woorde aan ’n verwarde Kittie Classen (Carla Smith van Binnelanders) pas nadat sy met Hodgkin-limfoon gediagnoseer is. Maar Kittie, ’n 22-jarige student, het mos dan nou planne. Sy het dinge om te doen, doelwitte om te bereik, ’n loopbaan om op te bou! Maar nou moet sy om haar lewe veg. 

Tydelik Terminaal is ’n hartverwarmende verhaal vol hoop. Dit is gegrond op die reeks se skepper, Elanie Rupping, se eie stryd teen kanker. 

Dit word vervaardig deur Nouvanaand Films, wat ook komedie-goud soos Hotel en Buurtwag gemaak het. 

Tydelik Terminaal se rolverdeling sluit in SAFTA-wenners Anna-Mart van der Merwe (Poppie Nongena) en Tiffany Barbuzano (Still Breathing) asook Zane Masel (Isidingo), Anel Alexander (Sink) en Frank Opperman (Dominee Tienie).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies