Menu terloops
In Gons [25 Jul 2024]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Eksie Perfeksie’, Showmax se nuwe Afrikaanse romcom


Kan jy vriende bly met jou ekse? Ja of nee?’ Dié verdelende vraag is die kern van Showmax se nuwe Afrikaanse romkom, ‘Eksie Perfeksie’.

Kyk nou: Lokprent vir ‘Eksie Perfeksie’, Showmax se nuwe Afrikaanse romcom
Kyk lokprent

Showmax het pas die eerste lokprent vir Eksie Perfeksie, wat op Vrydag, 9 Augustus 2024 op dié platform begin stroom, vrygestel.

Waaroor gaan dit?

Alhoewel hy haar skaars ken, maak André die impulsiewe besluit om by sy nuwe meisie in te trek, net om dan uit te vind dat Dalene steeds bevriend is met ál haar eks-kêrels. Geïntimideer deur hul teenwoordigheid, probeer André eers om met hulle bevriend te raak, maar dan ontdek hy dat al Dalene se verhoudings presies dieselfde patroon volg …

Pietie Beyers (BinnelandersDie Onderonsie) en Emma van Heyn (2024 Silwerskerm-rolprent Gebokste LiefdeMatilda en Matthys, Twintig Tone in ‘n Hangkas) vertolk die hoofrolle, met die sanger Bobby van Jaarsveld (LieflingSpoorloos) en voormalige Mnr. Wêreld Suid-Afrika, Sean van Noordwyk (Getroud Met RugbyDie Onderonsie), as twee van Dalene se vele ekse. 

Maude Sandham (Binnelanders) speel André se suster, met die Safta- en Silwerskermwenner Cindy Swanepoel (Koek) as haar girlfriend, terwyl Yvonne van den Bergh (7de LaanOrion) as dié paartjies se dominatrix te sien is. Eksie Perfeksie is ook Yvonne se eerste keer terug op die skerm in byna ’n dekade. 

Die Groot Ontbyt se Pierre Breytenbach is die verteller. Corné Koegelenberg (Valentynsokkie) het die storie, wat gegrond is op ’n storie deur sy lewensmaat, Safta-benoemde Bibi Slippers (HotelMatilda en Matthys), se draaiboek geskryf en ook die regie behartig.

Dinge raak persoonlik…

Kan jy vriende bly met jou ekse? Ja of nee? Dié verdelende vraag is die kern van Eksie Perfeksie. Vir Corné het dinge toe nogal persoonlik geraak tydens verfilming…

“Ek sê nie Showmax het my gedwing om Pietie in die rolverdeling te plaas nie, maar hy is Bibi se eks, so ek wou regtig nie hê sy moet ’n hele draaiboek skryf oor ’n vrou wat verlief raak op hom nie,” skerts Corné.

“En dan, nog meer irriterend, hy is só goed hierin. Ons het eintlik swemmaats en vriende geword wat sonder Bibi op middagete-afsprake gaan. So ek hou daarvan om te dink ek het dinge uiteindelik beter hanteer as wat André doen, maar ek was moontlik aanvanklik nie veel beter nie.” 

Eksie Perfeksie bied nie ’n tipiese Hollywood-uitkyk op romanse nie.

“Dinge loop nie altyd reg nie,” sê Corné. “Soms is mense skaam. Soms vra hulle die verkeerde vrae. Soms doen hulle die verkeerde dinge. Ons wou veelvlakkige karakters skep met werklike, alledaagse probleme waarmee ons kykers kan vereenselwig.”

Uiteindelik wou hy ook net mense laat lag.

“Ons wou regtig ’n belaglike komedie maak,” sê Corné.

“Ek het die komedies van my kinderdae in gedagte gehou, wat ek seker nie veronderstel was om te kyk nie. Dinge soos There’s Something About Mary en American Pie uit die laat-90’s, waar daar baie onder-die-belt-grappies was. Ek onthou dat ek van daardie films saam met my ma gekyk het, en dit was vreemd. In Afrikaans maak ons ​​gewoonlik nie sulke flieks nie, en as ons dit doen, gaan ons te ver. Ons wou dus probeer om ’n balans te skep tussen ’n goeie ou lekker liefdesverhaal en ‘n lawwe komedie wat jou sal laat cringe.”


Vanaf 9 Augustus 2024 op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies