Menu terloops
In Gons [20 Sep 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir treffende ‘Devil’s Peak’ op M-Net


Die Deon Meyer-roman ‘Devil’s Peak’ kry eersdaags nuwe lewe op die kassie in ’n spanningsvolle reeks met Hilton Pelser in die hoofrol as Meyer se ikoniese Benny Griessel-karakter.

Kyk nou: Eerste lokprent vir treffende ‘Devil’s Peak’ op M-Net
Kyk lokprent

In M-Net se eerste lokprent vir die nuwe plaaslike reeks Devil’s Peak, kry kykers ’n voorsmakie van die drama, spanning en intrige wat in dié storie op hul wag.

Dié misdaadriller van vyf episodes is gegrond op Deon Meyer se topverkoper Infanta (Devil’s Peak is die Engelse vertaling van die boek) wat vanaf Sondag, 29 Oktober om 20:00 op M-Net uitsaai. (Jip, dit beteken dat die Sondagaand-fliek vir die duur van die reeks om 21:00 uitgesaai word.)

Devil’s Peak is ’n veelvlakkige misdaaddramareeks wat in een van die mooiste, maar ook sosio-ekonomies verdeelde stede op aarde afspeel: Kaapstad. Dié reeks volg die verhaal van die talentvolle maar gebroke speurder Benny Griessel, wat die vigilante-reeksmoordenaar, Thobela Mpayipheli, probeer vastrek. 

Terwyl hulle mekaar probeer uitoorlê, kruis Benny en Thobela sê paaie met dié van ’n desperate  enkelma, Christine. Sy is bereid om enigiets te doen om ’n beter lewe vir haarself en haar dogter te verseker. Die lot van dié drie karakters raak verstrengel terwyl die reeks opbou na ’n naelbyt-klimaks.

Sisanda Henna (Griekwastad) vertolk die rol van Thobela, met Tarryn Wyngaard (Pulse, Dwaalster) wat Christine speel. Ook in die rolverdeling is Albert Pretorius, Gérard Rudolf, Shamilla Miller en Masasa Mbangeni.

Die regie is deur Jozua Malherbe, bekend vir sy werk op Lioness, Griekwastad, Beurtkrag en meer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies