Menu terloops
In Gons [20 Sep 2023]

Kyk nou: Eerste lokprent vir treffende ‘Devil’s Peak’ op M-Net


Die Deon Meyer-roman ‘Devil’s Peak’ kry eersdaags nuwe lewe op die kassie in ’n spanningsvolle reeks met Hilton Pelser in die hoofrol as Meyer se ikoniese Benny Griessel-karakter.

Kyk nou: Eerste lokprent vir treffende ‘Devil’s Peak’ op M-Net
Kyk lokprent

In M-Net se eerste lokprent vir die nuwe plaaslike reeks Devil’s Peak, kry kykers ’n voorsmakie van die drama, spanning en intrige wat in dié storie op hul wag.

Dié misdaadriller van vyf episodes is gegrond op Deon Meyer se topverkoper Infanta (Devil’s Peak is die Engelse vertaling van die boek) wat vanaf Sondag, 29 Oktober om 20:00 op M-Net uitsaai. (Jip, dit beteken dat die Sondagaand-fliek vir die duur van die reeks om 21:00 uitgesaai word.)

Devil’s Peak is ’n veelvlakkige misdaaddramareeks wat in een van die mooiste, maar ook sosio-ekonomies verdeelde stede op aarde afspeel: Kaapstad. Dié reeks volg die verhaal van die talentvolle maar gebroke speurder Benny Griessel, wat die vigilante-reeksmoordenaar, Thobela Mpayipheli, probeer vastrek. 

Terwyl hulle mekaar probeer uitoorlê, kruis Benny en Thobela sê paaie met dié van ’n desperate  enkelma, Christine. Sy is bereid om enigiets te doen om ’n beter lewe vir haarself en haar dogter te verseker. Die lot van dié drie karakters raak verstrengel terwyl die reeks opbou na ’n naelbyt-klimaks.

Sisanda Henna (Griekwastad) vertolk die rol van Thobela, met Tarryn Wyngaard (Pulse, Dwaalster) wat Christine speel. Ook in die rolverdeling is Albert Pretorius, Gérard Rudolf, Shamilla Miller en Masasa Mbangeni.

Die regie is deur Jozua Malherbe, bekend vir sy werk op Lioness, Griekwastad, Beurtkrag en meer.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies