Menu terloops
In Wat om te kyk [26 Mei 2022]

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Pulse’, Showmax se nuwe gruwelreeks


In ‘Pulse’, Showmax se nuwe gruwelreeks, is oorlewing allesbehalwe ’n speletjie…

Kyk nou: Eerste lokprent vir ‘Pulse’, Showmax se nuwe gruwelreeks
Kyk lokprent

Oorlewing is allesbehalwe ’n speletjie as ’n groep videospeletjieskeppers deur elektromagnetiese strale getref word en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word.

Dís die premis van Showmax se nuwe gruwelreeks, Pulse, wat vanaf 23 Junie op dié platform gestroom kan word. Dis nie Showmax se eerste foray in die wêreld van gril en ril nie. 

Pulse, wat oor ses episodes strek, volg ook op die sukses van gruwelstories soos DAM, Skemerdans Fried Barry en Gaia, asook Glasshouse. Laasgenoemde is wyd geloof vir veral tematiese diepte, slim vertellingstegnieke, en uitmuntende spel. (Lees Riëtte van der Wat se resensie van Glasshouse hier.)

Die reeks is in Suid-Afrika en Mauritius geskiet en die internasionale groep videospeletjieskeppers word deur ’n talentvolle rolverdeling vertolk. Onder dié akteurs tel SAFTA-wenner Tarryn Wyngaard, bekend vir haar werk op DAM en Dwaalster. Sy speel Jaz, die skepper van ’n indie-trefferspeletjie. Thapelo Mokoena (Trackers, Bulletproof) speel Jaz se eks. 

Onder die ander akteurs tel Sven Ruygrok (Spud se Rambo) en tweemalige Silwerskermfeeswenner Carel Nel (Gaia, Rage, Raised by Wolves). Kameerolle word deur die veelbekroonde Albert Pretorius (Nêrens, Noord-Kaap), Laré Birk (Dominee Tienie, Vir Altyd), asook toneelspellegende Frank Opperman (Dominee Tienie, Nêrens, Noord-Kaap) gelewer.

Regie is deur die veelbekroonde Sallas de Jager (Dominee Tienie). Die Emmy-wenner Steve Lanning, is die reeks se vervaardiger. Die draaiboek is deur Stephen Clarke behartig. 

Dit lyk sommer blerrie lekker…

Maar as ’n mens so kyk na die lokprent, blyk dit daar is ’n visuele fees wat op kykers wag namate die spanning bou en die storie al… freakier word. Hiervoor is produksie-ontwerper Waldemar Coetsee (Toorbos) en die visioenêre VFX-span van Laurent-Paul Robert (Harry Potter, The Dark Knight Rises) en Hilton Treves (Tomb Raider, Blood Psalms) te danke. 

Pulse is ’n internasionale ko-produksie tussen Media Musketeers, die Britse ForLan Films en Red Mirror in Suid-Afrika. Dit is saam met CANAL+ en The MediaPro Studio vervaardig. Pulse is die derde ko-produksie tussen Showmax en CANAL+. Hulle werk reeds saam aan Crime and Justice en Blood Psalms, wat later vanjaar op Showmax premiere. 

Vanaf 23 Junie op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies