Menu terloops
In Features [20 Mei 2025]

Eerste blik op ‘Die nuusmakers’: Foto’s verklap meer oor nuwe reeks


FOTO’S: ‘Die nuusmakers’ première binnekort op kykNET – hier is jou eerste blik op die dramareeks en sy eersteklas rolverdeling.

Eerste blik op ‘Die nuusmakers’: Foto’s verklap meer oor nuwe reeks
Kyk lokprent

kykNET se nuwe dramareeks, Die nuusmakers, vertel die storie van ’n nuusspan wat die bulletin vir die aandnuus op televisie saamstel.

Die fokus is hoofsaaklik op Rolanda Marais se karakter, die gesoute nuusleser Adri Joubert. Maar as Adri deur ’n persoonlike tragedie getref word, beleef sy hoe haar eie lewe nuus word. Terselfdertyd ruk ’n nasionale krisis ook die land en die nuusspan loods dan ’n indringende ondersoek.

Ook in die rolverdeling tel Anrich Herbst as Adri se altyd-ondersteunende man, Dawid en Brendon Daniels as die nuusspan se vervaardiger, Johan. Arno Greeff speel Kyle, ’n jonger joernalis wat sy merk wil maak. Roeline Daneel verskyn as Karla, ’n veldverslaggewer wat enigiets sal doen om die storie te kry. Lea Vivier vertolk Melanie, ’n sakekonsultant wat die lewensvatbaarheid van die kanaal ondersoek.

Nog akteurs wat deel van die stewige rolverdeling te sien is, sluit in Lesley Maasdorp, Hannah Borthwick, Chris van Rensburg, Chris van Niekerk, Heinrich Wentzel, Susanne Beyers, Dorette Potgieter en Melissa de Vries. Spelers soos Neels van Jaarsveld, Loren Loubser, Nahum Hughes en Kristen Raath maak ook hul verskyning.  

Die foto’s is deur kykNET verskaf.

Die nuusmakers word vervaardig deur Both Worlds (Recipes for Love & Murder), onder leiding van Karen Jeynes, Thierry Cassuto, en Annemarie Du Plessis (Koek). Jeynes skryf en regisseer ook. Sy is ook saam met Marvin-Lee Beukes agter die kamera. Jozua Malherbe, Ludwig Binge, Kabous Meiring en Hélène Truter dra by tot die skryfwerk.


Die nuusmakers begin Dinsdag, 27 Mei om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies