Menu terloops
In Features [20 Mei 2025]

Eerste blik op ‘Die nuusmakers’: Foto’s verklap meer oor nuwe reeks


FOTO’S: ‘Die nuusmakers’ première binnekort op kykNET – hier is jou eerste blik op die dramareeks en sy eersteklas rolverdeling.

Eerste blik op ‘Die nuusmakers’: Foto’s verklap meer oor nuwe reeks
Kyk lokprent

kykNET se nuwe dramareeks, Die nuusmakers, vertel die storie van ’n nuusspan wat die bulletin vir die aandnuus op televisie saamstel.

Die fokus is hoofsaaklik op Rolanda Marais se karakter, die gesoute nuusleser Adri Joubert. Maar as Adri deur ’n persoonlike tragedie getref word, beleef sy hoe haar eie lewe nuus word. Terselfdertyd ruk ’n nasionale krisis ook die land en die nuusspan loods dan ’n indringende ondersoek.

Ook in die rolverdeling tel Anrich Herbst as Adri se altyd-ondersteunende man, Dawid en Brendon Daniels as die nuusspan se vervaardiger, Johan. Arno Greeff speel Kyle, ’n jonger joernalis wat sy merk wil maak. Roeline Daneel verskyn as Karla, ’n veldverslaggewer wat enigiets sal doen om die storie te kry. Lea Vivier vertolk Melanie, ’n sakekonsultant wat die lewensvatbaarheid van die kanaal ondersoek.

Nog akteurs wat deel van die stewige rolverdeling te sien is, sluit in Lesley Maasdorp, Hannah Borthwick, Chris van Rensburg, Chris van Niekerk, Heinrich Wentzel, Susanne Beyers, Dorette Potgieter en Melissa de Vries. Spelers soos Neels van Jaarsveld, Loren Loubser, Nahum Hughes en Kristen Raath maak ook hul verskyning.  

Die foto’s is deur kykNET verskaf.

Die nuusmakers word vervaardig deur Both Worlds (Recipes for Love & Murder), onder leiding van Karen Jeynes, Thierry Cassuto, en Annemarie Du Plessis (Koek). Jeynes skryf en regisseer ook. Sy is ook saam met Marvin-Lee Beukes agter die kamera. Jozua Malherbe, Ludwig Binge, Kabous Meiring en Hélène Truter dra by tot die skryfwerk.


Die nuusmakers begin Dinsdag, 27 Mei om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies