Menu terloops
In Gons [12 Des 2024]

David Louw bring drama na ‘Diepe Waters’


David Louw, wat bekendheid in onder meer ‘Villa Rosa’ en ‘Getroud met Rugby’ verwerf het, keer terug na skerms as die komplekse Fourie Bester in ‘Diepe Waters’.

David Louw bring drama na ‘Diepe Waters’

Die kykNET-telenovela, Diepe Waters, kry binnekort ’n nuwe karakter wat beslis gemoedere sal stook. David Louw, wat geen bekendstelling nodig het nie, maak sy opwagting later in Desember as die komplekse Fourie Bester.

Fourie, ’n sakeman wat tot onlangs in Dubai gewerk het, keer terug na Suid-Afrika om tyd saam met sy seun, Juvan, deur te bring en die pa-seun-verhouding wat hy altyd begeer het, te bou.

“Hy het nie werk-lewe-balans nie en is nie iemand wat maklik emosioneel raak nie. Alhoewel hy goedhartig is teenoor sy seun, is hy heeltemal afwesig wanneer dit kom by sy eie gevoelens,” verduidelik David.

David Louw, Diepe Waters
Fourie (David Louw) keer uit Dubai na Suid-Afrika terug om tyd saam met sy seun, Juvan (Christiaan Ackerman), deur te bring. Foto: Verskaf

Die drama rondom Fourie kom egter nie van homself af nie, maar van sy familie se verlede. “Sy pa, Nelius, het in die verlede dinge gedoen wat nou skeiding en hartseer in die familie veroorsaak,” sê David. 

Hierdie onthullings dreig om die Besters verder uitmekaar te dryf.

Fourie se geskiedenis – ’n gebroke hart ná ’n mislukte huwelik en gevoelens van woede en verraad wat uit die verlede na vore kom – voeg ’n nuwe dimensie tot Diepe Waters. Sy verhaal sal kykers vasvang namate hy probeer om familie-konflik en persoonlike uitdagings te hanteer.

David sê hy is opgewonde om weer deel te wees van die kykNET-familie: “Dis fantasties! Ek was vir baie jare deel van kykNET en om nou weer saam met al die ou en nuwe gesigte te wees, is heerlik.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies