Menu terloops
In Gons [12 Des 2024]

David Louw bring drama na ‘Diepe Waters’


David Louw, wat bekendheid in onder meer ‘Villa Rosa’ en ‘Getroud met Rugby’ verwerf het, keer terug na skerms as die komplekse Fourie Bester in ‘Diepe Waters’.

David Louw bring drama na ‘Diepe Waters’

Die kykNET-telenovela, Diepe Waters, kry binnekort ’n nuwe karakter wat beslis gemoedere sal stook. David Louw, wat geen bekendstelling nodig het nie, maak sy opwagting later in Desember as die komplekse Fourie Bester.

Fourie, ’n sakeman wat tot onlangs in Dubai gewerk het, keer terug na Suid-Afrika om tyd saam met sy seun, Juvan, deur te bring en die pa-seun-verhouding wat hy altyd begeer het, te bou.

“Hy het nie werk-lewe-balans nie en is nie iemand wat maklik emosioneel raak nie. Alhoewel hy goedhartig is teenoor sy seun, is hy heeltemal afwesig wanneer dit kom by sy eie gevoelens,” verduidelik David.

David Louw, Diepe Waters
Fourie (David Louw) keer uit Dubai na Suid-Afrika terug om tyd saam met sy seun, Juvan (Christiaan Ackerman), deur te bring. Foto: Verskaf

Die drama rondom Fourie kom egter nie van homself af nie, maar van sy familie se verlede. “Sy pa, Nelius, het in die verlede dinge gedoen wat nou skeiding en hartseer in die familie veroorsaak,” sê David. 

Hierdie onthullings dreig om die Besters verder uitmekaar te dryf.

Fourie se geskiedenis – ’n gebroke hart ná ’n mislukte huwelik en gevoelens van woede en verraad wat uit die verlede na vore kom – voeg ’n nuwe dimensie tot Diepe Waters. Sy verhaal sal kykers vasvang namate hy probeer om familie-konflik en persoonlike uitdagings te hanteer.

David sê hy is opgewonde om weer deel te wees van die kykNET-familie: “Dis fantasties! Ek was vir baie jare deel van kykNET en om nou weer saam met al die ou en nuwe gesigte te wees, is heerlik.”


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies