Menu terloops

Breekpunt S1

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Mar 2025]


In Showmax se Afrikaanse tennisdrama, Breekpunt, span die aktrise Chelsea Thomas weer kragte saam met haar ‘Spinners’– en ‘Arendsvlei’-medester Cantona James.

Kyk 'Breekpunt'

Breekpunt S1
Kyk lokprent

Breekpunt is ’n tennisdrama met die Arendsvlei-, Spinners-, en Wyfie-aktrise Chelsea Thomas wat die hoofrol in dié Afrikaanse reeks vertolk. Chelsea speel ’n eiewyse tiener wat alles moontlik doen om op die internasionale tennisverhoog te kan meeding. Daar is etlike uitdagings wat dreig om haar drome en jare se harde werk onklaar te maak. Kykers volg haar reis soos sy die harde realiteite van die lewe op en van die baan af moet trotseer.

Breekpunt se regie is deur Nicola Hanekom. Die skryfspan, gelei deur Ilse van Hemert (Lioness), sluit die Safta-wenner Quanita Adams (Hier.Na) in.

Ook in die rolverdeling is Spinners se Cantona James, wat ’n voormalige tenniskampioen vertolk. Kyk ook uit vir die Safta-wenner Lorcia Cooper-Kumalo (Red Ink, Lockdown) en Sherman Pharo (Arendsvlei).


Breekpunt is vanaf vandag, 10 Maart 2025, op Showmax beskikbaar. Nuwe episodes word weekliks op Maandae tot en met 28 April vrygestel.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies